Zim-vlug: Ramaphosa sê oor goedkeuring

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het aan Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging en millitêre veterane, mondelings goedkeuring verleen vir haar besoek aan Zimbabwe voor hy ʼn goedkeuringsbrief onderteken het.

Ramaphosa het Donderdagaand in ʼn verklaring reageer op berigte dat Mapisa-Nqakula se goedkeuringsbrief vir die besoek aan Zimbabwe eers onderteken is nadat sy reeds van Zimbabwe af teruggekeer het.

Volgens Ramaphosa het hy Mapisa-Nqakula se skriftelike versoek op 7 September ontvang waarin sy toestemming gevra het vir ʼn besoek aan Zimbabwe van 8 tot 10 September.

“Die president was egter nie in dié tydperk in Gauteng nie. Hy het dus mondelings goedkeuring verleen vir die besoek en die relevante dokumente onderteken met sy terugkeer aan Gauteng,” het Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, gesê.

Kobus Marais, DA-woordvoerder oor verdediging, het gister antwoorde van Ramaphosa geëis oor die skriftelike toestemming wat eers met die minister se terugkeer plaasgevind het.

Volgens Marais was daar moontlik ook ander onreëlmatighede met die minister se besoek. “Die minister het die dag voor sy Suid-Afrika verlaat het toestemming vir die besoek gevra. Dit is strydig met die voorskrifte van die ministeriële handboek waarvolgens dit twee weke voor die bepaalde tyd gedoen moet word.”

Die minister mag glo ook slegs magtiging gee vir die gebruik van ʼn militêre vliegtuig vir enige persoon wat nie ʼn werknemer van die staat is nie, ná oorlegpleging met die minister van finansies.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula. (Argieffoto: GCIS)

“In haar twee verslae aan die president het die minister van verdediging nie eens melding gemaak van die minister van finansies, Tito Mboweni, nie. Die minister en die ANC-afvaardiging het nie net die Covid-19-afsonderingsregulasies oortree deur nie toestemming te kry van Fikile Mbalula, minister van vervoer, om te reis nie, maar het ook die wet oortree.”

Die DA het ook vroeër Mapisa-Nqakula se berekening van die bedrag wat die ANC moet opdok vir sy saamrygeleentheid na Zimbabwe op ʼn lugmagstraler verwerp.

Die minister het bereken dat die ANC altesaam R105 545,46 moet betaal vir die onkoste wat die lugmag aangegaan het om hulle saam na die buurland te karwei.

Marais sê egter die bedrag is nie naastenby genoeg vir die onbeskaamde misbruik van mag en skaars staatshulpbronne nie. Marais sê die DA het twee onafhanklike maatskappye gevra na die koste van ʼn huurvlug van Pretoria of Johannesburg na Harare en dat die bedrag – slegs vir die vlug – naastenby R260 000 beloop. Dit sluit nie landingskoste, parkeergeld of spyseniering aan boord van die vliegtuig in nie. Marais sê die bedrag is dus veel hoër.

Die vlug word nou deur die Openbare Beskermer ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Groen Haas

Wat?, het die regering nie email of scanners nie? – of weet hulle net nie hoe dit werk nie?. Kry hy nie skaam vir sy Graad 2 verskoning nie??

annie

Verskonings…. verskonings… Hoekom is die vrou in diè pos aangestel… en dit deur Cyril homselwers. Nou moet hy haar aksies verdedig. Hoekom nie maar self vir die boete opdok nie?

Persheks Adri

Genade geen prosedures is gevolg nie en steeds kom en gaan hulle soos hulle wil wys jou net. Glo nie Cyril gaan regtig iets doen nie mmmmm… Tyd dat ANC tsek soos in gou ons is dik vir hulle onbevoegdheid!

Sarel

Opnenbare Beskermer…. een van haar beskermhere/ beskermlinge was ook op fid c
Vlug Mister Magashule, so wat verwzg julle.
Antwoord was nog nie verkry oor wat het hy en sy afvaardiging daar gedoen.
Hier is groot onderduimsgeid aan die kook.

Sobymykoolkop

Ondersoek maar eers wanneer is die anc afvaardiging se vergadering met zanu gereël, dan sal hulle agterkom die korrupte minister se kamstige dringende besoek aan zim is daarvolgens gereël.Wat cyril aanbetref, ons ken mos nou al hoe vreemd is hy vir die waarheid. Hoekom sou hy nie die sewende, terwyl hy die brief ontvang EN weer hoe “dringend” dit is, nie dadelik toestemming gee nie.