Zim voer tonne mielies uit SA in weens hongersnood

Nagenoeg die helfte van Zimbabwe se bevolking weet nie waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie. (Foto: Tatenda Macheka/WFP)

Zimbabwe het reeds 50 000 ton mielies van Suid-Afrika ingevoer in ʼn poging om ʼn nypende tekort aan dié stapelvoedsel weens ʼn uitgerekte droogte te probeer beperk.

Die Zimbabwiese regering, in samewerking met organisasies soos die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram (WFP), het reeds begin om voedselhulp aan veral armer inwoners in stedelike gebiede te versprei in ʼn poging om hongersnood te voorkom.

Die staatsbeheerde Herald berig die adjunkminister van arbeid en maatskaplike welsyn, Lovemore Matuke, sê die regering het ook ʼn koeponstelsel vir mieliemeel-subsidies bekend gestel om te verseker die regte mense word bereik.

Elias Shamba is ‘n Zimbabwiese kleinboer. Hy het nou vir die derde keer geplant nadat sy vorige twee oeste misluk het. (Foto: Matteo Cosorich/WFP)

Matuke het aan die Herald gesê pres. Emmerson Mnangagwa het beveel dat voedselhulp na stedelike gebiede uitgebrei word.

“Ons loof die steun van ontwikkelingsvennote soos die WFP omdat dit ons in staat stel om meer begunstigdes op meer plekke te bereik,” het Matuke gesê.

“Die WFP se poging gaan verseker ons hulpbronne word herlei na gebiede waar daar ʼn voedseltekort is.”

Die WFP het reeds sy hulp aan Suid-Afrika se buurland verhoog en hoop om tot 4,1 miljoen behoeftiges te bereik.

Die organisasie het vroeër gewaarsku die ergste hongersnood in ʼn dekade staar Zimbabwe in die gesig en nagenoeg 7,7 miljoen mense – bykans die helfte van die land se bevolking – weet nie waar hulle volgende maaltyd vandaan gaan kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

007 ·

Hulle vrek van die honger daar, omdat hulle die Wit boere uitgeskop het. Selfde gaan hier gebeur as Malema sy sin kry.

DieKriek ·

Ja, hulle het verkeerd gekies maar dis afgryslik om te dink mense gaan dood van honger. En ons regering dink ons gaan nie dieselfde paadjie volg nie. Woorde ontbreek.

Magda ·

Dit gebeur as jy met jou SAK dink en nie met jou KOP nie – Jammer vir die onskuldige mense wat daar onder ly.

Johan ·

2 oeste het misluk?????? Geen witboere wat vir hulle kos kan produseer nie, hoop die slim rooikeps bende in SA neem kennis. Sonder die witboere wat met geloof in ons God plant sal hier ook niks wees nie

Miskruier ·

Reg Johan, sonder God kan geen mens boer nie. Vanaf Abel se tyd, het God sy hand oor die landbouer gehou.

gatgogga ·

Waarmee gaan hulle betaal?
Met ons belastings, sal ek raai.

Miskruier ·

Kyk mens na die foto van die boer, sien mens die klein oppervlak wat sy landery is. Net mega boere kan miljoene voed want dié boere het kennis en genoeg voorskot om suksesvol te plant

Leon ·

Ons jaag die blanke boere weg en dan vrek ons van die honger en dan kry ons die ANC om Suid Afrika se mense se kos uit te voer na Zimbabwe. Kan jy glo.

Pieter J ·

Dit gaan op die oomblik in groot dele van Afrika maar so. Daar word gesê dat mense die regering kry wat hulle verdien.

Magda ·

ANC / EFF – HIERDIE IS MISDAAD TEEN DIE MENSDOM – Want hulle is verontreg deur die mense wat hulle voedsel KON gee – verwyder is omdat hulle WIT is – Hier moet n klag aanhandig gemaak word teen hulle regering.

Dries ·

Ons eis kommentaar oor hierdie aangeleentheid van Malema en kie!

Astrain ·

Ag het iemand nie n paar AK’s en margarien om te stuur nie, dan kan hulle dit opsmeer oor AK en eet want dis mos hoe hulle die landbouers uitgewis en verjaag het…wonder of al die veterane ook nou honger ly…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.