Zim wil hê oud-Zimbabwiërs moet ‘terugkeer huis toe’

Emmerson Mnangagwa tydens sy inhuldigingseremonie as Zimbabwe se nuwe president. (Foto: Tsvangirayi Mukwazhi, AP)

Henry Mukonoweshuro, Zimbabwiese konsul-generaal, het Sondag in Johannesburg gesê dié land benodig die betrokkenheid van miljoene Zimbabwiërs wat die land verlaat het en hulself elders gevestig het, veral die groot aantal oud-Zimbabwiërs wat in Suid-Afrika woonagtig is.

Mukonoweshuro het by toekenning van die Zimbabwe Achievers-toekennings gesê die enigste manier om die ekonomie van Zimbabwe weer op die been te bring en van dié land ʼn sukses te maak is vir almal – insluitend oud-Zimbabwiërs – om saam te werk en terug te keer huis toe.

Hy het veral ʼn beroep gedoen op oud-Zimbabwiërs in Suid-Afrika om dit ernstig te oorweeg om hulself te hervestig in Zimbabwe en te belê in hul land – dié keer onder die presidentskap van Emmerson Mnangagwa.

Mukonoweshuro het gesê die Zimbabwiese regering is baie trots op dit wat hy sedert Mnangagwa se verkiesing in November verlede jaar bereik het. Hy sê Mnangagwa se mantra, wat daarop gemik is om oud-Zimbabwiërs terug te lok vir handel, is “Zimbabwe is nou oop vir sake”.

“Oud-Zimbabwiërs moet nou noord van die Limpoporivier kyk,” het hy gesê. “Ek dink baie verlang nog terug na die land; selfs al het hulle tien, 15 of 35 jaar terug geëmigreer. Zimbabwe is die broodmandjie van Suider-Afrika. Met die ervaring wat jy [die oud-Zimbabwiër] opgedoen het en met die sinergieë wat jy in hierdie ontwikkelde lande geskep het, dink ek jy kan opstaan, noord kyk, en sê laat ons saam trek, laat ons teruggaan en Zimbabwe herbou wat ons opleiding en basiese vaardighede gegee het.”

Justice Maphosa, bekende Zimbabwiese sakeman wat in Suid-Afrika woon, het tydens die toekennings gesê oud-Zimbabwiërs mag dalk groot ekonomiese geleenthede in die land mis indien hulle nié ag slaan op die regering se uitnodiging om terug te trek nie.

“Ons is baie stadig om geleenthede aan te gryp en het ʼn wag-en-sien-wat-gebeur-houding. Ons wag vir die Chinese, Britse, Amerikaners, Kanadese en die Australiërs om die geleenthede te ontgin. Laat ek jou ʼn voorbeeld gee: Hoeveel Suid-Afrikaners belê nou in Zimbabwe? Koop nou ʼn vliegkaartjie en gaan kyk wie belê in Zimbabwe. Baie van die mense wat na Zimbabwe reis, is nie daar vir vakansie nie, hulle is daar om te sien of dit geloofwaardig is,” het Maphosa laat hoor.

Die sakeman is vereer vir sy sakeryk in Suid-Afrika, sy filantropiese-inisiatiewe en die stigting van die Big Time Strategic Group in Suid-Afrika.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Potlood ·

Kan julle asseblief al julle illigals ook asb kom haal…

John ·

… ervaring wat jy in ontwikkelde lande opgedoen het… Wat ‘n tragiese grap. Hierdie mense sal net terugkeer vir langnaweke. Die lekkerlewe met gratis alles en werk by wit boere vir goeie geld is suid van die Limpopo. Mogabe et al het ok mos ‘n huisie of drie in ons lielie-lekker-suiderlike-paradys. Inderwaarheid vloei al meer hierheen na die gratis skoling en basiese salarisvasstelling wat Mei glo inskop. Nie eens die wit Zims wil terugkeer na hul uitgeboerde plase nie. Hulle boer en preek hier en vlieg met eie lugdienste na eie strandhuise langs ons skoon strande.

Avra ·

Johan. Jy maak n groot fout as jy dink hul werk net by boere. In die stede maak tuindienstes, klein besighede en selfs fabrieke net gebruik van Zimbabiers.

Johan. H. ·

Hoop hierdie dof regering van ons leer iets daaruit,, Hou egter nie my asem op nie!!!

Stella Barnard ·

Jammer mar ek sal eerder my vaardigheid in landbou na n land soos Australië wat my graag daar wil hê, neem.

Lollie ·

Laat AL die swart Zimbabwiërs teruggaan na hulle land toe. Hier is derduisende van hulle hier. Hulle vat al SA se mense se werk en hier loop duisende werkloos. Hulle moet teruggaan na hulle geboorteland dat elke land na sy eie mense kan omsien. Dit is egter ń feit dat as jy in die land van melk en heuning bly jy dit nie gaan verruil vir ń land wat weer moet opgebou word nie.
Blankes sal egter vrek onnosel wees as hulle teruggaan!
Zim sal egter nooit weer wees wat hy was in die tyd van Ian Smith nie!!! Dit was voorwaar ń paradys!

Gemaskerde Sopbeen ·

Ag nee man? Waar moet ek nou arbeiders kry wat WIL werk as jy hulle terug lok Zim toe? Moet ek nou met lui, arrogante, aanmatigende, onproduktiewe, toy-toyende “locals” aan sukkel? Ek het nou net van hulle almal ontslae geraak….en nou dit….??

Ek weet... ·

Daar is moontlik wit hardwerkende, lees gewillige, werkloses wat graag sal werk. Sê maar net.

Land ·

Jaaa julle wou in Zim land he, en toe kry julle dit mos, so hoekom na SA kom?? nie gedink julle gaan self moet boer en voorsien nie ne

Pieter ·

Zim is nou die land om in te wees want die wiele het afgekom en daar is nou baie geleendhede vir besigheid

Claudette ·

Jipppeeee, vat jul goed en trek Zimbabwe…vat jul goed en trek…

Mammie ·

Ek ken n paar Zimbabwers wat teruggegaan het. Nou smeek hulle vir hulp want daar is nie kos te koop nie, behalwe mieliemeel. Hulle moet ook nou betaal vir mediese dienste wat hulle (as uitlanders!) hier gratis gekry het. Daar is ook nie werk nie. Ek dink nie hulle sal sommer weer Zim toe gaan om te krepeer nie

Alida ·

Zim moet hulle busse stuur om hulle te kom haal en dan sommer voorsien van werk, kos en behuising sodat ons eie mense kan aangaan. Wens Mozambiek wil dieselfde doen.

Eiesoortig ·

Oorgrens parke???ai dié mens en dier? afrka deurmekaar daar SAL dringend goed beplan
En uitvoerdatum bepaal word ‘n mengelmoes
Werk nie vir almal.

Dankie tog ·

JA ASB, gaan almal terug ZIMBABWIE toe . die Zimmers preek elke dag vir ons oor hoe ons boere dit hier MOET doen hier sodat ons nie dieselfde pad as hulle volg nie, so WIT EN SWART . gaan asb terug .. gaan vat julle plase terug en julle werkers en gaan bou ZIMBABWE op, daar is genoeg plek vir almal van julle, SA het nou vir meer as 20 jaar na julle gekyk . tyd dat julle terugkeer na julle eie land toe … BON VOYAGE!

Wolf ·

As Zim sy “kinders kom haal het.
Moet Donald se voorbeeld gevolg word en n 8 meter hoog en 8 meter diep 3 meter dik muur tussen ons en zim gebou word. Hou hulle daar. Doen ook dieselfde met Moz. en Nig. Stuur al die patriots terug en moet hulle nooit weer terug laat nie. Ag siestog ek wonder net wat die regering dan gaan doen met “Radical Ecconomic Transformation” want geen swart Suid Afrikaner het juis lus om te werk nie. Vra maar die georganiseerde industrie. Almal will “managers” wees, b link karre en vry behuising en mediese sorg he. Dan kan die regering ook sommer die “Grants” vir “pregnant” school girls ver driedubble. Goeie idee Zim. Se Maar net.

Piet OVS ·

Ja Lollie hulle vat suid afrikaners se werk omdat hulle weet wat dit is om swaar te kry EN hulle wil werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.