Zimbabwe landbouleier waarsku SA boere

Argieffoto: led.co.za

Pete Steyl, president van die Commercial Farmers Union of Zimbabwe, het Suid-Afrikaanse boere gewaarsku oor grondonteiening sonder vergoeding.

Steyl tree in Augustus as gasspreker op by Agri Limpopo se jaarlikse kongres. Volgens hom het boere in Zimbabwe geglo dat hul grondwet hul teen onteiening sonder vergoeding sou beskerm, dat die internasionale gemeenskap ʼn ekonomiese ramp sou afweer, en arrogant verkondig dat die vryemark grondhervorming moes dikteer. Hy hoor dieselfde argumente onder landbou-leiers in Suid-Afrika.

Leon Borcherds, president van Agri Limpopo, het in reaksie hierop gesê dié organisasie is reeds sedert 2013 intens gemoeid met die implementering en verfyning van die grondhervormingsmodel van die Nasionale Ontwikkelingsplan, juis omdat Limpopo se kommersiële boere besef dat ʼn Zimbabwe-situasie in Suid-Afrika nie onmoontlik is nie.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van Agri Limpopo se beleidskomitee vir landbou-ontwikkeling en ook lid van die Afrika-Unie se Land Policy Initiative, sê dis presies dieselfde argumente wat tot dusver teen die grondhervormingsmodel in Hoofstuk 6 van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) geopper is. Dit het daartoe gelei dat Agri Limpopo met die Nasionale Beplanningskommissie, AFASA en die megaboeregroep Pro-agri, kragte saamgesnoer het om hierdie model te verfyn vir implementering. Die Hoofstuk 6-groep is in 2016 gestig en vyf aanvangsprojekte, waarin verskillende aspekte van die model op die proef gestel sal word, is reeds geïdentifiseer.

“Dit is eintlik reeds die tweede fase projekte,” het De Jager gesê. Hy het ook saam met prof. Mohammad Karaan, een van die argitekte van die NOP se model, die eerste aanvangsprojek in 2014 van stapel gestuur. “Alles aan die aanvanklike toetsprojek, wat as ʼn vennootskap tussen ʼn Limpopo-sitrusboer en die Mpumalanga-regering in Burgersfort van stapel gestuur is, het perfek gewerk, behalwe dat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming nooit met sy deel van die betalings presteer het nie.”

“Verskeie landboubesighede en banke staan gereed om betrokke te raak met soortgelyke projekte. Almal se frustrasie is dat die departement nie sy kant bring nie, en baie moeilik toeganklik is. Deelnemende boere glo al dat die departement nie die NOP-model wil laat werk nie!” het Borcherds gesê.

“Limpopo se boere het ʼn unieke verhouding met ons noordelike buurman en voel ʼn lotsgebondenheid met Zimbabwe-boere,” het Willem van Jaarsveld, uitvoerende hoof van Agri Limpopo, gesê. “Talle Zimbabwiërs woon en werk in ons provinsie, en soos Zimbabwe het Limpopo ʼn landbougedrewe ekonomie. Ons het al behoorlik onder grondeise deurgeloop, en met vier van die nege voormalige tuislande tussen ons plase is Limpopo se boere veel meer blootgestel aan landelike armoede en die uitdagings van kleinskaalboerdery en kommunale landbou. Daarom is ons ernstig oor grondhervorming en veral dat dit moet slaag.”

Borcherds het bygevoeg Agri Limpopo is intens betrokke by die beplanning van koöperasies vir veeboere, graanproduksie in kommunale gebiede en landbou-opleiding. “Ons is ernstig om suksesvolle swart kommersiële boere in Limpopo te skep en die NOP se vennootskapsmodel streef hierdie doelwit die beste na en maak vir ons lede besigheidsin. Dit hou markwaarde in stand en is steeds die enigste model wat ʼn wye aanklank by die meeste belanghebbendes geniet.

“Agri Limpopo doen ʼn beroep op landbouers en landbouleiers om ernstig aandag te gee aan die waarskuwings van Pete Steyl. Lesse geleer in Zimbabwe kan ons help om ʼn Zimbabwe in SA te vermy – mits ons aandag gee en die lesse ter harte neem,” het Borcherds gemaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Kobua ·

Al verskil is dat ek my grond gaan verdedig met my lewe.laat hulle kom.wag geduldig

Jacques ·

Kobua, met jou lewe of sluit dit in jou familie se lewe? Dan is daar die “saam staan” element, sou jy skote afskiet hoe seker is jy jou bondsgenote om jou gaan saam skiet, veral as ons in gedagte hou die “saam staan” element is amper totaal afwesig. Punt bly staan, die grond is lankal nie meer ons geliefdes se bloed werd nie. As hulle wil vat moet hulle vat. Klim op n skip en bou oor in n land waar jou bydrae waardeer sal word sonder om jou geliefdes in gevaar sal stel terwyl jy toekyk hoe die wat gevat het aan siekte en hongersnood lei.

Basson ·

Interessant – sy mede Zimbabwe boere waarmee ek kontak het verskil hewig en distansieer hulle sover as moontlik van Steyl se standpunt,

Claudia ·

Kobua, ek boer nie, maar ek is met jou. Ek weet wel: wat jy saai, SAL jy maai:-) Karma:-)

Wern ·

Ek ook. Ek SAL myself en my eiendom verdedig. En ek is baie sterk.

GJ de C K ·

Ons bly maar water skep uit dieselfde brak fontein, in die hoop dat die volgende skeppie soet water sal wees…

Vryheid ·

Jacques. Jy maak kommentaar op dinge waarvan jy niks weet nie. Ons boere is nie net hier vandag en more weg nie. Jou hele lewe gaan in jou boerdery in. Waar begin mens in n ander land van voor met n boerdery. Ons land sal ons verdedig tot die dood!

JanHarm ·

Julle/ Hulle bly vergeet Zim word regeer deur n diktator. Van die boere was daar gebore en baie boere was va SA wat moes ja en amen. Hierdie is nie Zim nie… hier sal geweld met geweld terugbetaal word. Ons boere het jare lank die land opgebou tot waar dit aan afbreek was 20+ jaar terug. Ons sal dit weer doen… Met hand en tand sal ek my grond en familie beskerm…!

Charl ·

Ek spreek enige vorm van negatiwiteit af in die Naam van Jesus Christus ons Koning! Dankie Pappa Vader dat U reeds in môre is dat die wat U as hul persoonlike verlosser en lewende God herken sal lewe! Spreek lewe mense!!!! Lewe en woord! Psalm 91

Tiaan. ·

As ek reg verstaan beveel die man aan dat ons nou van ons plase moet verniet weggee sodat ons nie alles verloor nie. Nou wonder ek wat laat die soort mens glo dat die grondvatters op n punt sal kom waar hulle uit eie oortuiging besluit dat hulle nou genoeg het en dat die witboere nou maar met rus gelaat kan word op die oorblywende plase. Nee hulle sal aanhou vat totdat hulle alles het, soos hulle daar in sy land gemaak het. As jy toelaat dat ander jou plunder sal hulle daarmee voortgaan totdat daar niks meer oor is nie of jy nou hulle guns probeer wen deur vir hulle te gee of nie. In SA, soos in die res van die wêreld, sal mense iets besit of dit nou plase of huise of wat ookal is, as hulle bereid gaan wees om die teenaanspraak fisies af te weer, ongeag wat dit vra!
My advies aan my mede boere, maak julle reg vir n stamperige rit!

Stev ·

Dit is nie die hele toespraak van die man nie. Hy maan SA boere om te deel anders gaan dit met geweld gevat word soos in Zim.

Ek staan saam met enige een wat sy grond moet beskerm. Ons is moeg om op getrap te word, daar gaan niks gevat word nie. Daar is sovat 20 000 plase te koop op die ope mark. So gaan koop hier en sit julle mense daarop en boer. Maar vergeet van vat, nie nou nie, nie Desember 2017 nie, nie volgende jaar nie, nie nooit nie.

Francois ·

Deur ons geskiedenis het daar alewig mense weggehol . Die wat agterbly het ons gemaak wat ons is , ons moet niemand terughou nie ons het hulle nie nodig. Dink net aan die boere wat argentinie toe is gedurende 1905 of hulle die afgelope 111 jaar beter af was . Rebellie is soos heksery en verteer jou van binne . Ons bly nog steeds in die beloofde land

Ada ·

Dit is tyd dat ons opstaan en veg vir wat ons s’n is. Moenie weghardloop nie. Dit is ONS land ook. Ons gaan nog baie bloei maar ons gaan opstaan. Stuur die geliefdes land – uit , kry genoeg manne, en staan vas.

Boer ·

Ek en my gesin sal veg tot die einde….anders gaan ons almal in die land in elk geval van honger sterf.!

Basjan ·

Hoera vir die Boer met sy roer en die klap van die ossewa-sweep!

Kaalvoet ·

Daar is baie vrouens en geliefde wat saam sal veg wat ons is en regverdig en swaar gewerk het.Dit tyd dan ons afrikaners wys wat in ons are vloei.Met ons Vader aan ons sy .Sal ons volk weer op staan.

Boeremeisie ·

Ons is God se volk en sal bly staan!!! Hy het ons voorvaders hiereen gestuur om die mense van Afrika van Hom te leer. Hy gaan ons nie laat sink nie.

Swannie ·

Die mense wat so praat van vasstaan en veg – vergeet maar daarvan !

Wanneer 30 + polisiebeamptes “moniteer” en 200 soldate met masjiengewere by jou huis opdaag, het jy geen , maar absoluut geen kans nie. Dis nog behalwe die plaasbesetters wat ook gewapen is.

Dit het `n gewese Zimbabwiese boer my vertel nadat hy moes vlug en tans in Epping naby Kaapstad woon.

Eens welvarend en vandag brandarm.

Christo Visagie ·

Swannie hoe hartseer dit ookal mag wees is jy 100% korrek in dit wat jy sê,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

lorayne ·

Dankie Swannie! Jy is amper die enigste wat sin maak hier!
Lees gerus Ben Freeth se boek MUGABE EN DIE WIT AFRIKAAN . . .

Eugene ·

Erens moet daar ‘n oplossing gevind word vir die grond kwessie, maar om dit in perspektief te sit vir diegene wat nie boer nie: Meeste boere se pensioen is die grond. Dink hoe jy daaroor sou voel om 50% of dalk 100% van jou pensioen op te gee vir iemand wat net bloot “aanspraak” maak daarop, sonder enige teenwaarde? Sou jy net sonder slag of stoot die helfte of meer van jou pensioen afstaan?

FM ·

Dan sal ons maar moet veg. Hierdie land is nie zim nie en is groter as zim. Boere het hul grond GEKOOP. Die staat kan dit mos terugkoop, maar hulle geld is deur die guptas opgeraap.

Swartkat ·

Elke week word daar “n boer of twee met hulle gesin vermoor en wat word gedoen – niks. Hoeveel boere is verlede jaar vermoor ,daar word meer gedoen om die renoster te beskerm teen stropers as plaas moorde.

Frans C ·

In die berig staan die volgende.
“Alles aan die aanvanklike toetsprojek, wat as ʼn vennootskap tussen ʼn Limpopo-sitrusboer en die Mpumalanga-regering in Burgersfort van stapel gestuur is, het perfek gewerk, behalwe dat die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming nooit met sy deel van die betalings presteer het nie.”

In my ongeplaaste kommentaar maak ek melding dat regeringinstansies nie altyd ‘n betroubare vennoot is en dat die man se kommentaar nie ligtelik opgeneem moet word nie,word dit nie geplaas nie.Dus weereens hoekom nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.