Zimbabwe se Mugabe sê hy wil aftree

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Vir die eerste keer het Robert Mugabe (92), president van Zimbabwe, gesê hy wil aftree.

Hy het nie ʼn tydlyn gestel wanneer hy wil aftree nie, maar hy het gesê Zimbabwe is in ʼn finansiële krisis en dat hy wil aftree, maar dat hy dit “behoorlik” wil doen. Dit is nie duidelik wat hy met “behoorlik” bedoel het nie. Mugabe het nog altyd volgehou hy sal nooit aftree nie en dat hy in sy amp sal sterf.

Hy het die naweek ʼn groep mense toegespreek wat betrokke was in die 1970’s oorlog teen ʼn wit minderheidsregering, en aanvoer die staat, wat hulle nie kan finansier of sy staatsamptenare betyds kan betaal nie, skuld hulle geld.

Mugabe het gesê hy glo hy het nou die Engelse en Amerikaners verslaan, en dat hy verstaan dat tye moeilik is in Zimbabwe. “Ons is in ʼn kritieke tyd… vir ʼn regimeverandering.”

Dit was nog nooit duidelik wat Mugabe en die regerende Zanu PF bedoel wanneer hul na ʼn “regimeverandering” verwys nie, aangesien die Engelse min finansiële belang in Zimbabwe het en die Amerikaners “zero politieke en ekonomiese belang in Zimbabwe”, het ʼn senior westelike diplomaat vandeesweek gesê.

Mugabe sê gereeld aan sy ondersteuners dat Zimbabwe het nog onontginde finansiële rykdom, maar dit is nie wat plaaslike geoloë en ander analiste sê nie.

“Daar was ʼn tyd, ʼn paar jaar gelede, toe Zimbabwe belangrik gelyk het, dat dit ʼn kraghuis in die streek kan wees, maar daardie oomblik is lankal verby, en nou is dit moeilik om enigiemand te kry wat kan voorspel hoe hy sy skuld gaan terugbetaal, selfs met ʼn nuwe leierskap, laat staan nog om buitelandse beleggers te lok,” het ʼn finansiële analis in Harare gesê, wat anoniem wou bly.

“Daar is geen sogenaamd onontginde minerale nie. Die beste geleenthede is ʼn paar, goed bestuurde klein myne, maar niks groot nie.”

Hy het ook bevraagteken waarom enigiemand met alternatiewe sou kies om in Zimbabwe te bly, aangesien daar ʼn tekort aan water en elektrisiteit is. “Daar is deesdae niks om enigiemand na Zimbabwe te lok nie. Dit is nie ʼn gemaklike of aantreklike plek om te bly nie.”

Zanu PF het gesê Mugabe sal sy beste kandidaat wees vir die verkiesing in 2018 en dat hy eers in 2023 sal aftree, wanneer hy 99 is. Mugabe het vier maande gelede aan sy vriend, Cephas Msipa, gesê hy sal nooit aftree nie.

Mugabe erken dat daar faksies binne Zanu PF is, maar dat hulle met die volgende verkiesing weer sal saamstaan. Veteraan Zimbabwiese politieke analis Brian Raftopoulos sê die kans dat die gefraktureerde opposisie die volgende verkiesing sou wen, is skraal.

Zimbabwe is só arm dat dit hoofsaaklik nie meer enige kontant wat die land gebruik, Amerikaanse dollar, het nie. ʼn Nuwe geldeenheid genaamd Bond Notes sal later vandeesweek bekend gestel word in sommige uitvoerders se bankrekeninge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Justice ·

ANC neem aub kennis hoe vinnig ‘n land van hero na zero kan gaan onder swak leierskap.

Johan ·

Ek glo nie Zim sal ooit weer regkom nie……dis vertomend hoe die mense van Zim dit toelaat…….net soos die meerderheid suid afrikaners word hulle gebreinspoel om vir hulle te stem met lee beloftes en dat alles die weste en wit mense se skuld is……….ek hoor zuma beweer ook nou soos mugabe dat die weste blameer moet word ver alles wat fout is is suid afrika en afrika……..wel as dit so is gaan almal af chop met Trump wat nou aan bewind is…….jy moet maar aftree ou mugabe……..

JC ·

GOEIE NUUS VIR DIE MENSDOM!
Die affere lewe in sy eie la-la sprokiesland hehe!!

JC ·

Kan wees Gerda hehe! Winde van verandering…verby is die hegemonie en oeverblindery van die diktatuur van die moreel bankrot akademici, media establishment en politieke establisment. VERBY IS DIE DAE VAN GLOBALISASIE, POLITIESE KORREKTHEID EN DIE POLITIESE ELITE!! Dit is die einde van INDIVERSALISME (vra vir prof Malan van Tuks wat dit is…), en die begin van GESONDE nasionalisme, patriotisme en die opnuut waardering van die waardes van gemeenskap, unieke taal en unieke kulture en natuurlik opnuut waardering van rasverskille en dit wat ons verskillend maak, NIE DIESELFDE NIE!

Dirk ·

Behoorlik genoeg geld kan steel voor hy aftree..wat hy inelkgeval lankal doen..

wilma ·

Staatskas en minerale geplunder nou erken hy daars geen rede om in Zimbabwe aan te bly. Nou sal di res seker na SA stroom vir ons misdaad om te styg.

Attie ·

Hier kom reeds 5000 Zimbabwiers per dag oor die grens. Waar gaan dit eindig.

charmaine ·

Dalk het sy vrou hom oortuig want sy wil graag sy pos beklee. Hulle beskuldig die Weste van alles wat verkeerd gaan maar ek sien hy dra lekker aan die Westerse pakke en dasse?

dolphin ·

Zimbabwe is die mooiste plek veral die Victoria waterval en daar is geraamte in die kas wat hy die mense besteel dit word Zimbabwe armer geword het en baie tekorte aan die water en elektrisiteit.een moet fall kry die beste president dalk kan verbeter toekoms.

Hasie ·

Ek hoop tronk is sy voorland.Hoop sy opvolgers gaan al sy eiendom afvat soos hy gedoen het met die boere. Mugabe en Zuma is van eenderse stoffasie, altwee steel die staat se geld dik stukke. Hoop hulle dag sal kom. Daar sal nie vir hulle twee ‘n hiernamaals wees nie, want nie eers die duiwel wil hulle hê nie. Dit is Mugabe se eie dom onnoselgeit dat Zimbabwe nou in groot gemors is.

Pam ·

Zimbabwe klaar verwoes onder sy diktatorskap ! Niks meer oor nie en die mense in Zimbawe het nie die kennis om die land weer op te bou uit niks uit nie ! En die ergste van alles………Suid Afrika is vining oppad om dieselfde paadjie te volg !

Niccy ·

Pam, jy vat die woorde so uit my mond! ‘n Swart Zimbabwiese wiskunde onderwyser het so Agt jaar terug al vir my gesê, mevrou SA is oppad om soos Zimbabwe te word en dat die moeilikheid voor die deur is. zumpie sal aanbly tot die koei leeg gemelk en op sy kniee is!

callie ·

Groot verskil is SA het baie witmense. Dit gaan dus lei tot n oorlog wat niemand wil deel van wees nie. SA se gematigde mense moet saamstaan teen n regering wat op die konflik pad is. Die Malemas en baie Blankes praat so maklik oorlog. Die van ons met die dankie tannie beeldjie,”Ek was daar”, sal weet hoe belangrik dit is om nie n oorlog in die land te laat gebeur nie. Dit is egter net so belangrik dat Zuma die mag afstaan sonder n staatsgreep.

Leon ·

Dit gaan ‘n moeilike afskeidspakket wees! Wat gee mens vir iemand wat reeds ‘n hele land geneem het?

Ekwilibrium ·

Mugabe is 92, nie 91 nie. ‘n Goed gekwalifiseerde Zimbabweër het eenkeer vir my gesê dat alle politieke kandidate daar só gebreinspoel word teen die Weste/enigiets blank dat hoop op positiewe verandering in Zimbabwe naiwe wensdenkery is. Sommige mense kan net nie gehelp word nie…

Landi Slatter ·

Dagsê Ekwilibrium

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

jaco ·

Trump gaan niks maak nie. Selfs Obama, wat gedeeltelik van dieselfde “ras” as Mugabe is en beslis nie wit van velkleur nie, het nie eens vir Mugabe oor sy nonsens aangespreek of vasgevat nie.

Meraai ·

Zimbabwe was eens die kosmandjie van Afrika en nou ploeter hulle in die modder voort. Swak bestuur het ongelukkig swak keuses en mislukkings tot gevolg. Mugabe wil die nou verskrompelde melkkoei net nog verder leegmelk voordat sy “behoorlik” op haar laaste bene is. Die idioot het nooit daaraan gedink hoe hy sy land kan dien nie, maar eerder eerder hoe die land hom kon dien en hulle pluk nou die vrugte daarvan. Hoop RSA kyk en leer hoe dit nie gedoen moet word nie!

Ben Prinsloo ·

Trump het nie nodig om daar iets te maak nie. Wat is oor? Hy het dit dan duidelik gestel dat sou die wereld nie in Afrika ingemeng het nie sou daar vandag darem 2 lande gewees het wat vooruitgegaan het. Toe gaan hy n stappie verder en sê slegs die mense wat in daardie lande is ken die ander volkere se denkwyses beter as die wereld. Ek hoop jy verstaan wat het hy met hierdie uitspraak bedoel.

Koos ·

Noudat hy wat eens die spens van Suider Afrika was totaal geruineer het, wil hy aftree? Hy moes dit 25 jaar gelede al gedoen het. Nou is te laat, want die land is onomkeerbaar omskep in ‘n piesangrepubliek.

Jean ·

Haai nooit, wil hy regtig aftree? Dit beteken dan seker hy gaan net NOG minder doen, maar nie sy lekker salaris opgee nie, of is die geld nou ook klaar? Ek moet egter sê dit sal heerlik wees as ek hom NOOIT weer hoef te sien nie. Gaan rus. Cheers.

Zim Ruines ·

Hoe het die land gelyk voordat jy die wit boere van die plase afgejaag het Mugabe? Die land is agv een persoon in ‘n kritieke toestand en dit is JY, net jy alleen … geen droogtes of ander verskonings nie, JOU swak besluitneming. Zim sal nooit weer regkom nie. Kyk na die res van Afrika, almal loop steeds honger en uitgeteer rond, sonder werk, sonder ‘n inkomste, sonder kos, die UN gee maar vir hulle kos. Tekort aan elektrisiteit en water? Shame, hoe het dit gebeur? Niemand wil daar bly nie Mugabe, daar was wonderlike produktiewe plase, daar was suksesvolle boere en sakemanne wat almal die land of self verlaat het of deur JOU uitgeskop is, so Zim se verval is net JOU skuld, hardloop nou maar weg waarnatoe jy wil, ons gee regtig nie om nie.

SakSarelSê ·

Mugabe, mag jy uittree met die wete dat jy jou land en mense gelaat het as ‘easy pickings’ vir die Ooste, en dat jy glad nie die Weste oorwin het nie. Jou naam sal vir ewig sinoniem wees aan verraad onder jou eie mense en nageslag, sodra hulle onderdruk word deur die Ooste.

Theresa ·

Genade, hoop regtig nie hy koop ‘n ou plekkie in Kampsbaai nie!!
Is daar geen ouderdomsbeperking op Staatspresidentskap nie?
Sjoe, die foto spreek darem boekdele – wie kweek nou met opset so ‘n snorretjie – of is ek nou blatant lelik.

Louise ·

Noudat hy die land opgeneek het hardloop ONS weg. Nou moet iemand ANDERS die gemors reg sukkel HOPENLIK nie sy vrou nie.
En daardie behoorlik aftree is seker maak ons sakke is provol vir sommer ons nageslag daarby.

Oom Kalahari ·

Oom Mugabe, jy lyk moeg en uitgeput, want glo my dit is nie maklike werk om ‘n land tot skroot (riool) status te werk nie. Die mense wat Zimbabwe (Rhodesië) bewerk het met bloed en sweet is vermoor en weggejaag en toe nie lank geneem om alles wat nog staande was (diere kuddes) ook uit te roei en vandag kan ons dit stofland noem, Tog sien ek soms die ou kop knik met toe ogies van die moegheid tydens parlement sittings of is dit dalk dat jy net bid vir meer roemryke geleenthede. Gaan rus liewer in vrede met jou aftrede, want jy sal in die geskiedenis boeke en “Hall of Fame” aangeteken word as die beste diktator ooit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.