Zimbabwiërs in SA gemaan om paraat te wees

Geweld en plundery in Pretoria (29 Augustus 2019) (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die regering in Zimbabwe het sy burgers, wat in Suid-Afrika gebaseer is of binnekort na die buurland reis, Woensdag gemaan om “die nodige voorsorgmaatreëls te tref” te midde van grootskaalse aanvalle op uitlanders.

Monica Mutsvangwa, Zimbabwe se minister van inligting, publisiteit en uitsaaidienste, het hul meegevoel betuig met Zimbabwiërs en ander uitlanders wat deurgeloop het onder “die sinnelose orgie van geweld in Suid-Afrika”.

“Die regering en mense van Zimbabwe veroordeel die barbaarse optrede. Dit is teenstrydig met die gees van Afrika-eenheid en solidariteit wat die Afrika-Unie se stigterslede in 1963 in Addis Ababa beplan het,” het sy bygevoeg.

Die regering van Zimbabwe het egter die owerhede in Pretoria geloof “dat hulle vinnig opgetree het om die geweld te beëindig en oortreders aan te keer”.

Geweld en plundery in Pretoria (29 Augustus 2019) (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het Woensdag gesê byna 300 persone is reeds in hegtenis geneem en dit het tot ʼn beduidende afname in geweld en plundertogte in Gauteng gelei. Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het egter gesê die bestuur van die SAPD is besorg oor vals nuus wat op sosiale media versprei word wat ten doel het om geweld aan te hits en vrees aan te wakker onder Gautengers.

Die SAPD veroordeel die verspreiding van vals nuus op sosiale media. Vals nuus wat verband hou met skole wat aan die brand gesteek is of kinders wat in Katlehong ontvoer is, het die ronde gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Jdb ·

Is dit dieselfde Zimbabwe regering wat ons wit Suid Afrikaners so aangeval en uit hulle land gejaag het?

Ig ·

Binnekort gaan niemand meer enige Afrikaland kan besoek soos dit nou aangaan nie. Wat as ek OP n besigheidsbesoek Zimbabwe of Nigerië toe wil gaan?? Ek sien moeilikheid KOM. Wonder wat het geword van die reënboognasie waarvan gepraat was in 1994. SA kom nou voor as n gewelddadige land en who is to blame?????? Sorry I just lost my words , cannot find them anywhere!!

Ben ·

Die Zimbabwiese regering kry nou baie lekker dat Suid-Afrika dieselfde pad loop as Rhodesia begin jare ’80.

Koos de Meyer. ·

Moenie nou huil nie. Dis mos julle broers wat julle in die struggle gehelp het.

Raloh ·

Zim. Julle is laaste om te praat, julle is juis skuldig dat julle al die witmense, jul eie burgers vermoor en verjaag het. So hou eerder jul pap bekke.

Alida ·

Skep werk in julle eie land vir julle mense dan sal hulle nie SA toe hoef te kom nie. Hou julle mense daar.

Thinus ·

Laat die hele spul zimbabwiers terug gaan na hul eie kand en vir wie hulle gestem het. Hulle is net ‘n las op ons belastingbetalers. Jaag hulle en die res ook uit.

Willehond ·

Stem saam!!!! Wat soek hulle hier as dit onveilig is? En dis waar, dis vrek onveilig hier! So go forth!

Kobus ·

Ja Thinus, gaan jy slote grawe, vir ‘n tuindiens werk, of werk as ‘n nanny of iemand se huishulp? Jou medelandsburgers is te lui om dit te doen. Hulle teer eerder op jou belastinggeld.

Piet kokewiet ·

Stem saam hulle moet terug gan na eie land wat soek hulle hier .. nou te laat om te huil oor hoe hulle land lyk..

Jimmy ·

Dan word ons burgers en hul maatskappye ook uit ander Afrikalande geskop.

Anel ·

Bly weg uit ons land. Ons het julle nie nodig nie. Dink mos dit is die land van melk en heuning. Maar dit raak ook op. So bly weg. Sal geen traan stort nie.

Kobus ·

Dan moet ons wegbly uit Afrikalande. Hulle sal ook geen traan stort nie. Toeriste uit Afrika moet ook wegbly.

Petrus ·

Ek en jy en baie ander blankes sal dalk eendag vlug na die buurlande en verder noord. Dra nou al ‘n boodskap van verdraagsaamheid uit want die lewe gooi soms draaiballe na ons almal.

Koos de Meyer. ·

Die buitelanders werk maar ook net ‘n rukkie dan tel hulle gif op by die klomp hier en dan demand hulle. Maar die probleem lê voor die regering se deur.

Jacques ·

Al my werkers is vanaf Zim. Eks nie eendag spuit nie. Stuur liewer die sleg SA mense zim toe.
Want sodra jy vir hom werk gee raak hy sleg. Die Zim manne is 100 keer beter. Nie almal nie maar my span kies ek enige tyd bo sa werkers.

Skepties ·

Ek het simpatie met SA’ners wat werkloos is en nie werk kry nie. Maar daar is ‘n groot % wat NIE wil werk nie. Ek’t ondervinding daarvan. Dis hier waar ander Afrikane, wat alreeds deur “the school of hard knox”, gegaan het, in die prentjie kom, en vir ons mense wys hoe LYK WERK.

John ·

Uitlanders sal nie kan bestaan as Suid-Afrikaners nie daar koop nie. Hoeveel onwettige migrante woon hier? Hoe bekom hulle lisensies om besighede te begin? Is BEE ook op hulle van toepassing? Betaal hulle belasting, vul sensusvorms in en betaal vir Eskomkrag? Hoeveel van die migrante het bankrekeninge , waar bly hulle en waar gaan hul kinders skool sonder ID-dokumente?

Adoons ·

Waar in Afrika is voorspoed , vrede en vooruitgang? Die migrasie van vlugtelinge gaan aanhou. Kyk maar hoe vlug hulle vanaf hul eie lande na Europa. Oorbevolking, korrupsie en opvoeding is van die redes. Hier kom elke dag nog mense oor die grense op soek na n beter lewe.

Martin ·

Daarsy, kry julle eie medesyne terug,, “What comes around goes around”

John ·

‘n Zim-werker wat meer as ‘n dekade by gastehuis gewerk het, vermoor sy werkgewer… Hoeveel sulke gevalle het reeds op voorblaaie verskyn… Wees paraat… nogal… watter ironiese arrogansie van ‘n land wat soos ‘n parassiet op ons teer.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.