Zimbabwiërs moet glo opdok om na Malema te luister

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema Foto: Werner Beukes/SAPA

Julius Malema, partyleier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), sal glo volgende week Zimbabwe besoek om oor die onlangse xenofobiese geweld in Suid-Afrika te praat.

Ongeveer 250 tot 300 mense sal die geleentheid kan bywoon en moet elk $100 (sowat R1200) betaal om na Malema te luister.

Volgens berigte en ʼn advertensie wat in die Zimbabwiese media sirkuleer, sal Malema op 6 Mei in Harare wees waar hy op ʼn konferensie by Alpha Media Holdings (AMH) sal praat. Die Zimbabwiese entrepreneur, Trevor Ncube, is die eienaar van AMH en die koerant Mail & Guardian.

ʼn AMH-advertensie wat in die private koerant NewsDay verskyn het, herhaal ʼn paar van Malema se vorige aanhalings oor xenofobie, soos: “Moenie buitelanders vir SA se probleme blameer nie.”

Malema was onlangs weer in die nuus toe hy pres. Jacob Zuma vir die xenofobiese geweld blameer het. Sewe mense is tydens xenofobiese aanvalle dood.

Die vorige keer toe Malema Zimbabwe besoek het, was hy daar as president van die ANC Jeugliga nadat hy deur pres. Robert Mugabe se Zanu-PF party genooi is.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jenny ·

O genade nee. Hulle het nie geld vir kos in die land nie, maar kan R1200 betaal om na ‘n klomp snert te gaan luister.

Grassie ·

Miskien gaan sy oom Bob vir hom ‘n paar hande vol blink klippies gee om sy finansies reg te kry, anders sit hy dalk in die tronk. Daar is ‘n baie sterk diamantmyn in Zim, maar niemand weet werklik waar die opbrengs heen gaan nie, maar beslis nie in die staatskas in om die land se ellende te help verlig nie. Dit is ook ‘n sensitiewe saak – jy moet nie navraag doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.