Ongeveer 250 tot 300 mense sal die geleentheid kan bywoon en moet elk $100 (sowat R1200) betaal om na Malema te luister.
Volgens berigte en ʼn advertensie wat in die Zimbabwiese media sirkuleer, sal Malema op 6 Mei in Harare wees waar hy op ʼn konferensie by Alpha Media Holdings (AMH) sal praat. Die Zimbabwiese entrepreneur, Trevor Ncube, is die eienaar van AMH en die koerant Mail & Guardian.
ʼn AMH-advertensie wat in die private koerant NewsDay verskyn het, herhaal ʼn paar van Malema se vorige aanhalings oor xenofobie, soos: “Moenie buitelanders vir SA se probleme blameer nie.”
Malema was onlangs weer in die nuus toe hy pres. Jacob Zuma vir die xenofobiese geweld blameer het. Sewe mense is tydens xenofobiese aanvalle dood.
Die vorige keer toe Malema Zimbabwe besoek het, was hy daar as president van die ANC Jeugliga nadat hy deur pres. Robert Mugabe se Zanu-PF party genooi is.
Hy sal my moet betaal om na hom te luister.
O genade nee. Hulle het nie geld vir kos in die land nie, maar kan R1200 betaal om na ‘n klomp snert te gaan luister.
hy sal vir homself moet betaal om na homself te luister
Hy gaan vir verdere opleiding.
Miskien gaan sy oom Bob vir hom ‘n paar hande vol blink klippies gee om sy finansies reg te kry, anders sit hy dalk in die tronk. Daar is ‘n baie sterk diamantmyn in Zim, maar niemand weet werklik waar die opbrengs heen gaan nie, maar beslis nie in die staatskas in om die land se ellende te help verlig nie. Dit is ook ‘n sensitiewe saak – jy moet nie navraag doen nie.