Zimbabwiërs vas oor R2 m. se heroïen

Heroïen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Drie Zimbabwiërs is Dinsdagaand by die Beitbrug-grenspos in Limpopo hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ʼn groot hoeveelheid heroïen in die Suid-Afrika in te smokkel.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes het met ʼn maatskappy se vragmotor in die land in probeer inkom.

“Polisiebeamptes en beamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens was besig met hul roetinepligte toe die vragmotor deursoek is. Die dwelms is onder die bedkompartement van die vragmotor gevind en is positief vir heroïen getoets,” het Mojapelo gesê.

Die polisie het beslag gelê op 10,25 kg se heroïen met ʼn geskatte straatwaarde van net meer as R2 miljoen.

Die verdagtes, onderskeidelik 32, 36 en 41 jaar oud, moet binnekort in die Musina-landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met die besit en handel van dwelms.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Valerie ·

Geen probleem; gee hulle dieselfde behandeling as wat Grace ontvang het. probleempie opgelos. Maar laat ek nou met ‘n botteltjie shampoo op ‘n vliegtuig probeer klim . . .

Ander Annie ·

Veral as dit meer as 100ml is en nie in ‘n deurskynende botteltjie is nie. Moenie eers probeer nie.

Nico ·

Dom van hulle gee dit vir ouma grace om dit in te bring dan het jy vrywaring as dit onderskep word

John Samuel ·

Mense, as julle maar net weet hoeveel van die sake van die hof rol geskrap word… Teen die tyd wat die saak in die hof opkom het die “bewysstukke” [dwelms] lankal verdwyn vanuit polisie “”bewaring””. Tragies

Deon ·

John, die woordjie wat by my opkom “luctitive” …. as die bewystukke verdwyn verdien iemand n ou sakgeldjie so oppi kant…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.