Zimbabwiese man en vrou in Alexandra geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Zimbabwiese man en vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, maar die aanvallers het die paar geskiet en weggehardloop sonder om enige van hul besittings te steel. Dit is nie duidelik of die aanval deel vorm van die vlaag xenofobiese geweld wat Johannesburg die afgelope week getref het nie.

“Die aanval het in 19de Laan in Alexandra gebeur. Drie gewapende verdagtes het aan die deur van die huis geklop en toe die paartjie oopmaak, het die verdagtes op hulle losgebrand. Niks is van die perseel verwyder nie,” het hy gesê.

Die 33-jarige man en sy 22-jarige vriendin is albei in die bolyf gewond en na die Charlotte Maxeke-hospitaal gehaas. Hulle is met handwapens geskiet, het Dlamini gesê.

Xenofobiese geweld het ongeveer drie weke gelede in Durban begin en Saterdag die eerste slagoffer in Alexandra geëis toe die Mosambieker Emmanuel Sithole in ʼn straat met ʼn mes doodgesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

amelia ·

Hoekom word daar so ophef gemaak oor die xenofobiese geweld Wat van die boere wat nog meer gereeld aandgeval word en nog wrede vermoor en aangerand word En dit is nie net boere nie is alle wittes ook in die stede en dorpe

Christanam ·

Want die blankes maak nie saak nie, bestaan nie , en dit word nie gesien as xenophobies aanvale nie. Snaaks hoe die buitelandse media tekere gaan maar nie een dooie woord rep oor die blankes nie. Een Somaliese man het dit genoem en is soos blits laat verdwyn sodat dit nie op die nuus weer uitgesaai moet word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.