Zimbabwiese soldate saai chaos in SA, sê Mbalula

Fikile Mbalula, minister van polisie (25 April 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Lede van die Zimbabwiese nasionale weermag, wat van militêre diens in hul land wegvlug, neem deel aan gewelddadige misdade in Suid-Afrika, het Fikile Mbalula, minister van polisie, Dinsdag gesê.

“Daar is mense hier wat van Zimbabwe af kom. Hulle vlug van militêre diens in Zimbabwe en kom bevorder dan misdaad hier in Suid-Afrika. Hulle is oudsoldate van Zimbabwe wat in die land is, wat banke beroof en misdaad pleeg. Hulle hardloop weg van Oom Bob [Zimbabwiese president Robert Mugabe],” het Mbalula tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê. Die nuwe polisieminister het met verslaggewers gesels oor sy strategiese plan vir 2017 tot 2019.

“As jy in Zimbabwe ʼn soldaat is, is jy lewenslank ʼn soldaat. Jy kan nie daarvan wegkom nie. So om weg te kom, hardloop hulle na Suid-Afrika, en dan kom hulle en kom beroof ons banke. Ons kan hulle nie opspoor nie. As ʼn Suid-Afrikaner steel, is dit maklik om hom op te spoor, want ek sal jou deur ʼn forensiese ondersoek kry want ek het jou vingerafdrukke. Suid-Afrikaners is almal gedek.”

Hy het gesê Zimbabwiërs “betree die land onwettig en dan kom hulle hierheen, nie om welwillendheid te bevorder nie”.

Die minister het egter gesê sy uitlatings is nie xenofobies nie.

“Zimbabwiërs werk in ons land. Baie goeie Zimbabwiërs. Hulle werk in ons kombuise, hulle doen alles, hoogs opgeleide persone. As daar iets is wat pres. Mugabe gedoen het, was dit om sy mense op te lei. Die mense wat in jul kombuise werk is dokters. Hulle is hoër gekwalifiseerd as jy. Hulle is van Zimbabwe,” het Mbalula bygevoeg.

“Dan is daar ʼn groep van hierdie misdadigers wat van die weermag af kom. Hulle het na hierdie land toe gekom om te beroof, te terroriseer, te moor. Dis wat hulle doen. So ons keer hulle aan. Ons het hulle.”

Hy doen ʼn beroep op lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens om sterker op te tree teen misdadigers in die land.

“Die minister stuur die ‘Wanya Tsotsi’-veldtog van stapel, wat die gevaarlikste misdadigers in die land sal jaag. Ons sal hulle soek, totdat ons hulle kry. Alle misdadigers wat voortvlugtig is, moet gevind word en toegesluit word. Ons begin met die ‘Wanya, Wafa Tsotsi’-veldtog oor die land heen,” het Mbalula gesê.

“Binne die voorskrifte van die wet sal ons skiet om onskuldiges te beskerm. Ons sal skiet om onsself te beskerm om seker te maak dat daar wet en orde in die land is. Misdadigers sal nie heers nie.”

Hy het gesê dit wil voorkom “of almal in Suid-Afrika nou ʼn AK47 het”. “Hulle beroof nie banke met ʼn rewolwer nie. Hulle kom swaar gewapen, met outomatiese masjiengewere. Daar is baie AK47’s in die land, ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Of dit deur ons [anti-apartheid-vegters] agtergelaat is, weet ek nie. Almal het ʼn AK47 en ammunisie. Hulle moet weet, ons sal ewewigtig reageer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Letta ·

Uiteindelik!!!!!!! Minister Mbalula sien jy wie pleeg misdaad en waar kom hulle vandaan. Vat hulle asb vas en stuur hulle terug waar hulle vandaan kom.

Adam ·

Vergeet maar daarvan. Die Afrika familie stroom oorons landsgrense en Fikile en sy maatjies is al jare lank bewus daarvan. Ek glo eerder in die Paashasie as in die geraas-kas.

Francois ·

…En daar skrik hulle toe uiteindelik wakker…..Dalk begin Angus se ding nou werk…

Piet Pompies ·

Uitstekende aankondiging en erkenning, dit sal wonderlik wees as hierdie besluit uitgevoer gaan word want dan sal misdaad in SA heelwat verminder.

Jan maak n Plan ·

En hoe lank al se die volk dat al die buitelanders terug gestuur moet word na hulle eie lande toe. Maar NEE die ANC luister mos nooit!!!!

Bell's ·

Nog nooit was iemand só erkentlik en naby aan die waarheid.
Fikile, jy is ‘n man so na my hart, sluit ook net die plaasmoorde in by jou verklaring.
Jy moet ‘n Bell’s kry!!

WDP ·

Geagte Minister Mbalula
Jaag dan al die buitelanders terug na hulle eie lande toe en bou ‘n groot muur tussen die RSA en Afrika.

Groete

Veritas ·

André jy is doodreg. Ek neem aan jy praat van die regering van die dag. Fikile kan gerus daar ook begin rondloer maar ek dink die aandag sal dalk bietjie té naby aan sy eie bas gevoel word.

Rentia ·

Uiteindelik!! Nou moet woorde net omgeskakel word in aksie

Jo Möhr ·

Ons weet dit al meer as ‘n dekade lank. Hulle word die green bombers genoem. Ek glo nie vir een oomblik julle vind dit nou eers uit nie.

Peet ·

Oppas voor, iemand het iets gesien!! Dalk het hy klaar die Bells gebruik. Ek glo nie die man nie en sien dit bloot as ‘n politieke geraas op hierdie stadium. Moet nie sy sport uitsprake en besluite as minister van sport vergeet nie.

Pieter ·

Die media vertel ons graag hoe Mbalula se kop raas. Ek stem saam met sy plan en enige ander plan wat misdaad beveg. So raas my kop ook nou? Moet ons als glo wat die media ons vertel ?
Maar op die ander kant wil hy ook die hele Springbok span swart – nie bruin nie- sien en al die grond in swart hande. So ek maar versigtig vir wat hy se. Dalk oefen hulle om die Zims uit die land te kry en ons whiteys is volgende ………..

MANIE ·

Ai. ai. Dat die nar nou so iets kon uitdink nadat daar al vir jare gevra word hoekom word ander lande se mense hier toegelaat om te kom moor en plunder????

Johann ·

Whahahahahahah!!! Gewomder.wanneer hy sy sotlike idioot aanklagte gaan gestand doen. Nous dit ZIM se skuld? HOOGS OPGELEIDE ZIM? Oom Bob? Wens dit was snaaks….

Jos ·

Fikile, jy moet nie so vinger wys na bob en sy mense nie.
Nou nou stuur hy sy weermag oor die grens en kom vee ons gelyk.

Jos ·

Fikile, jy moet nie so vinger wys na bob en sy mense nie.
Nou nou raak hy kwaad en stuur sy weermag oor die grens en vee ons gelyk.

Ange ·

Ja dis als baie oulik maar doen iets by die grens anders gaan julle net oor en oor dieselfde mense jaag.

Laat daai weermag van ons maar die grense patroleer in plaas van om as sekuriteits wagte vir Luthuli House te werk.

Scalla ·

Geen beheer op grensposte, word hier heen genooi, Zim se weermag is meer opgelei en paraat as ons G3K3 brigades, nuwe besem vee skoon

cor ·

Me Zuma is dan n voorstander dat alle grense wat nog in Afrika bestaan verwyder word, sy gaan seker as sy die pres. is die bietjie wat oor is laat verwyder en dan is dit mos Azania soos hulle al die jare gepropageer het. So waaroor kla en blaas die pres. se regter hand so.

w ·

Asb mense dit mag wel so wees dat hier baie misdadigers is vani buurlande. Mbalula moet asb tog ni die SA misdadigers verontskuldig ni

Coena ·

Ek het nie geweet dat Zimbabwe se weermag uit kinders bestaan nie agbare minister. Hier in Coligny was hulle verwoestend en dronk.

J.J ·

Ek doen al jare lank ondersoek…….wat van die mosambiekers wat by moord ens betrokke is minister zimbabwers is gewoonlik meestal by soft crime betrokke…….

Koos ·

wat van die mosambiekers wat by moord ens betrokke is minister

Linda ·

Thus has been proven time and again that Zimbabwens and Mozambique n’s are responsible for many of the farm deaths. They have the experience and the have the guns. Who let’s them in?

Wally ferreira ·

As Fikile dit kan uitwerk is hy seker slim genoeg om te “WEET”Wie hulle betaal ??want jy doen dit seker nie vir die liefde van die saak nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.