Zindzi Mandela sterf

Zindzi Mandela. (Foto: Twitter)

Zindzi Mandela, dogter van oudpres. Nelson Mandela en sy eksvrou wyle Winnie Madikizela-Mandela, is Maandag in die ouderdom van 59 dood.

Mandela, Suid-Afrika se ambassadeur na Denemarke, is Maandag in die vroeë oggendure ná ʼn kort siekte dood, het ʼn familielid aan die SAUK gesê.

Zindzi Mandela was in haar eie reg ʼn politieke en sosiale aktivis en is deur haar ma grootgemaak nadat Nelson Mandela in hegtenis geneem is terwyl sy nog ʼn baba was. Hy is 27 jaar tronkstraf opgelê vir sy rol om die apartheidsregering te beveg en het ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 Suid-Afrika se eerste swart president geword.

Zindzi Mandela se kinderdae en skoolonderrig is deurlopend ontwrig deur haar politieke aktivis-ma se gereelde botsings met die apartheidsregering. Sy is na Swaziland gestuur om daar skool te gaan en het in 1985 ʼn regsgraad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf.

Sy was ook geen vreemdeling vir omstredenheid nie en het groot woede veroorsaak met haar twiets oor grondhervorming. Sy het verlede jaar onder meer op sosiale media na wit mense verwys as lafaards en “stelende verkragter-afstammelinge” van Jan van Riebeeck.

ʼn Klagte oor dié uitlatings is onder meer by die Menseregtekommissie aanhangig gemaak.

Naledi Pandor, minister van buitelandse sake, het Mandela destyds oor haar uitlatings oor die vingers getik en beveel om nie te vergeet dat sy ʼn verteenwoordiger van Suid-Afrika en pres. Cyril Ramaphosa is nie – en dat sy haar ten alle tye só moet gedra.

Pandor het Maandag, kort ná die nuus oor Mandela se dood, haar medelye met Mandela se familie, vriende en kollegas betuig. Die departement was in daardie stadium nog besig om besonderhede oor haar dood in te samel en het gesê hy sal later meer omvattend reageer.

“Zindzi sal nie net onthou word as die dogter van ons strugglehelde tata Nelson en mama Winnie Mandela nie, maar as ʼn struggleheldin in eie reg. Sy het Suid-Afrika goed gedien.”

Zindzi was die jongste van Nelson Mandela se twee dogters saam met sy tweede vrou Winnie, van wie hy in 1996 geskei is. Die oudpresident het ses kinders gehad, onder wie vier saam met sy eerste vrou Evelyn.

Zindzi Mandela se dood Maandag kom presies 51 jaar nadat haar ouer halfbroer, Thembekile, op 13 Julie 1969 in ʼn motorongeluk dood is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Staatsbegrafnis? Indien wel en die waarskynlikheid is groot, gaan dit geweldig interesant wees om te sien hoe dit gehanteer word, gegewe die huidige inperkings.
Kom ons kyk en luister.

Botterblommetjie ·

@gemaskerde sopbeen… ek nou lekker gelag… Ek terg altyd en sê ek die gemaskerde sopbeen en niemand weet waarvan ek praat nie…

katerinadiekat ·

Heel waarskynlik, ja. Waarvoor die belastingbetalers sal moet opdok. Insluitende die blankes, na wie sy verwys het as almal diewe en verkragters. Maar miskien het sy voor haar dood gestipuleer dat net swartmense se belasting geld gebruik moet word vir haar begrafnis. Ek meen te se, wie wil nou he n spul diewe en verkragters moet vir jou begrafnis betaal?

JohanR ·

Is darem nie Gemaskerde Soustreinbeen nie, of is dit Ramaphosa se bynaam?

Leeuwyfie ·

“Hy is 27 jaar tronkstraf opgelê vir sy rol om die apartheidsregering te beveg…”
Nee, hy is tronkstraf opgelê oor daar beslag gelê is op bewyse dat hy terreur dade wou pleeg, soos bomme plant naby onskuldige burgers.
Kom ons verdraai nie die geskiedenis nie.
Sy planne is toe wel uitgevoer. Al was hy en die ander beplanners in die tronk.

Prikkie ·

Hy het skynbaar die Kerkstraat bom wat in Pretoria voor Lugmag Hoofkwartier ontplof het, goedgekeur.

Kiewiet ·

Moet ook nie sy aandeel in die Park Stasie (Johannesburg ) vergeet nie.

Jack ·

Heeltemal korrek. As hy nie by terreur en opstand betrokke geraak het nie kon hy ‘n eerbare en produktiewe lewe gelei het saam met sy vrou en kinders. Maar nee, die sug na mag en wraak het gemaak dat hy baie mense se lewens verwoes het. Mandela was glad nie ‘n held nie. Hy was die ANC se “posterboy.”

Wondermaarnet ·

Gaan seker net opdaag vir die ete wat gratis gaan wees.

Pierreli ·

Dink jy hulle sal be die reel hou. Hou dop en sien. daar gaan baie meer as 50 wees en niemand gaan ‘n oog knip nie.

Estelle ·

Sy het ons blankes “shivering white thieves” genoem. Ek wonder wie bewe nou……., maar ek vergewe haar en spreek haar vry. Ek sal nie kwaad vir kwaad vergeld nie.

Anoniem ·

Heeltemal reg Estelle. Ons sal almal eendag verantwoording moet doen vir ons optrede. As sy dit net geweet het. Ai

Frank ·

Ewigheid is ‘n lang tyd as jou adres nie reg is nie. Eisch.

Jaco ·

Dis sy mos wat gesê het ons is grond diewe en ons tyd in Suid Afrika is nou verby.

katerinadiekat ·

Ja en dat alle blankes (mans, neem ek aan) verkragters is. Sy het ons seuns, selfs jong tienerseuns diewe en verkragters genoem.

Oomniklaassevriend ·

Haar tyd is nou verby in Suid-Afrika en in die res van die wêreld.

Hennie J ·

En in daardie tyd het sy niks tot die mensdom bygedra nie.

Chris ·

Ek het in my lewensduur so ver, ‘n paar lesse op die harde manier geleer. Eerstens jy wys nie vinger na iemand nie en jy verwens/vervloek niemand nie. Jy as mens het nie die reg of is by magte om dit te doen nie. Hy wat oordeel/veroordeel sal volgens dieslfde maatstaf beoordeel word. Leef in afhanklikheid van ons Hemelse Vader en in vrede harmonie met jou naaste. Wat jy saai sal jy maai.

katerinadiekat ·

Ja wat jy saai sal jy maai. Sy moes ook daaraan gedink het.

Andre ·

Uit ‘n menslike oogpunt alle medelye aan haar naasbestaandes. Dis egter jammer dat sy nie die groot geleentheid as Nelson Mandela se dogter gebruik het om te poog het om rasseverhoudings en harmonie te bewerkstellig nie

Haan ·

“vir sy rol om die apartheid regering te beveg”
Korreksie:
Vir die moord op onskuldige mense deur sy bomme. Vir terrorisme en kommunisme. Kom ons verdraai nie die geskiedenis nie

Pieter ·

Ons het aan beide kante in die struggle jare houe gekry. Ek was in 1983 se bomontploffing in Kerkstraat. Ja die was lelik en sal nooit die verminkte liggame van onskuldige mense op straat vergeet nie. Dit was die 20ste Mei 1983 om 16h31 die middag. Toe gedurende die Waarheids en Versoenings Kommisie is daar net weer verder ou koeie uit die sloot uitgegrawe en mense is verneder en was verder die oorsaak van bitterheid. Gerespekteerde leiers in ons era moes op hulle kniee gaan voor die kommisie. Dit waarin ons geglo het, is die baba met die badwater uitgegooi. Ek sal vergewe ter wille van my Here.

Sterkte aan die Mandela familie.

Prikkie ·

Jy is ‘n beter mens as ek Pieter. Vergifenis kom maar moeilik by my en neem tyd.

Wielspore ·

Een van die min politieke leiers wat ‘n belofte nagekom het, sy sou die tot die dag van haar dood wit mense blameer vir al die probleme is SA, sy het dit reg gekry.
Wat ‘n vermorsing van tyd en energie, ek wonder watse positiewe bydrae sy vir SA gelewer het.

Dirk ·

Daar gaan alweer n klomp belastingbetalers se geld.Wat het sy gedoen vir SA.Blou sweet boggerol..

JJ ·

Leeuwyfie-Kom ons kyk vorentoe. As ons oor die skouer bly kyk, loop die kar van die pad af. As ons hier wil bly, moet ons saamstaan en bou- veg of vlug. Daar is geen ander manier nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.