Zoeloe-koning eis waarborge van Ramaphosa oor grondhervorming

Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini (Foto: ANA)

Grond wat aan die Zoeloe-nasie behoort sal nie deur die nasionale regering onteien word nie, het die Zoeloe-koning Goodwill Zwelithini Sondag aan duisende persone gesê wat die jaarlikse Shakadag-vieringe in Durban bygewoon het.

Tydens sy jaarlikse toespraak het Zwelithini geëis dat pres. Cyril Ramaphosa hom weer moet besoek en waarborge moet gee dat die Ingonyama Trust nie geteiken sal word deur die land se grondhervormingsprogram nie.

Ramaphosa het die koning in Junie besoek en het opslae gemaak toe hy voor die koning gekniel het in sy amptelike paleis in Nongoma in die noorde van KwaZulu-Natal. Ramaphosa het later verduidelik hy het slegs gebuk om vir die koning ʼn boek oor beeste te wys.

Zwelithini het sy mening duidelik gemaak oor die landswye debat of die Grondwet verander moet word om dit vir die staat maklik te maak om grond sonder vergoeding te onteien. Sy woede spruit uit aanbevelings in ʼn verslag genaamd “High level panel on the assessment of key legislation and the acceleration of fundamental change”, onder leiding van voormalige president Kgalema Motlanthe en wat verlede jaar in November vrygestel is.

Volgens die verslag is die Ingonyama Trust waarskynlik ongrondwetlik en die bestaan daarvan moet hersien word in enige grondhervormingsdebat. Die verslag het ook bevraagteken waarom die trust slegs ʼn paar dienste verskaf aan diegene wat die grond beset, en tog ontvang die trust meer as R96 miljoen uit huurgeld.

Die trust besit ongeveer 29.67% van hoofsaaklik plattelandse grond in KwaZulu-Natal, ʼn gebied van 94 361 km². Alhoewel Zwelithini die enigste trustee van die grond is, is dit opgedeel in verskillende stamme onder toesig van tradisionele leiers.

Hy het die gehoor by die Moses Mabhida-stadion in isiZulu toegespreek en gesê Ramaphosa “moet na KwaZulu-Natal toe kom met iets in swart-op-wit om alle Zoeloes te verseker dat daar nie aan hulle grond geraak sal word nie”.

Die Shakadag-vieringe was vir 24 September geskeduleer, maar is uitgetel toe Zwelithini se seun, Butho Zulu, skielik gesterf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Johanna Botha ·

So maw hy wil eintlik se die reg moet hom beskerm maar nie die ander wat wel belasting betaal nie

Snowball ·

Die koning het gepraat, Ramparty beter luister. Hy sal swart op wit (no pun intended) moet gaan bewys dis net die wittes wat onteien gaan word. Maar nou lieg die prez so maklik, g’n wonder die koning se senuwees is klaar nie.

Lerato ·

Phil Molefe het deeglik navorsing gedoen, oor Neo-feudalisme in KZN.

Iets baie interessant om te Google.

Willem ·

Priester Ramaphosa gaan die keer dalk net ‘n knieknik maak soos vir die Engelse koningin, of dalk die kop knik, maar dit sal nou interessant wees om te sien of Mohammed weer na die berg toe sal gaan. Dalk maak hy net eenvoudig of hy die opdrag nie eens gehoor het nie. Dis mos nie sy koning wat beveel het nie.

Ben ·

Ramaphosa kan vir hom ‘n waarborg gee, maar wat van die ander ouens na Ramaphosa? As die Wet verander is, is dit net ‘n gegewe tyd en dan is al die tradisionele leiers hulle grond kweit.

Gemaskerde Sopbeen ·

Vir 20 jaar word dit in ons kele afgedruk hoe ons almal EEN is….en hoe hierdie land met sy “beste konstitusie in die wêreld” vir die res van die planeet wys HOE ‘n multi-kulturele, veeltalige, roesemoes van reënboogkleure alles kan deel, benut, ontwikkel, ontgin, bevorder en ophef…………en nou wil die Zoeloe-nasie nie saamspeel nie? Hulle moet mos nou eintlik die voortou neem om vir die walglike emperialistiese, kapitalistiese, rassistiese kolonialiste (en die wêreld) te wys HOE Ubuntu werk? Dit wil toe nie lyk asof “alles almal” s’n is in hierdie misplaasde utopia nie?

Anoniem ·

Dit is n mal SA die. n president wat veronderstel is om die land te regeer en dan kom n koning wat waarborge met n dreigende houding eis. Nou wat nou mnr die president hoeveel waarborge gaan jy gee vir die boer wat sy grond bewerk en kos op jou tafel sit of mag net sekere mense waarborge eis. Gaan jy sommer vir elke stamhoof ok waarborge gee of gaan jy ook dat dit kos rakke leeg staan soos wat dit tans in zimbabwe gaan

Adam ·

Mooi so Koning, uiteindelik stem ek en jy saam. Daardie Zulu grond behoort aan die Zulu’s, net soos elke plaasboer se grond aan hom behoort mits sy naam op die titelakte verskyn. Terwyl jy en bang Cyril vergader kan jy hom sommer vra wat het geword van al die grond wat die destydse NP regering vir die tuislande bewillig het. Jy onthou mos seker tog, Bophuthatswana, Ciskei, Transkei, Venda ens ens. Help my tog asb om te verstaan hoe daar na bewering so min grond in swart besit is. Is dit nie maar ‘n geval dat dit in die regering en of die kaders se besit is nie?

Andrea van Vuren ·

Dis hoekom dr. Verwoerd destyds vermoor is. Sy plan vir parallelle ontwikkeling sou werk. Nou druk hulle ons almal in mekaar se kele af!

Kwagga ·

So het die koning se siening oor grondhervorming nou verander? Waarborg net sy grond en alles is reg? Wie kniel nou voor wie?

Anneli ·

Wie kan die koning kwalik neem as ons nou weet hoe ‘n leuenaar President Ramaphosa is?
Agri SA……………. wees gewaarsku en neem kennis.

Hendrik ·

Pogings om die koning se situasie te gebruik om die Afrikaner se toekoms te red gaan nie werk nie.

Janosh ·

As die Zulus se grond uitgesluit word van hierdie proses, mag daar GEEN grond onteiening van geen aard plaasvind nie.

Sarel ·

CR kan 1000 waarborge gee, dit beteken niks . Nie eers die eed tydens getuienislewering bind hulle nie. Wat is n stukkie papier werd. hulle verkondig steeds die onwaarheid dat wit mense 80% van die grond besit hoewel die teendeel tot vervelens toe bewys is.

Johann M van Heerden ·

Hoe verskil die Zoeloes se reaksie van die van AgriSA en ander meelopers. Selfs die DA val Afriforum aan met hulle duidelike en eerlike voorlegging. Waar is die spul kommentators nou? Hierdie is mos baie ernstige besigheid. Wys jou net ons het nie ‘n werkende demokrasie en effektiewe pers nie. Ons is in die moeilikheid.

Ben ·

Daar is Khoisan Tekeninge op zulu grond gevind in Kwa Zulu Natal. Wat dit beteken is dat die Zulu grond aan die Khoisan behoort. Hoe Nou? Soos Adam hierbo se wat van die grond wat vir die tuislande beskik was Bophuthatswana, Ciskei, Transkei en Venda? Aan wie behoort hierdie grond tans?

ne ·

Hoeveel kos produseer die mense? Net die paar mielies om die hutte?

Toekomsblik ·

Nou sal ek graag wil weet, wat het van die grond geword wat Piet Retief in Natal bekom het deur onderhandeling en ruilhandel met die moordenaar Dingaan. Wie is nou in beheer van daardie grond?
Ons weet almal dat Natal van die rykste landbougrond in SA het. Nou wil ek weet, hoeveel word op die grond van die sg koning geproduseer? Hoeveel belasting betaal die koning op die huurinkomste? Waar is die titelakte van die grond en hoe is dit bekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.