Zoeloe-koning glo bankrot

Koning Goodwill Zwelithini. Foto: Wikipedia

Koning Goodwill Zwelithini. Foto: Wikipedia

Koning Goodwill Zwelithini is bankrot en kan nie eers bekostig om kruideniersware vir sy huishouding, wat ses vroue en 27 kinders insluit, te betaal nie, het die Sunday Times berig.

Die KwaZulu-Natalse regering sal nou die koning finansieel moet ondersteun, ondanks die feit dat hy R54,2 miljoen se jaarlikse ondersteuning van die nasionale regering kry. Volgens die berig is die trust wat op die been gebring is om te verseker dat die koninklike huishouding selfonderhoudend is, bankrot.

Regter Jerome Ngwenya, voorsitter van die trust, het gesê die rede vir die trust se probleme is die feit dat daar nooit ten volle bereken of begroot is nie. Die trust, wat vyf jaar gelede deur die provinsiale regering op die been gebring is, het ten doel gehad om die departement van koninklike huishoudings te vervang maar albei is tans in werking.

“Al die geld wat die trust ontvang het, is deur die departement oorgeplaas as of die trust ʼn entiteit van die departement is. Die departement het, ten spyte van ooreenkomste wat met die trust bereik is, misluk om gelde oor te dra soos per die ooreenkoms en het mindere bedrae oorgedra,” het Ngwenya gesê.

Die trust se waarnemende finansiële beampte, Bonginkosi Qunta, het verlede week aan die KwaZulu-Natalse finansiële komitee gesê die trust het geen geld nie. Nie Ngwenya of Qunta kon verduidelik waarop die trust die toegekende geld spandeer het of hoeveel geld die trust tot op datum ontvang het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Paplepel ·

Ek weet nie hoekom nie, maar met 6 vroue en 27 kinders kom die prentjie van ‘n man wat die tak afsaag waarop hy sit, by my op.

Johan Smit ·

Sit en niks doen nie. Net tyd om te vermeerder. Nie tyd om die miljoene te tel en sien hoe hulle minder word nie. Zuma gaan definitief hier ingryp. Zulu! Siek is vir seker te sag gestel. Kry net nog en nog en nog. Die 5miljoen belastingbetalers in SA dra ‘n groot gedeelte tot al hierdie ekonomieë by hier rondom ons. En! Dis mos maklik. Elke nuwe minister van finansies kom net weer met ‘n nuwe model met ‘n ander invalshoek om ons te flous en sag te maak om meer te trek om sulke onnodighede soos Nkandla te befonds.

Kosie ·

Bankrotskap is niks. Traksie is sy voorland want om ses se hormoonvlakke in toom te hou sit seker nie in elkeen se broek nie.

pop ·

Eks te geskok om iets te se. My hart is seer oor ons land. En eks baie bly my grootouers en ouers is dood, want dis hulle gespaar.

lillian ·

Ag dis ‘n storie! Soek aandag … en natuurlik sal Zuma hom van ons geld gee .. almal ry mos maar op die soustrein!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.