Zoeloe-koning maak plan om grond te beskerm

Koning Goodwill Zwelithini deur Reinhardt Hartzenberg, Wikimedia Commons

Die Zoeloe-koning, koning Goodwill Zwelithini, maak tans bykomende bankrekeninge oop sodat sy volgelinge skenkings daarin kan plaas om vir enige regsgeding te betaal om pogings teen te staan om land wat onder die monarg se beheer val, oor te neem.

Die stap volg nadat die Zoeloe-monarg ʼn beroep op “geldige” Zoeloes gedoen het om elkeen R5 of meer vir die regsgeding by te dra wat hy teen die parlement beplan as die regering besluit om die Ingonyama Trust, waarvan die koning aan die hoof staan, te ontbind sodat die trust se grond deur die regering oorgeneem kan word.

Die Ingonyama Trust is ʼn wettig geregistreerde regspersoon en die eienaar van sowat 60% van die grond in KwaZulu-Natal, wat nog altyd ʼn historiese deel van die Zoeloe-koninkryk en Zoeloe-konings was.

Zwelithini het onlangs aangedui hy sal enige pogings van die regering om die grond van die Ingonyama Trust oor te neem, beveg. Hy het aanvanklik ʼn bankrekening by Absa vir dié doel oopgemaak.

Thulani Zulu, Zwelithini se woordvoerder, het egter Vrydag gesê hulle is in die proses om meer rekeninge by ander banke ook oop te maak.

Op ʼn vraag oor hoeveel geld die koning beplan om in te samel, het Zulu geantwoord dit is moeilik om te sê, want die koste van die regsgeding sal afhang van hoe lank die kwessie gaan duur om afgehandel te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hendrik J ·

Die Zulugrond is reeds in swart hande. Die grote daarvan kan net inaggeneem word by berekening van hoeveel grond aan swartmense oorgedra moet word. So ook die oppervlaktes van gewese tuislande en grond wat tans in staat besit is en ook nutteloos/onbewerk is. Wie gaan instaan vir boere wat onteien word se skuld op grond en skuld op implemented/verbeteringe/oeskostes. Met onteiening op die horison, watter motivering is daar nog vir boere om verder in plase te belê, te plant en te boer?

jaco ·

Dis nou dieselfde koning wat eers sterk IVP was en toe al hoe meer ANC-gesind geraak het…

Loon ·

Hoekom geld skenk?
Dis dan baie grond, het daar geen ontwikkeling plaasgevind wat geld genereer nie? Wat doen hulle daar, het hulle nie n inkomste uit die grond nie?
Sit hulle dan nou net?

Potlood ·

Hoeveel geld kry hy elke jaar vanaf die staat? Hyt land ook wat net staan… nou wil hy skenkings he! Hahahaha

Andre ·

Maar is die boer se grond ook nie wettig geregistreer nie maar hou hoef hom nie te bekommer nie daar sal boere se grond om syne gevat word

Paul ·

Ek het ‘n idee Julius sal nou weer moet dink. Nasionaliseer gaan nie so maklik wees nie. Hoe nasionaliseer mens net wit mense se eiendom … hehehehe. Daar is nogal heelwat ander trustgebiede, in Mpumalanga, Limpopo, die Oos Kaap, die Noorde, Cyril gaan sy hande vol hê.

Miskien is dit goed dat deur die oefening en ondersoek na die onteiening gedoen word, dan sal als op die lappe kom met die kommissie se ondersoek en hoef Cyril en die ANC nie vir die bevinding en uitslag pa te staan nie, dan is dit iemnand anders wat die vark in die verhaal is oor die feitelik en ooglopende wat hulle tog so bang is om self te beduie.

Hulle vat dit so stappie vir stappie.

Pop ·

Geldskepping van sy eie mense. Skandelik. En Loon hulle sit net daar. Daar gaan niks aan op daai grond nie. Nog n skade

Siener van Melbourne ·

Die probleem is dat die eerste wêreld lande die ANC regering finansieel subsidieer wat hulle dan net so in hul gatsakke sit. Die koning van Zoeloeland sal maar vir hom ook borge moet soek wat na die stof gaan lê het ‘n guns sal terug vra. Die Chinese en kommuniste het destyds hul steen aan dié sogenaamde “bevrydings” organisasie (ANC) verleen en nou skep hulle by die kaders van vernietiging. Hoekom dink julle doen die regering niks aan die uitslagting van renosters nie? Persoonlik dink ek as jy kan gaan soek vir jou ‘n ander plekkie in die son want RSA gaan dit nie meer bied nie.

Francois Joubert ·

Die koning se ‘running costs’ word deur ons betaal, die belastingbetaler. Tog bestuur hy al die grond. Die ‘huurders’ betaal tog iets aan hom anders kry ‘n ander huurder dit. Wys my ‘n wit boer met grond wat deur die staat onderhou word (met belastingbetalersgeld) en dan sy grond verhuur. Gin wonder die koning is moerig nie.

Herman ·

Die staat sal n manier kry om swart grond te koop maar wit sal onteien word sonder vergoeding

3s4e ·

Hoop nie hulle deponeer die R5 kontant by ABSA nie want dié vat R36 bankkoste op so deposito.

Danie ·

En ek dog grond is in wit hande. Hier kom ‘n wrede ontnugtering vir baie mense se persepsies. Vir beide swart ekstremiste en wit liberaliste. Sien uit daarna.

Lerato ·

Die Zulu boere, swoeg onder n modern feudale stelsel onder die sg ” Goodwill” wat n ironie!

snoefie ·

skuif net sy stoel elke keer weer in n nuwe sonkol. watse geboerdery is dit die?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.