Zoeloe-koning sê hy kan land regeer

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Koning Goodwill Zwelinthini. Foto: DoC

Die omstrede, maar invloedryke koning van die Zoeloes, Goodwill Zwelithini, het ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om as regeringsleier opsy te staan sodat hy, die koning, die land kan regeer.

IOL berig Zwelithini het gesê God het hom die mag gegee om mense te lei. Die koning het die opmerking gemaak in Ngwavuma, in die noorde van KwaZulu-Natal, tydens die jaarlikse tradisionele rietdansseremonie wat oor twee dae gehou word.

Zwelithini het onder meer verwys na die dood van twee mense, wat tydens beweerde politieke geweld by Inchanga doodgemaak is. Nontsikelelo Blose en Xolani Ngcobo het in Augustus tydens die geweld in die gebied gesterf.

Die koning het ook gesê die ANC se verlies van die Tshwane, Johannesburg en Nelson Mandelabaai-metro’s, na afloop van die munisipale verkiesing, is die gevolg omdat die ANC nie na sy raad geluister het nie.

Volgens The Telegraph het Zwelithini gesê onder Zuma se leierskap is die “land daarmee heen.”  Hy het groot gewag gemaak daarvan dat Pretoria en Johannesburg nou “deur wittes” regeer word en die blaam daarvoor voor Zuma se deur gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Johan ·

Jy het nie krag nodig nie. Net ‘n baie goeie sin vir humor.

Karma ·

OH MY WORD, OH MY WORD, OH MY WORD ………………. ASSEBLIEF EK BID NIE BAJA NIE, MAAR EK VRA MOOI, MOENIE LAT DIT WAAR WORD NIE, ASSEBLIEF!!!!!!!!

Koos1 ·

Ek dink hy moet sy tradisionele bier laat toets…… daar is iets daarin wat sy kop bietjie deurmekaar maak.
Hy kan nie eers sy eie huishouding met klomp vroue bestuur nie en moet jaarliks bakhand staan by die regering vir nog geld, dan wil hy die land bestuur?
Of verstaan ek verkeerd. Het hy bedoel dat Zuma nou genoeg gesteel het en dat dit nou sy beurt is?

christine ·

Ons dink nie so nie ,staan jy maar net opsy. As jy dink profesionele geleerders gaan hulle laat regeer deur n Zulu koning sit jy die pot verskriklik mis dit wil se as jy een het. Arrogant dis omdat die dom spil dink die land behoort aan hulle.voorvadergeeste het die keer bietjie koekoes geraak

Louw ·

Die groot probleem in Suid Afrika en Afrika is dat die massas glo dat hulle “regeer” moet word in stede van die mense in die “government” wat gekies word om die mense te dien.

Jakes ·

Kan ek ook aansoek doen of voorstel maak?
Het nét 1 vrou en 2 kinders, matriek ook darem.

Lourens ·

Jakes jy sal nie kwalifiseer nie agv net 1 vrou, daar kort nog ten minste 5, 2 kinders, hier skiet jy ver tekort met so 10 en dan nog matriek ,hier het jy so 7 jaar van jou lewe gemors op skoolbanke om SA te regeer het jy nie so baie opleiding nodig nie. (hoop jy het baie beeste) LOL

Anoniem ·

Ja jy is uit… te hoog gekwalifiseer. Behalwe as jy die Guptas op snelbel het.

Alida ·

Ek wonder of hy kan lees en skryf en lang syfers uitspreek !!!!! Wat gaan die oorsese lande maak as hy met daardie mondering daar aankom. Dan sal hulle regtig dink ons bly in die “Jungle” !!!!

Andre Jacobs ·

Absoluut lagwekkend. Maar, kom ons vind net uit hoeveel vroue het hy. Kan ons miskien minder kos en, kan ons veel slegter doen? (Ha ha)

Jan ·

Ek is baie bevrees om te erken: jy is heel waarskynlik doodreg…

Bruno Stef ·

Die pou wil die land regeer dieselfde poeding net n ander sous in vergelyking met Zuma miskien net n bietjie meer vroue maar die parasiet wil groter happe by die trog vat.Dit sal tot n lewenslange diktatorskap lei wat almal sal onderwerp aan die Zulus se wil.

Lourens ·

As God hom die mag gegee het om die land te regeer kan ek net dankie se dat Hy my ‘n breinsel gegee het om te sien dit gaan nog ‘n groter boggerop wees as nou, en dan maak hy ‘n bohaai daarvan dat die “wittes” Pretoria en Johannesburg regeer, asb.

Hendrik ·

Lagwekkend soos al die konings en “traditional leaders” kan nie eens vir hulle mense sorg in trust gebiede nie wat nog van n land regeer en terloops ou dis swartes wat die provinsies waarvan jy praat regeer dom moet ek noem

johan ·

Dalk moet die man kyk watse kleur die burgemeesters in Pretoria en Johannesburg is, terwyl hy na daai stede verwys.

Anoniem ·

Apartheid en Elvis sal nooit dood wees nie… Aanhangers van Elvis en apologete vir revolusionere mislukking het iets in gemeen.

Vaalseun ·

Er, regéér, soos in maak met die belastingbetalers se geld wat hý wil? Dit het ons reeds. Suid-Afrika het ‘n leier nie net in Afrika maar in die wêreld geword op die ontwikkeling van infrastruktuur, die mediese, regs-, ingenieurs-, mynwese, landbou, versekeringswese, bankwese, nywerheid, vervoerwese, wetenskaplike navorsing, onderwys en akademiese professies, als onder die vorige bewind. Dit het gebeur omdat hul besluite sover moontlik op navorsing en professionele beplanning en bestuur gegrond was. Landsbestuur verg leierskap deur iemand wat self professionele opleiding ondergaan het en sal toesien dat besluite aan die vereistes van professionele verantwoordelikheid voldoen. Suksesvolle landsbestuur is vandag te kompleks en die gevolge van swak landsbestuur te riskant vir die bevolking om dit in die sweterige hande van een na die ander grinnikende en self-adverterende populistiese gierigaard te laat.

GES ·

Nou het alles gehoor en gelees. Die een wil dommer en meer arogant wees as die ander een. Die voorvadergeeste veroorsaak darem verskriklike hallusinasies.

Jan maak n plan ·

Die stomme drommel kan nie eens homself.of die zoeloes regeer nie nou wil hy die land reggeer. Myns insiens moet hy nie eens n sent van die regering kry nie want hy beteken minder as slap slangbollie in die see.

Anoniem ·

Nee wat, outoppie jy is 68 jaar oud en binnekort siende doof met ouderdomsskete!Lol!

Cherokee ·

‘Hy het die opmerking gemaak tydens ‘n seremonie wat oor twee dae gehou word.’
Ek het dit weer gelees en weer gelees en toe besef die bedoeling is tydens ‘n bestek van twee dae gehou word.

mamparra ·

Omw from bad na totaal iemand wat baie eerder die wit gaan uitroei en n regte Mugabe wees grond vergryp in die ergste graad

Jan ·

Hasie, ek het al baiekeer gehoop politici is onder die invloed van enigiets. Maar dan tref die nare waarheid dat hulle nie gaan verbeter nie. Dan is die versoeking groot om self onder die prop te raak..

Johann ·

En Zuma vee sy alie aan sy koning af, nou wat sê dit van Zuma, of van sy koning? Zuma is ‘n man van vele ambagte, hy is nie net ‘n loodgieter wat stortkoppe saam met hom rond dra nie.

Net ek ·

Ag ASSEBLIEF!!! Wat ñ grap gaan ons almal die voorvaders moet aanbid…..

Lance ·

A traditionalist TRYING to run a Capitalist country ….dis dan nou ons probleem ! ..ASB nie weer iemand wat homself geeducate het nie ..DIT WERK NIE !

Ander Koos ·

Hy dink seker dit is tyd vir ‘n nuwe hoofnar terwyl die sirkustent nog staan

Chris ·

Ek dink hy sal net so n goeie koning wees soos Tjaka en Dingaan….

Chris ·

Seker hy sal net so n goeie koning wees as Tsjaka en Dingaan

PMB ·

Ag asseblief…… Wat se snert gaan hulle nog kwyt raak. Sy koningkryk is bangkrot!! Hier is n slang in die gras?

ANDRÉ ·

In ‘n demokrasie VERKIES ons ons leiers! Ons gaan nie sommer bewind aan daardie wat dit wil hê oorhandig nie! Sorry!

Ampie ·

Andre, hoe werk die stemmery tans vir jou? Kyk wie regeer…

John ·

Ek weet nie of hy weet nie maar is nog ‘n hele paar konings in die land en die reenkoningin in die noorde. Onthou ons betaal almal se salarisse en niemand kla nie. Dit gaan egter ‘n groot bakleiery afgee as een uitverkies word (Die twee konings van Swaziland en Lesotho is ook nog daar.) Ons moet nie nou begin kla nie. ‘n Goue troon en ‘n goue koets soos die queen s’n en ‘n paleis langs die Guptas se paleis en plekkies vir sy vroue… dit alles sal mos nuwe momentum verleen aan die vervelige politieke landskap. Dink goed daaroor mense…

Dirk ·

Asseblief, Maroela media, sit tog ñ like opsie by die kommentare. Ek het ñ klompie kommentare gelees, en in my kop sê ek net Like, like, like.

GJ de C K ·

Hy het wel die legitieme Goddelike mandaat om te heers: oor die Zoeloe volk.

Maar mbt die bloedlyne van ons Volk en SY bloedlyn pas hy en ons nêrens in nie. Nie eens neefs 1 000 000 000 keer verwyder nie. ‘n Vader vir ons Volk en rentmeester van Gelofteland kan hy nooit eis om te wees nie.

En ‘n Mandela, Zuma, Maimane ens nog minder want hulle het nie eens enige Goddelike mandaat nie. Die DA/ANC dienaars is steeds besig om met adders te teel en te verwag dat lammers daaruit gebaar gaan word.

Ons het weer ‘n Sir Harry Smith nodig wat die wit volk kan verenig, sy “army boot” kan sit waar dit hoort en die Leviete vir hierdie arrogantes kan voorlees.

Willie ·

Dalk nie n slegte idee nie….. Kan hy meer droogmaak as comrade Zuma? ?

sarie van heerden ·

Koning van Zoeloe’s was openlik oor sy misnoe omdat Tschane en Johannesburg nou deur wittes regeer word. Waarom kritiseer hy nie die verwoesting wat nou plaasvind deur party van sy onderdane nie en wie gaan daarvoor betaal.

Johannes Meintjes ·

Die Zoeloes weet ten minste wie hulle koning en leier is …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.