Zoeloekoning sê onluste strek Zoeloe-nasie tot skande

Die Zoeloekoning Misuzulu Zulu KaZwelithini (Foto: SAgovnews, Twitter)

Die koning van die Zoeloe-gemeenskap in Suid-Afrika, Misuzulu Zulu kaZwelithini, het Woensdag ’n beroep op betogers gedoen om hul plundertogte en die grootskaalse geweld wat sedert die naweek in KwaZulu-Natal en Gauteng ontvou het, te stop.

KaZwelithini het tydens ʼn toespraak ʼn beroep op vrede en kalmte gedoen en gesê die gewelddadige onluste bring die Zoeloe-gemeenskap in oneer. Hy sê die onluste vernietig boonop die land se ekonomie en die armes en dié wat werkloos is, gaan op die ou einde die hoogste prys betaal.

“Die skandalige vernietiging van infrastruktuur is nie die regte manier om ontevredenheid te kenne te gee nie. Dit skep ’n beeld van ʼn volk ‘wat hul waardigheid verloor het’,” het KaZwelithini gesê.

“Wat nog hartseerder is, is dat soveel van diegene wat by hierdie wetteloosheid en misdadigheid betrek word, lede van die Zoeloe-nasie is. Dit strek ons Zoeloe-gemeenskap tot skande, aangesien alle vingers na my oorlede vader, Goodwill Zwelithini, se mense wys. Ek het nooit gedink dat ons nasie die land só sou afbrand nie. En dit terwyl ons wêreldwyd hoogs gerespekteer word, en bekendstaan as ’n nasie wat baie trots op sy waardigheid is.

“Ek doen ’n beroep op ons volk om ’n voorbeeld te wees en nie toe te laat dat politiek die waardigheid van ons volk vernietig nie. Dit is nie wie ons is nie. Laat ons die oppergesag van die wet respekteer en sorg dat die orde herstel word.”

KaZwelithini het gesê dat hy begrip het vir depressie, armoede en werkloosheid wat daartoe gelei het dat sommige mense by die chaos betrokke geraak het. Ten spyte hiervan het hy ’n beroep op betogers gedoen om ’n tree terug te staan en te dink aan die skade wat die onluste aangerig het.

“As voedsel nie afgelewer kan word nie – omdat vragmotors en pakhuise deur ons mense verbrand word – sal ons honger ly. Wanneer entstowwe en medisyne nie gelewer kan word nie, is daar geen hulp vir siekes en sterwendes nie.”

KaZwelithini het verder gevra dat die Zoeloes en Indiërs in die provinsie in harmonie moet leef. Dit volg te midde van berigte oor aanvalle tussen Zoeloes en Indiërs in KwaZulu-Natal.

Maroela Media het vroeër berig teen Woensdagaand was altesame 1 234 mense in verband met gewelddadige onluste en plundery die afgelope paar dae in KwaZulu-Natal en Gauteng in hegtenis geneem. Die plundertogte het nou reeds 72 lewens geëis.

Enkele gevalle van plundery en geweld is ook in Mpumalanga en die Noord-Kaap aangemeld, maar dit is gou onder beheer gebring.

Boonop sit talle dorpe se inwoners in ʼn penarie om kos en medisyne te bekom omdat daar geen winkels oor is om dit te koop nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

B-Man ·

Mnr Koning. Dis nie net jy wat so dink van die Zoeloes nie.

Grassie ·

Ek wonder hoe verloor ‘n volk iets wat hulle in die eerste plek nie gehad het nie.

Willem ·

Grassie, die Zoeloe-volk is een van die trotste volke op aarde.

Grassie ·

Willem – praat ons nou van dieselfde mense wat die afgelope paar dae in hul duisendtalle winkels en fabrieke skaamteloos bestorm en geplunder het en daarna aan die brand gesteek het? Wat hul ware karakter getoon het deur te vat wat nie aan hulle behoort nie en wat ander voor gewerk het? Gewetenlose mense? En jy sê hulle is een van die trotste volke op aarde? Hoe definieer ‘n mens “trotsheid?”

Lourens CFG ·

Hulle was, maar is ook nou al meegesleur deur opstokery.

Jack ·

Hoogmoedig en selfvoldaan, ja. Trots? Waarop? Hulle kultuur? Hulle roemryke verlede? Tsjaka en Dingaan was tiranne. Latere Zoeloe konings het met die Boere republieke saamgewerk maar steeds in opstand gekom teen die Engelse.

Aai ·

Maak die bang wat agter dit sit ,hulle sal gevang word en lank gestraf word.

Dup ·

“My people” steek hulle politieke base sleg in die skande.Eers het die staatskaping,korrupsie en bedrog gebeur en nou moet die res van die landsburgers die geplunder en wetteloosheid aanskou en beleef.Is daar nog iets om oor positief te wees…..? ek dink nie so nie.

Willem ·

Dankie U Majesteit, Suid-Afrika het nou leiers nodig wat beheer kan neem en vrede kan herstel, Bayete Nkosi!!!

Elize ·

Van ‘n trotse, magtige Zoeloe nasie onder Shaka het hulle in ‘n patetiese stam verander, Dankie vader Jacob.

Michael ·

As julle Zulus hierdie geweld nie anvaar nie, hoekom noem en verag julle nie die man van julle volk wat dit tot op hierdie punt gedryf het. Hoekom verklaar julle nie, dat Zuma van vandag af nie meer `n Zulu is nie? Hoekom het julle die bou van Nkandla toegelaat, en hoekom stem julle nog altyd vir die ANC ? Nie net voorwendsel gebruik, – doen iets.

Belinda ·

Wel dis hoekom meeste van die taxi bestuurders saam die gemeenskap staan. Ek bedank elke taxi bestuurder en elke ander gemeenskaps-lid wat teen die onluste veg… Baie dankie aan die Zulu koning wat eintlik opstaan teen die betogers. Daar is nog hoop vir ons land.

Misky ·

Jammer Belinda, maar ek sien geen hoop vir ons land nie. Ek bly in Durban en glo my, my geduld en uitsien vir die toekoms, is bleek

Skuilnaam ·

As die land se wette toegepas was, sou dit nie nodig gewees het vir hierdie “koning” se opinie nie…

4ntj13 ·

Ek dink die koning kan sy beursie gerus skud en kos en medisyne aan vredeliewende mense verskaf. Tot dan is selfs hy ʼn skande vir die mensdom. ʼn Leier in naam alleen.

Anoniem ·

Waar Elinette? Die busse en taxi probleme is al jare lank aan die gang, daar was nog nêrens berigte van plundering in Kaapstad nie.

Toy ·

Ja en dit is so onnodig gewees die plundery, nou is die land eers in ‘n gemors.

marius ·

Hol woorde . Wie gaan vir die gemors betaal ? Opmerklik dat wittes so gerieflik uitgesluit

Martie Smartie ·

Ja my koning. Jy trek n vet pay van ons belastinggeld, jy en jou hoofmanne. Hoe is dit dat jy nie orde kan herstel in jou gebied nie? Jou gesag is to enet so nutteloos soos die regering wie se salarisse ons ook betaal ne. Maar almal staan saam om die krip ne

Jack ·

Die Zoeloe koning se stelling dat die onluste nie tot eer van die Zoeloes strek nie is slegs gedeeltelik waar. Dit strek nie tot eer van alle ANC ondersteuners nie. Ek stem saam met die TLU persverklaring, die ANC is verantwoordelik vir die onluste en alles wat daartoe aanleiding gegee het. Nie net Zuma nie, nie net Ramaposa of Mbeki of selfs Mandela nie. Die hele ANC. Hulle beleid van kader ontplooing, AA en BBBEE, onteiening sonder vergoeding en nog meer bv konsentrasie van elle hefbome van mag, hulle keuse van verkiesings vennote – SAKP en COSATU – hulle hebsug en kultuur van straffeloosheid, ja dit alles het meegewerk om in plaas van “A better life for all” “Chaos all around” te veroorsaak. As die ANC leierskap maar eerbare Japanese was sou hulle nou massa harakiri gepleeg het.

Stephanus ·

Regtig!??
Is Dingaan dan nie jou oupagrootjie nie?
Die Zulu volk – gekenmerk vir hulle moordlus, rowery, brandstigting!!

Jannie van Niekerk ·

Nou doen dan iets positiefs en ontneem hulle van hullee statuys as Zoeloes.

Kokerboom ·

Is hierdie CR en die ANC se “Rand Revolt” van 1922??? Tyd sal leer

Hennie J ·

Nou het hy n groot bek! Waar was hy om sy mense onder beheer te bring? Hy weet hy het geen gesag oor hierdie klomp nie en daarom kruip hy weg terwyl sy mense vrek van die honger!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.