Zoeloeprins, lyfwag doodgeskiet

Prins Mbongiseni Milton Muntukaphiwana (Foto: Twitter)

Nóg ʼn vertroueling van die Zoeloekoning Misuzulu Zulu Zwelithini is vermoor.

Prins Mbongiseni Milton Muntukaphiwana Zulu (63) en sy lyfwag (33) is Donderdag vroegaand in Nongoma, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, sê die omstandighede rakende die moorde en die motief daaragter is nog onbekend.

IOL berig Zulu was een van diegene wat koning Misuzulu gehelp het om ná sy pa, koning Goodwill Zwelithini, se dood die troon van die land se mees invloedryke tradisionele monargie te bestyg.

Prins Zulu is die tweede vertroueling van koning Misuzulu om binne enkele maande vermoor te word.

Die Zoeloekoning Misuzulu Zulu KaZwelithini (Foto: SAgovnews, Twitter)

Dr. Dumisani Khumalo is in September vanjaar doodgeskiet nadat hy ʼn seremonie by die Enyokeni- koninklike paleis in Nongoma bygewoon het.

Khumalo was ʼn indoena van die Osuthu Koninklike Raad en een van die mees invloedryke mense wat koning Misuzulu se kroning ondersteun het. Hy het ook ʼn goeie verhouding met wyle koning Goodwill gehad, wat in Maart verlede jaar ná 50 jaar op die troon dood is.

Misuzulu is in Augustus gekroon ná ʼn jaar van twis oor wie die troon gaan bestyg ná sy pa se dood.

Misuzulu is die eerste seun van Goodwill se derde vrou, wat hy in sy testament as sy opvolger aangewys het. Die koningin het egter ʼn maand later onverwags gesterf en ʼn testament nagelaat wat Misuzulu as die volgende koning benoem – ʼn ontwikkeling wat ander vertakkinge van die familie nie goedgekeur het nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JohanR ·

Nou sal al die Zoeloeprinse seker 24 lyfwagte kry op belastinbetalers se onkoste!

Johann ·

Hoeveel van die selfaangewese “royals” onderhou ons? En teen watter kostes? Sidder om te dink wat kos nét die harems en troppe kinders?

Jacobus ·

Die ANC sit agter hierdie moorde want hulle sien hulle gaan KZN ook binnekort verloor. Net soos die ANC verantwoordelik is vir die bendegeweld en moorde in die Weskaap. Mag die ANC tot n val kom in 2024 verkiesing. Moet dalk n biddag hou daarvoor.

Vonkprop ·

My vrees is wat gaan gebeur as hulle tot ‘n val kom. Hulle gaan nie net met ‘n handdruk en ‘n koebaai in ‘n kar klim en wegry nie. They will go out with a bang soos die Ingelsman sal sê.

Jacobus ·

Jy is reg dit kan dalk in n volskaalse burgeroorlog uitloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.