Zondo-aanstelling wyd verwelkom

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa se besluit om adjunkhoofregter, en voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, Raymond Zondo as Suid-Afrika se nuwe hoofregter aan te stel, is wyd deur partye verwelkom.

Die konsensus is dat dit ʼn goeie besluit deur Ramaphosa was.

Die EFF het egter Zondo se aanstelling veroordeel en gesê dat dit ʼn beloning is vir die sagkense behandeling wat Ramaphosa glo tydens die ondersoek na staatskaping ontvang het.

Dié sterk reaksie volg nadat die presidensie Donderdag Zondo se aanstelling bekendgemaak het.

Zondo sal na verwagting op 1 April sy posisie as hoofregter inneem, waarna hy die leisels van adjunkhoofregter sal moet oorgee.

Die Regterlike Dienskommissie (RDK) het intussen Zondo se aanstelling verwelkom en sy gelukwense aan hom oorgedra.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het Zondo as die VF Plus se voorkeurkandidaat beskryf en is van mening dat hy “die beste kandidaat vir die pos was”.

“Regter Zondo het hom tydens die Zondo-kommissie bewys. Hy het diegene wat by korrupsie – ongeag van hul status – betrokke was, ontmasker en selfs gevra dat van hulle verder ondersoek moet word,” sê hy.

“Dit dui daarop dat hy polities onafhanklik dink, en dit is wat van ʼn hoofregter verwag word – dat hy sonder vrees of vooroordele beslissings en bevindings moet kan maak.”

John Steenhuisen, leier van die DA, het aan eNCA gesê dat Ramaphosa “ʼn veilige paar hande” gekies het met sy besluit om Zondo as die nuwe hoofregter aan te stel.

“Ek dink Zondo het ʼn goeie rekord dat hy geen vrees of guns toon in die stryd teen korrupsie en wanadministrasie nie,” sê Steenhuisen.

“Sy aanstelling sal daartoe bydra om vertroue in die regbank te herstel.”

Die ACDP meen dat Zondo hom goed van sy taak gekwyt het in die hantering van die Zondo-kommissie.

“Die posisie van hoofregter moet deur ʼn persoon beklee word wat uitgebreide kennis en begrip van die Grondwet het en wat ook komplekse sake by die Konstitusionele Hof hanteer het.”

Volgens dié party is dit egter nie alles net maanskyn en rose nie en Zondo sal in sy nuwe pos verskeie uitdagings die hoof moet bied.

“Die hoofregter sal talle uitdagings wat die regbank in die gesig staar moet hanteer om te verseker dat die oppergesag van die reg, asook die onafhanklikheid van die regbank, beskerm word.”

Die EFF is egter ontevrede met Zondo se nuwe rol en skryf dié aanstelling toe aan Zondo se verhouding met Ramaphosa.

“Zondo se strewe om ʼn hoofregter te wees, is vervul net as gevolg van sy lojale diens aan Ramaphosa en sy bondgenote,” sê die EFF.

“Die ergste van als is dat sy aanstelling ten koste van ʼn gekwalifiseerde, polities onafhanklike en geloofwaardige vrouekandidaat – Mandisa Maya, regter-president van die appèlhof – kom.”

Ramaphosa het vroeër gesê dat hy beplan om Maya vir die pos as adjunkhoofregter te benoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Dis interessant om te sien dat net diegene wat misdaad, moord en diefstal goedgesind is wat gekant is teen Regter Zondo se aantelling. Ek persoonlik dink Regter Zondo is die heel beste aanstelling wat die Pres kon doen.

Witbaard ·

Beste keuse, hoop net nie hulle maak hom ook korrup nie. Almal weet mos wat hulle sê van n gesonde appel tussen n klomp vrottes.

krodedil ·

Daar is nou nuwe vrees in die ANC kaders wat skuldig is aan korrupsie.

Corne123 ·

So ja jy nou in die stoel so begin nou die krimenele toesluit! Zuma esv al die hoe koppe wat se sake net sloer vat n maand verhoor hulle almal en begin toesluit die hele spul van hulle.

Grassie ·

So af en toe, maar baie selde, doen ou Sqirrel darem iets waarmee ek saamstem

Tokkel ·

Jy met jou treurige gesiggie op elke boodskap is seker deel vd kaders??

annie ·

Wanneer 10%-Malema die president word staan dit hom vry om ‘n hoofregter na sy smaak te kies. Die regters se haarsnitte en drag sal seker ook dan drasties moet verander. Mens sou wou hoop dat die hoofregter ‘n tekentjie sal dra dat hy darem uitgeken kan word anders word ‘n besem en emmer dalk in sy hand gestop vir cleaning joppies.

Misky ·

Sover het Zondo gewys hy staan nie vir Zuma se twak en storietjies nie. Sal graag wil sien wat hy nou gaan doen om daai skurk tot verantwoording te bring. Genoeg uitsteltaktiek – vonnis finaal en klaar, GROOT asb.

Swerwer ·

Baie geluk. Die stryd om homself te bewys as regverdige, eerlike Persoon soos hy geken word, lê nou voor en dit gaan nie ‘n maklike pad wees saam met die ANC Kader nie.

domheks ·

Hoop hy verwyder alle APPEL-aansoeke vir korrupsie! Dit is net ‘n uitstel taktiek. Handel asseblief alle sake van korrupsie vinnig af en eis ALLE GELDE terug!

Astrain ·

Beste keuse vd kort lys maar ek is maar ‘n wag en sien persoon…almal het mos deesdae ‘n prys…

Magda ·

En wie is bang, di wat so bla bla bla en ni sy aanstelling Aanvaar ni., soos di EFF. Hahaha haha. Lekker man lekker. Hoofregter Zondo haal hulle uit asb., en baie geluk.

Lourens ·

Mense.. die probleem is dat n politikus n regter aanstel. Dit deur n “president” wat nie deur die mense verkies was nie, maar gekies was deur n klein groepie hoofsaaklik korrupte “politieke” aanstellings. Nie net is die party stelsel die grootste bedreiging vir vryheid en meriete nie, maar ook vir reg en geregtigheid.
Mense is kortsigtig dat hulle net vasstaar teen die klein groepie Slegte opsies en dan gelukkig voel omdat die een ou gekies word wat blyk te wees teen Zuma.
Eintlik moet ons almal ontevrede wees want die aanstellings proses is gebrekkig..

ES ·

Lourens, ek is geneig om saam jou te stem. Die probleem is dat die aanstelling van die regterpresident in ons regstelsel ingebou is. Dit staan bekend as die Counter Majoritarian Dilemma. Ons het ‘n demokratiese regering, maar ons howe en regstel is onafhanklik vanaf die regering (veronderstel om te wees). Die regte proses sal wees as huidige regters demokraties stem vir ‘n volgende regterpresident in hul midde, en nie ons land se president nie. Die regsgeleerdes en regters is almal in ‘n posisie van kennis om te weet wie goeie en wie slegte kandidate is.

Genis ·

Ek wil eers kyk of enige wat in verslag uitkom, aan die pen gaan ry, voor ek op en af sal spring..

Eugene ·

n Mens sou dink dat regter Zondo geprys sou word vir sy bereidwilligheid om Zuma aan te vat. Die EFF dink egter anders.

Jr ·

Die EFF is net kwaad want hulle was ook aan die verkeerde kant van die man ‘n paar keer. Hoop hy trap jou tchank af in die howe. In elk geval EFF’ s julle is soos n boom in die woud as dit val wanneer niemand by is. Dit maak geraas maar niemand hoor dit. Het dit dan geraas gemaak?

Johann ·

Als goed en wel. Onthou net dat RAMPaposa GOED beheer gaan wil hê oor die “regs stelsel” om hom en sy makkers uit die ZONDO verslag se vervolging te hou.

JohanR ·

Sal seker jare en jare en jare wag voordat die EFF iets positiefs doen of se! Solidaritet en AfriForum doen, en praat positief en dis hoekom hulle vooruit boer.

Wondermaarnet ·

Tot Zondo vir CR uit die kussings lig en dan is hy spyt hy het hom aangestel lol.

Mammie ·

Een van die min goeie mense en hy verdien dit deur en deur. Mag hy geseen wees en die winde van verandering laat begin waai.

Blikkies ·

Kan iemand nie asseblief daai rooi berets net pap druk soos ‘n stompie nie. Altyd die grootste bekke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.