Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gaan strafregtelike klagtes indien teen die voormalige SAL-voorsitter, Dudu Myeni omdat sy die identiteit van ʼn geheime getuie in haar getuienis onthul het.
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie het Vrydag se verrigtinge by die kommissie begin deur te sê ná hy Myeni se redes oorweeg het waarom sy die identiteit onthul het, het hy opdrag gegee dat die saak dringend hanteer moet word.
“Me Dudu Myeni het ʼn paar weke gelede via ʼn videoskakel voor hierdie kommissie getuig en in die proses het sy die identiteit van ʼn getuie bekendgemaak, ʼn persoon wie se identiteit ek opdrag gegee het nie bekendgemaak mag word nie,” het Zondo gesê. “Sy moes gevolglik ʼn beëdigde verklaring by die kommissie indien waar sy haar gedrag verduidelik. Sedertdien het die regspan na haar verklaring gekyk, ek het daarna gekyk en die regspan opdrag gegee om die nodige dokumentasie voor te berei sodat strafregtelike aanklagte teen haar aanhangig kan word. Die polisie kan dan kragtens artikel 5 van die Wet op Kommissies of Regulasie 9 van die kommissie se regulasies optree.”
Zondo het gesê die proses word as dringend beskou.
Myeni het drie weke gelede getuig. Terwyl sy deur adv. Kate Hofmeyr ondervra is, het sy herhaaldelik gepoog om haar reg uit te oefen om stil te bly, maar sy het daarna die identiteit van die getuie, wat slegs as Mnr. X bekend gemaak is, onthul.
Die kommissie het ʼn bevel uitgereik dat die persoon se identiteit ʼn geheim moet bly vir veiligheidsredes ná hy getuienis ingedien het dat hy en Myeni miljoene rand op ʼn bedrieglike wyse van Mhlatuze Water bekom het, een van die nege waterrade wat verantwoordelik is vir grootmaat watervoorsiening reg oor Suid-Afrika.
Zondo het vroeër ook aangekondig die kommissie sal strafregtelike klagte teen oudpres. Jacob Zuma indien omdat hy ʼn sitting verlaat het sonder dat hy verskoon is. Zuma het uit die kommissie gestap toe Zondo sy aansoek, dat die voorsitter van die kommissie homself moet verskoon, van die hand gewys het.
Another arrogant and ignorant cadre who I cannot wait to wave off into jail. Will even supply her with a party pack for her 1st night in jail!
Wat gaan jy in die pakkie sit?
Dudu…
Voor ek vergeet. Onthou die Jamal.
Gaan iemand ooit tronk toe?
Wat ‘n sirkus!!!!
Hoekom gaan? Moes lankal gedoen gewees het .
Hierdie vrou is deel van ‘n besonders gevaarlike groep mense wie wet en orde minag. Hulle het geen respek vir SA nie. Ons moet sorg dat hulle die wet eerbiedig en dat hulle groepie tot insig en berou kom. Hou vas dat die Zondo kommissie hulle vasvat. Hulle is nie Suid Afrikaners nie.
As daar elke keer iemand werklik tronk toe gestuur is vir elke brief se uitreik sou ons parlement en bevolking baie leër gewees het. Wanneer gaan die mense leer dat hierdie kriminele hulle nie aan briewe en wette steur nie. Gaan haal hulle fisies en sluit hulle toe. Hou op tyd mors met briefies en soebat. GAAN HAAL HULLE!!!
Dudu….het vele betekenisse…
Uiteindelik begin regter Zondo optree soos iemand waarna geluister kan word. Hy moet nou net die daad by die woord voeg.
Ek sien Dudu se identikit wys nog op Centlec se lys van direkteure.
Nou weet Zuma ten minste nog waar om haar te sien.
Hy moes lankal sy gesag uitgeofen het maar nee draai hulle in watte toe
Mooi
Hoog tyd dat kriminele en bedrieërs vasgevat word. Probleem is daar is so baie van hulle.
Wonder wat Dudu se borg gaan wees? R200?