Zondo: Getuienis oor Eugene de Kock bevraagteken

Eugene de Kock

Die Nongqayi-trust wat ’n groot finansiële weldoener van die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en gevangene Eugene de Kock is, het ʼn ondersoek gelas na die korrektheid van getuienis verlede week voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping dat De Kock na sy vrylating geld van die Suid-Afrikaanse spioenasie-owerhede ontvang het.

Die getuienis, wat nie in besonderhede op die kwessie ingegaan het nie, het ingesluit dat De Kock R40 000 per maand van die Staatsekerheidsagentskap (SSA) ontvang sedert sy vrylating in 2015, en ook by ander geleenthede groot bedrae geld ontvang het.

Luidens ʼn mediaverklaring het die Nongqayi-trust die regsfirma Baartman en Du Plessis en Botha Rekenmeesters opdrag gegee om die korrektheid van die getuienis vas te stel.

De Kock het kennis gegee van sy volle samewerking.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Genis ·

Ai man, gaan Eugene nooit met rus gelaat word nie? Arme man

SwartBees ·

Hulle moes meer van die useless ANC kadawers aan skerwe geblaas het.

Tanniepetoors ·

Ek twyfel nie een oomblik dat die SSA Eugene de Kock maande lank ondervra en onderhou het na sy vrylating nie. Hulle het hom immers jare lank beskou as die mees gehate apartheids-laksman.

Dries ·

Vestaan ek dit verkeerd, was de Kock nie verbied om enige betrekking te beklee of om n inkomste te genereer nie. Dus moes hulle hom onderhou.

Hennie J ·

Die uiteinde van die berigte sal nogal insiggewend wees.

Tino ·

Jan van Riebeeck gaan ook seker nou geld ontvang het…

Interesant die vanne van die firmas wat nou vertrou word vir die bevetsiging van bewyse…

lollapot ·

Jy kan maar begin twyfel tannie! Daar is n groep weldoeners wat uit eie sak na Kol. De Kock omsien! Sover my kennis strek het hy nie n sent van die regering ontvang nie. As mense eers onder Mev X en Mev D begin getuie lewer, is daar n kinkel in die kabel…
Ek twyfel nie een oomblik dat R200, 000 bewillig was nie, maar ek sou graag wou weet tot WIE se voordeel?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.