Zondo is SA se nuwe hoofregter

Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Raymond Zondo, adjunkhoofregter en voorsitter van die kommissie van ondersoek na staatskaping, is Suid-Afrika se nuwe hoofregter.

Die presidensie het dié aankondiging Donderdagmiddag in ’n verklaring gemaak.

Luidens die verklaring sal pres. Cyril Ramaphosa vir Mandisa Maya, regter-president van die appèlhof, vir die pos as adjunkhoofregter benoem.

Zondo sal dié leisels op 1 April moet oorgee wanneer sy aanstelling as hoofregter in werking tree.

Pres. Cyril Ramaphosa het eindelik op Zondo besluit ná oorlegpleging met die Regterlike Dienskommissie (RDK) en die betrokke leiers van partye in die Nasionale Vergadering oor die vier moontlike kandidate wat vir oorweging van die pos as hoofregter voorgelê is.

Mandisa Maya (Foto: RSAJudiciary/Twitter)

Die president se kandidate was Zondo, Maya, Mbuyiseli Madlanga, regter van die Konstitusionele Hof, en Dunston Mlambo, regter-president van Gauteng.

“Die inklusiewe proses om die volgende hoofregter te kies, het nie net die waarde getoon wat Suid-Afrikaners aan die regbank heg nie, maar ook die diepte van ervaring en vermoë binne die senior geledere van die regbank,” sê Ramaphosa.

“Die posisie van hoofregter gaan gepaard met ’n groot verantwoordelikheid in ons demokrasie. Die hoofregter is as die hoof van die regbank ’n bewaker van ons Grondwet en die wette wat deur die vryverkose verteenwoordigers van die mense aanvaar is.

“Ek het alle vertroue dat regter Zondo met onderskeiding in hierdie posisie sal dien,” sê die president.

Mogoeng Mogoeng het tien jaar lank die land as hoofregter gedien voordat hy in Oktober die tuig neergelê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

melaney ·

Beste nuus van die dag !!!!! Baie geluk Hoofregter Zondo !!!!

Blomme ·

Dis ń verrassing. Hy was dan voorsitter van die kommissie wat die kaders se skelmstreke ontbloot het. Hulle hou mos nie van regverdige mense in top posisies nie.

Clifford ·

Kom ons kyk maar op watter voorwaardes hy verkies is. Hy is definiteif die regte persoon daarvoor, maar of hy daar is vir die regte redes is ‘n ander saak.

Shakespeare ·

Ek weet nie so mooi nie. Goeie nuus ? Kan daar na 27 jaar enige goeie nuus wees van die ANC ……of…….. is daar weer ‘n slang in die gras ?

Colin ·

Sal graag by al hierdie af duimpies wil hoor wie hulle nou eintlik voorstel? Dink nie daar is tans werklik enigiemand anders met genoeg ghoens om op te staan en erken dat staatskaping ‘n werklikheid is en name daarby te voeg nie.

Casper ·

Zuma het regter Mogoeng Mogoeng aangestel om hom en sy kaders te beskerm en toe doen die regter alles wat die regbank van hom verwag.Hy het vele van Zumpie se appélle van die hand gewys met koste.Hy het ook beveel dat Zuma sy eie regskoste moet betaal.Ek wil glo regter Zondo sal dieselfde wees,sal maar moet sien.

SlinkseKoljander ·

Hy was gekies want hy ken al die skandes en weet hoe om dit onder die mat in te vee, glo nie hy gaan enige verskil maak nie.

Samuel ·

Dit is nou werklik ‘n wyse besluit wat CR gemaak het.

Geluk aan Hoofregter Raymond Zondo.

Waarnemer ·

Baie geluk regter Zondo…ons vertrou net jy sal nie ook in die ANC se gierige kloue beland nie.

Anel ·

Wil nou nie rasisties wees nie, maar is daar nou regtig nie meer 1 blanke wat die werk dalk beter sou kon doen nie? Wat nie ‘n kader is nie? Wat nie omgekoop kan word nie? Wat onpartydig kan staan nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.