Zondo kan ‘gʼn samewerking meer van mý verwag’ – Zuma

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: ANA)

“Ek stel dit dus vooraf dat die kommissie na bewerings van staatskaping geen verdere samewerking van my in enige van sy toekomstige prosesse kan verwag nie. As dié stelling beskou word as ʼn skending van sy wetgewing, moet die reg sy gang gaan.”

Só het oudpres. Jacob Zuma Maandag uitgevaar nadat die Konstitusionele Hof verlede week beslis het hy móét voor die kommissie wat staatskaping ondersoek, verskyn.

“Ek vrees nie inhegtenisneming nie, ek vrees nie skuldigbevinding nie en ek vrees dit ook nie om opgesluit te word nie.”

Zuma sê hy het as jong man teen die apartheidsregering se onderdrukking van swart mense gestry en is tien jaar tronkstraf daarvoor opgelê.

“In al die jare van struggle het ek nie een keer gedink daar sal ʼn tyd wees dat ʼn demokratiese regering in Suid-Afrika, gegrond op grondwetlike waardes, nes die apartheidsregering sal optree nie deur ʼn wetlike proses te skep wat ontwerp is om spesifieke mense te teiken.

“Om dit te sien veroorsaak soveel meer pyn as jy besef dit is nou ʼn swart vryheidsregering wat op hierdie manier teen een van sy eie optree.”

Zuma voer aan hy is die teiken van propaganda, verguising en valse bewerings – en dit alles weens sy standpunt oor transformasie in Suid-Afrika en die ekonomie.

Hy voer aan die besluit van die land se hoogste hof om hom te dwing om voor die Zondo-kommissie van ondersoek te verskyn, is ʼn nabootsing van die kommissie se houding deurdat hy nou ook ʼn “spesiale en ander stel omstandighede geskep het wat spesifiek teenoor Zuma moet optree” deur die oudpresident se konstitusionele regte “op te skort en my heeltemal weerloos teen die kommissie te laat”.

Zuma voer aan die besluit roep herinneringe van die apartheidsregering op, wat spesifiek nuwe wetgewing ingespan het om teen die destydse PAC-leier Robert Sobukwe te gebruik.

“Die ooreenkoms is net te soortgelyk om te verontagsaam, gegewe dat Sobukwe spesifiek geteiken is vir sy ideologiese standpunt oor bevryding.”

Zuma sê hy het ná die “buitengewone en ongekende uitspraak” van die Konstitusionele Hof ʼn “oorweldigende aantal” boodskappe van steun van ANC-lede en ander lede van die publiek gekry.

Die oudpresident voer aan die besluit het wesenlik beteken dat hy, as private burger, nie meer kan verwag dat sy basiese grondwetlike regte beskerm word nie.

“Weens die golf boodskappe het ek besluit om in die openbaar my solidariteit te kenne te gee oor die gevoel en kommer wat geopper is oor ʼn duidelik verpolitiseerde gedeelte van die regbank wat ʼn dreigende grondwetlike krisis in die land inlui,” sê Zuma.

Zuma hou vol hy word anders behandel as die ander getuies wat tot dusver voor die kommissie onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo getuig het.

“Die voorsitter van die kommissie het ongevraagd spesiale mediakonferensies gehou om spesifieke aankondigings oor Zuma te maak. Dit het nog nooit met enige ander getuie gebeur nie.

“Onlangs het die kommissie na die Konstitusionele Hof gehardloop om my te dwing om die kommissieverrigtinge by te woon en antwoorde by die kommissie te verskaf. Dit ondermyn ʼn menigte van my grondwetlike regte, waaronder die reg op die vermoede van onskuld.”

Zuma voer aan hy het nog nooit gesê hy wil nie voor die kommissie verskyn nie – hy het bloot gesê hy kan nie voor Zondo verskyn nie omdat hy glo die kommissievoorsitter is bevooroordeeld teenoor hom en dat die twee ʼn “persoonlike geskiedenis” het.

Zuma het Zondo vroeër gevra om hom aan die saak te onttrek, ʼn aansoek wat die adjunkhoofregter van die hand gewys het. Zuma laat dié besluit nou hersien.

“Dit is duidelik dat die land se wette verpolitiseer word – selfs in die land se hoogste hof.”

Die oudpresident beweer boonop Zondo onderdruk en ignoreer bewerings teen die regbank en die regstelsel.

Zuma sê die woede teen hom ken geen perke nie en almal na aan hom, ook sy kinders, word geteiken en getreiter. Hulle bankrekeninge is onder meer bevries.

“Die regering en regstelsel hou hom blind vir dié en talle ander ongeregtighede bloot omdat dit Zuma teiken. Enigiemand wat die naam Zuma dra, geniet geen wetlike regte of beskerming in hierdie land nie; die groot agenda oor spesiale en ander wetgewing wat net vir Zuma geld, kan al hoe meer gesien word.

“Onder die omstandighede het ek geen ander keuse as om op te staan teen ongeregtigheid nie, nes ek teen die apartheidsregering gedoen het. Ek is weereens bereid om tronk toe te gaan om die grondwetlike regte waarvoor ek self baklei het, te verdedig en enige vonnis uit te dien wat hierdie demokraties verkose regering as gepas beskou as deel van die spesiale en verskillende wette vir die Zuma-agenda,” sê Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Jaco ·

Geen samewerking ,dit is hoe die land ook voel. Hoekom pak jy nie jou sakke en gaan bly in Rusland.

Pieter ·

Indien hy weier om voor Zondo te verskyn, kan hy in hegtenis geneem word en 6 maande tronkstraf kry. Daarna is hy vry…..

Rina ·

Daar is mos ander sake ook teen hom , dis nie die enigste een nie, laat hy dan al die straf gesamentlik uitdien aangesien hy nie bang is om tronk toe te gaan nie!

Heinrich ·

Dis nou die beste van hierdie slegte situasie maak! Kom ons hoop daar volg verdere offisiële aanklagtes uit die komissie!

Die Wolf ·

Nie so maklik as hy n opdrag van die konstitusionele hof verontagsaam nie. Hy sal sit totdat hy wil voorkom. Dit is maar net n manier om twyfel by die populasie te wek en om simpatie te kry by die wat ook baie het om te verloor. Tipies.

Madz ·

….en daar GOOI hy alweer die “apartheids”-kaart….. #GATVOL!

Pieter ·

EK wil baie dinge se aan die groot rasis en sy comrades, maar gaan nie. Al wat ek wel gaan se: “Mag Onse Vader jou vergewe.”

Hennie ·

‘n Verleentheid as ‘n mens en staatspresident…. Zumpie, tronk wag vir jou.

Cornel ·

Jy Zuma moes al lankal agter tralies gewees het….en hulle moet die skeutel weggooi. Jy is die arrogantste wat ek nog ooit gesien het

Cornel ·

Jy Zuma moes al lankal agter tralies gewees het….hulle moet die sleutel weggooi

tweeling ·

Die ou ding van ek het ook ‘n binneste, siestog. Jou verlede haal jou in en dit kom al ‘n lang pad saam. In die fliek Gladiator sê Maximus vir die keiser: Your time for honouring yourself is ending soon. Dit pas mooi op jou Zuma.

RS ·

As hy so arrogant is dan het hy verseker n plan om SA te verlaat.

Daizee ·

…….ek staan verstom!!!! Hierdie man glo in sy eie onskuld ten spyte van grondige bewyse soos ‘n 5-jarige wat kwaad gedoen het!!! Merkwaardig!!!!!!

Werner ·

Wel moet nou nie dat ou Zuma te lank wag nie gun hom nou sy wens en sluit hom toe.Dit is wat nou moet gebeur

Bennie ·

ai ai ai arme Zumie en sy apartheid kaart..raak regtig gai vol..

Casper ·

Indien hy tronk toe gaan sal dit vir minagting van die hof wees.Hy sal dan nie vry wees nie.Hy sal nog voor die kommisie moet getuig maar hy is skyt bang want hy weet hy is skuldig.Nou speel hy die arme verontregte zumpie.Almal wat voor die kommisie getuig word dieselfde behandel.Kom zumpie gaan getuig laat jou oranje pakkie solank gemaak kan word.Hulle gaan baie materiaal benodig

gatgogga ·

Ek dink Ramaphosa kan nooit toelaat dat Zuma in die openbaar getuig nie. Te veel risiko ver Ramaphosa self.
Dieselfde geld in die geval van Ace.
Sal interessant wees om te sien hoe Ramaphosa hierdie sake onder die mantels hou.

Jack ·

Zuma gaan ewe skielik ‘n lewensgevaarlike siekte opdoen wat baie aansteeklik is. Hy sal in eensame afsondering versorg word totdat hy weer gesond is en sonder gevaar vrygelaat kan word. Daardie dag sal natuurlik nooit aanbreek nie.

Oujongvrou ·

Psigopaat in oortreffende trap. En ons sit met miljoene van dit hier. Ek weet nie, ek het dit nie gesien nie, ek het vergeet, dis die mantra van psigopate.

Lee ·

Gaap! Dieselfde ou storie. Hy sal aanhou met sy streke. Hy sal nóóit tot verantwoording gebring word nie. Dis net ‘n gemors van nog geld

JohanR ·

Agh asseblief tog! Kan ons hulp om die oranje aan te trek, en dan jou redelik gemaklik in ‘n sel te maak? Nege jaar van jou. Sal jou nie eers mis in die tronk nie!

gatgogga ·

Voorheen was hy teen die Apartheidsregering.
Nou is hy teen die Krimineelregering.

Michael ·

Mense moenie opgewonde raak nie. Zuma sal niks oorkom nie. Sy comrades sal dit nie waag om hom in hegtenis te neem nie.

Emma ·

Toe di Zuma naam vi hom voordelig was….geld…roem…maak soos jy smaak…, toe smile hy breed. Nou is di Zuma naam ni meer vi hom reg ni…. Siestog…wiel draai né

Baardman ·

Welkom in die wereld van die gewone burger. Nou gaan jy pak kry met dieselfde lat wat jy gesny het

Truthful ·

Laat hom na Rusland gaan Cuba ..hulle was goed vir anc destyds..hy is al oud..laat hom daar gaan aftree

Chris ·

Sing, dans en lag ‘n bietjie vir ons toe. Jy het geniet om dit te doen toe jy deur die opposisie in die parlement en media gewaarsku is. As jy so onskuldig is hoekom is jy bang om te getuig?

Johann ·

Agge siestog shame. Arme Zumpi…hyt net goed gedink en gedoen in sy lewe…VIR HOMSELF EN SY KADERS!

Jacobus ·

As die man so tegemoetkomend is, gee hom sy sin en sluit hom toe.
Of, help hom ‘n tas pak en reguit Rusland toe, geen stopover in Dubai of Indië.

Samuel ·

Oud President Zuma is uiters arrogant, maar ek glo ons almal weet hy sal nie in die tronk beland nie. Nie nou nie en ook nie oor tien jaar nie.

Jack ·

Ek hoop jy is verkeerd. Niks persoonlik nie, dis net dat kwaaddoeners gestraf moet word. Sonder aansiens der persoons.

Suzette ·

Wonder wat het apartheid enigsins uit te waai met sy korrupte en skelm doen en late. As jy vrot is tot op die been help dit regtig nie om iemand / iets anders die skuld te gee nie….
So wat gaan nou gebeur? Ses maande is nie genoeg vir ‘n skelm van die kaliber nie…..

Jack ·

“die kommissie na bewerings van staatskaping geen verdere samewerking van my in enige van sy toekomstige prosesse kan verwag nie.”

Gelukkig kan hulle ook nie minder verwag nie want tot dusver was daar nog GEEN samewerking van Zuma se kant nie.

Slegs mense wat skuldig is en bang is dat die waarheid sal uitkom tree op soos Zuma optree.

ES ·

Die nuwe demokratiese regering is gemik op spesifieke teikens – die kriminele teikens. Moenie nou dink omdat jy ‘n “struggle-held” is dat almal anderpad gaan kyk vir al jou bedrog en korrupsie nie.

Anti-Verkramp ·

Ek dink ons kan nou reeds met redelike sekerheid voorspel dat hy meer dae op mediese parool gaan deurbring as in die tronk.

Jacob ·

Hoor my lied. Daar gaan niks met Zum gebeur nie. Sy maatjies gaan vir hom sorg. Hy is so glibberig soos n jellyvis.Jy kan die skelm streek in sy bakkies lees.

Elize ·

Playing the victim. Gaan maar terug waar jy vandaan kom mnr Zuma. Jammer Robbeneiland is nou toe.

Herman ·

Is verheug om te hoor Zuma het homself darem bereid verklaar dat die reg sy gang moet gaan…

Wielspore ·

Omdat hy ‘n sogenaamde vryheidsvegter is dink hy hy is gevrywaar van lands wette, dit gaan alles oor mag en die behoud daarvan. Na my mening het Zumu homself skuldig gemaak aan heelwat oortredings en hy verdien om tronk toe te gaan.

Kenny ·

Toe jy in die tronk was sou jy nie probeer ontsnap het nie want dan was jy uitgemaak as ‘n lafhard kan jy onthou wat julle ooreenkoms was
En nou wil jy ontsnap dan is jy mos nou ‘n lafhard dan kan jy mos al daardie tyd land toe geswem het

James ·

Ek het so n spesmaas dat Zuma n Shabir Shaik gekombineer met n Gupta truuk gaan probeer speel. Eers baie siek en dat hy dringende mediese hulp moet kry. Vliegtuig na Rusland via Dubai. En siedaar! Die Guptas ontmoet hom op die lughawe en hy word lekker getrakteer in die Burj Al Arab Hotel waarna die geselskap vertrek na Zuma se nuwe paleisagtige woning wat oor die kus in Dubai uitkyk. Tata S.A. , ek was weereens te slim vir julle!

dada ·

Gooi hom in die tronk. Sal die perfekte Valentyngsgeskenk wees!

Adrie ·

Nou hoekom gaan hy so te kere…. seker omdat hy weet hy is skuldig….

pestilensie ·

Wettelike proses teen spesifieke mense , interessant . Is dit nie maar presies wat regstellende oftewel BEE is nie . Maar dit pas hom goed . Feit is wette teen diefstal is ook teen spesifieke mense . Diewe

Jackie ·

Soos n glibberige nat slang probeer hy alweer homself loswikkel uit die oorweldigende en verdoemende getuienis teen sy misdadigheid loswikkel. Sal nooit enige skuld erken. Die wet moet sy gang gaan, maar die huidige ANC regering is self te skuldig en papbroekig om die wet toe te pas.

Genis ·

Daar is n rede hoekom julle in die tronk was JZ… en hoe julle SA verniel is n bewys, dat jul daar moes gebly het… een keer n skelm altyd een…

Francois ·

En net so gaan Zuma wegkom met moord. Sy kaders sal hom beskerm

Pieter ·

As hierdie hele situasie / en die woorde hier nie net weereens ‘n bewys is van hoe verrot ons hele sisteem is nie, dan weet ek nie meer nie…
As die sisteem reg werk, sal ons al lankal agter alles gewees het en soos dinge vir my lyk, baie mense (en ek bedoen BAIE) agter tralies gesit het. Miskien sommer ‘n hele Provinsie grote tronk as jy my vra…

Casper ·

Ek lees die kommentare en stem heelhartig saam.Ek wil net vra.Was daar ‘n wysiging van Art 25 van die grondwet voorgestel wat onteiening sonder vergoeding moontlik maak onder Zuma se leierskap.Ek kan nie so iets onthou nie.

Jenny ·

Ag gooi tog net die ou skelm in die tronk en gooi weg die sleutel asseblief!

Piet ·

Siestog, en nou sit die groot kat vir die bewende, lafhartige muis met die groot mond en kyk. Kry vir jou. Zuma sal nie toegesluit word nie want hy sal te siek wees. Hy moet nog net besluit watter siekte , wat erg genoeg klink, hom gaan oorval.

Sê maar net ·

Geen woord oor wat hy en sy kinders verkeerd gedoen het nie…..siestog, so jammer vir homself. Wil en sal nie verantwoordelikheid vir sy eie dade vat nie. Jou dag sal kom Zuma. Op aarde of daarbó, God slaap nie.

Leon ·

Ek dink nie die “Gupta/Indië/Ruslandtriek” gaan werk nie. Daardie was almal valsvriende wat net gehou het solank hy iets werd was. Nou is hy soos ‘n ou uitgewasde waslap: niks werd nie, geen vriende

Casper ·

Ag genade tog,as hulle wel die man toesluit en die sleutel weggooi hoe gaan die ander “inmates” kos kry.Hou julle kommentaar realities en uitvoerbaar.

At ·

Ou Stortkop, hoor Alice in Wonderland wil jou ook nie asiel gee? Jou turf gaan sit hier in Mzansi meneer.

Inkpot ·

Die ou glibberig het in elk geval nog nooit sy samewerking gegee nie.
Hy gaan landuit vlug en dit gaan nie voortydig gestop word nie.

jzjz05 ·

In alle geval hy het sy helle lewe nog nooit saam gewerk nie,dit is nie snaaks dat hy dit nou ook eers dit uitvind nie hy kon daardie bladsy nie kry nie.Hy en sy volgelinge is ook nie eens skaam dat hulle n helle land deur getrek het nie,inteendeel hy glo hy is n Hero,AG EN DIE RASSEKAART drae nie meer geloofwaardigheid nie,Ek glo die “Holiday Inn”hou plek vir hom.

Mariana ·

Nee hy is nie bang nie……..nou hoekom skerm hy weg van die kommissie. Hoekom wil hy nie vra beantwoord nie. Nee hy moet betaal vir sy dade teen die land en sy mense……maar sal beskerm word deur ANC. Hy weet te veel…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.