Zondo kap Sisulu oor meningstuk

Lindiwe Sisulu. (Foto: @DWS_RSA
/Twitter)

Die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se meningstuk oor die Suid-Afrikaanse regstelsel is ’n aanval op alle swart regters.

Só het waarnemende regter Raymond Zondo Woensdagmiddag tydens ’n aanlyn mediakonferensie gesê. Zondo het gereageer op Sisulu se meningstuk wat verlede Vrydag op Independent Online gepubliseer is. In dié meningstuk het sy aangevoer die oppergesag van die reg dien nie Afrika-waardes en -belange nie.

Zondo het Sisulu se mening as “ongegrond” beskryf en gesê dit is heeltemal “ongevraagd”.

“Ons as die regbank het nog nooit gesê dat ons nie gekritiseer mag word nie. Ons aanvaar dat ons gekritiseer mag word, maar dit moet regverdig wees en moet behoorlike feitelike basis hê,” het Zondo gesê.

“Dit is ʼn belediging vir die regters van die Konstitusionele Hof, regters van die hoogste hof van appèl, dié in die hoërhowe en alle Afrika-regters. Die meningstuk is deurspek van beledigings, maar daar is geen stawing van menings met feite nie. Ek glo nie Sisulu het enige feite nie.”

Zondo het gesê dit is veral betreurenswaardig dat hierdie beledigings van ’n senior lid van die ANC, parlement en die uitvoerende gesag gekom het.

Die DA het ʼn beroep op pres. Cyril Ramaphosa gedoen om Sisulu opdrag te gee om die meningstuk terug te trek en ʼn openbare verskoning uit te reik vir die ondermyning van die regbank en die belediging van die integriteit daarvan. Volgens die party het Sisulu ʼn parlementêre gedragskode oortree.

Volgens die DA-leier John Steenhuisen het Ramaphosa – selfs al is geen formele bevinding van oortreding op Sisulu se uitlatings gemaak nie – ʼn verpligting om openbare vertroue in die grondwetlike integriteit van ander vertakkings van die regering te beskerm.

Die DA het verder ʼn beroep op die minister gedoen om voor die parlement se etiekkomitee te verskyn waar sy gevra sal word om te verduidelik hoe sy, as ʼn parlementslid, haar aanval op die regbank met die parlementêre gedragskode versoen.

“Hierdie kode bepaal onder meer dat lede ‘ten alle tye optree in ooreenstemming met die openbare vertroue wat in hulle geplaas word’. Dit eis ook van lede dat hulle ‘hul verpligtinge ingevolge die Grondwet teenoor die parlement en die breë publiek nakom deur die openbare belang bo hul eie belange te plaas’ en dat hulle ‘openbare vertroue en vertroue in die integriteit van die parlement moet skep, en sodoende die respek en vertroue wat die samelewing in die parlement as verteenwoordigende instelling moet hê’,” sê Steenhuisen.

“As ʼn sittende lid van die nasionale hoofbestuur, het Sisulu eerstens die uitvoerende etiese kode oortree deur gedrag wat strydig is met haar rol as ʼn kabinetsminister, en verder die beginsel van skeiding van magte tussen die uitvoerende gesag en regbank oortree deur te insinueer dat lede van die regbank die wet verkeerd interpreteer om gevestigde agendas na te streef.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Shakespeare ·

Ek weet nie wat kader Sisulu gesê het in die skrywe nie maar ek persoonlik dink daar is R400m gemors want daar gaan niks van kom nie. Krimineel bandiet Zuma gaan nog n enorme staatsbegrafnis ook kry en voor dit nie n enkele dag in die tronk wees nie.

Perdeby ·

Sy was beledegend teenoor die Regsbank gewees, en ja dit was toe taal en al onvanpas wat sy gesê het.

My siening ·

Sy is n zuma gesant, heks in die kinderboeke, en Cyrel sê nie n woord nie shame, ou bang gat!

Casper ·

Was sy nie by water en sanitasie ook die minister wat die Kubane ingevoer het nie.Vrotsig verby.Oral waar sy gaan verander dinge in ‘n fiasko.

Hannes ·

Dit gaan my verstand te bowe dat die mense wat vir “equal rights” baklei het voel hulle verdien ‘n ander stel reëls wat hulle pas. Haar definisie van “Afrika-waardes en-belange” kan seker net beteken “ All animals are equal, but some animals are more equal than others.”

KB ·

Sy is te belangrik vir haarself. ʼn Regte “make-up” model…en dan is haar tong ook meer los as wat goed is.
“Die ligte is aan, maar daar’s niemand tuis nie”, beskryf haar goed.
Dis tyd dat sy in die bek geruk word.

Frank ·

Sizulu moet afgedank word. Sy kon nog in geen posisie wat sy beklee het enigiets reg of konstruktiefs doen nie.

Alfred E Neuman ·

Die ding moet ontslaan word. Sy is n verleentheid vir die mensdom.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

“‘It takes a village to raise a child’ is a proverb that means that an entire community of people must provide for and interact positively with children for those children to experience and grow in a safe and healthy environment.” – Wikipedia.
Dit verg ‘n nasie om kinders groot te maak in ‘n waardestelsel gebaseer op ware demokrasie. Suid-Afrika is nog in sy kinderskoene betreffende demokrasie. Daarom die nodigheid om aktiewe aktiviste vir demokrasie te wees anders sal die kommuniste en tradisionele “leiers” regeer.

Kobus ·

Ons agbare ministers wat nie hulle werk doen nie raak sulke twak kwyt om as weerligafleier van hulle onbevoegdhede te dien. Sy weet sy is nie daar omdat sy bevoeg is nie. Wil CR nie die kaders begin uitskud nie?

tweeling ·

Ek stem as Cyril sy sout werd is sal hy haar afdank, maar sy is ‘n kader so sal nie gebeur nie. Sy is terloops ‘n GROOT stortkop ondersteuner nog ‘n rede hoekom sy die regstelsel aanval

Marius ·

As minister behoort sy die regstelsel en die grondwet te ondersteun, nie af te kraak nie. Dan as ministers van toerisme is dit heeltemal buite haar area van verantwoordelikheid om enigiets te sê oor die regters of die grondwet. Sy moet haar dalk eerder bepaal by toerisme.

Andries ·

Sisulu het ook gevra hoekom is daar nog so baie armmoede onder die huidige konstitusie. Sy sê dit werk nie want daar is nog te veel armmoede. Huh??? Hoe dink sy moet ‘n konstitusie werk met soveel vergrype in die regering en kaderontplooiing. My eie ma het al meer vir mense van ons land gedoen en beteken as die vrou. Daar is ‘n boek wat ek op skool gelees het, Animal Farm, wat presies wat nou besig is om te gebeur uitspel. Hulle wil die reëls (konstitusie) verander en dit kan net op chaos uitloop.
“All are equal but some are more equal” is nou nie juis wat ek in gedagte het vir ons land nie.

Misky ·

Sy moet vir eens en altyd ordentlik in die bek geruk word en haar begin bepaal by haar werk – wat sy nie doen nie.

Kokerboom ·

Daar is ‘n Engelse gesegde wat lui: Dis beter om stil te bly en mense te laat dink jy is ‘n swaap as om te praat en ALLE twyfel uit die weg te ruim!Hoop die dame op haar planeet van verhewendheid sal dit eendag besef!

Cobus ·

Die klere war sy dra, die lang reguit gemaakte hare die juwele en grimering. Alles Westers!
Waarom dra die wyf nie stertriem met modder besmering aan haar bakkies en hout versierings vir juwele nie dan verteenwoordig sy mos haar Afrika tradisies?
Sy skaam haar vrek vir wat sy is en hoe sy lyk daarom steek sy dit weg agter Westerse uitvindsels en produkte. Ek glo sy gebruik seker ook Westerse parfuum om die stank te verbloem.

gatgogga ·

As ons ‘n president gehad het, sou hy die sweep geklap het, en nie vir Zondo gelos het om self vir ons demokrasie in die bresse te tree nie.
Maar ons Cyril kan nie uit sy sluimer gewek word nie. Hy laat die RET kriminele toe om te konsolideer en mobiliseer, reg onder sy neus, en die dag as hy uiteindelik uit sy hibernasie skrik, dan is die slag al gelewer.

Samuel ·

CR gaan seker nie teen Sisulu optree nie. Sy is deel van die ANC adel.

Michael ·

Ek weet nou nie wat dit beteken vir regters om Afrikawaaardes en regte te dien nie, maar dis duidelik die meeste regters dien ook nie die gewone bevolking nie. Wie die meeste van hul wel dien is hul meester die ANC. Daar was al soveel dubbelstandaarduitsprake in ons howe dat ek verstom is dat die kommentare hier almal so eendragtig die regbank verdedig terwyl dit tot in sy wese korrup is

Ansie ·

Ek dink eerder dis Sisulu wat nie SA-waardes en belange dien nie. Sy dien ook net haar eie belange en die van haar vriende en mede-kaders. Kan nie verstaan waarom Ramaphosa haar nie lankal onder haar jis geskop het nie.

Jr ·

Tipiese cANCer kader taktieke. As jy stemme vir jou beoogde president veldtog wil kry gebruik die wit mense, apartheid, coloniasm en white capital monopoly. It’s a black card called the ACE OF RACE card. You ma “damn” are not one of the sharpest pencils in the pack. As your travels through every govt dept there is., and your poor performance in EACH & EVERYONE OF THEM FACTUALLY SHOWS. You think you are somebody but all you do is ride on your family name. Wat het jy vir jou mense gedoen huh, huh??

Raadsman ·

Dit gebeur wanneer terroriste deel is van die regering en so onnosel om sulke boodskappe die wereld in te stuur dat jy as lidmaat van die land se regering nie jou land se regbank respekteer nie. Wat ‘n pateet.

My siening ·

Dit is die mense wat die land lei in die afgrond in AFRICAN NATIONAL CRIMINALS, Mnr Zondo kap haar sy is arrogant soos Zuma buddies!

Janice ·

Sisulu moet liewers oorloop na haar EFF maatjies toe. Gedress van top to toe in ontwerpersklere, maar wil haar mond uitspoel oor Afrika. Tannie, trek so ‘n bietjie ‘n Pep boetiek rok aan en kom af aarde toe.

christo ·

Die staat en dus ook die regering, waarvan Lindiwe Sisulu as minister is, steur hulle lankal nie meer aan hofuitsprake nie. Ek wonder net watter faksie in die ANC ondersteun sy? Ramaphosa het in elk geval nie beheer oor die ANC nie, nog minder die regering.

Elize ·

LOL……. dink sy regtig ons verstaan nie waaroor dit eintlik gaan nie….

Mariana ·

Stel geensins belang in haar opinies van enigiets jie. Ook net nog ‘n onbevoegde minister.

Jr ·

Nou is daar bewyse van plagiarism met haar toespraak en haar spokespersoon sê mense wat haar aanvat vir dit is “stupid”. Takes one to recognize one ek neem aan. Daar is net nie einde aan hierdie mense. Africa die Africa daai maar plagiarism nie eers n swart man maar n witman. Plagiarism is punishable at a university with kicking you out. Soos ek gesê nie die skerpste potlood in die pakkie

Pieter ·

En sekerlik, soos gewoonlik, geen disspilinêre optrede nie…….?

Jr ·

Kan nie verstaan hoe sy beledegings kan rond gooi maar as judge Zondo terugkap, dan het sy en haar eff’ing choms baie te sê. Regte missies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.