Zondo-kommissie: ‘Ace hoort in die tronk’

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ace Magashule is nie geskik om ʼn amp te beklee nie en hy hoort in ʼn tronksel.

Só het Mxolisi Dukwana, voormalige LUR vir ekonomiese ontwikkeling in die Vrystaat, gister aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.

Dukwana meen Magashule is nie geskik om sekretaris-generaal van die ANC te wees nie. Volgens Dukwana het Magashule bedrog en geldwassery gepleeg deur geld wat hy ontvang het deur sy betrokkenheid by die Vrystaatse asbes-ouditkontrak.

Daar is onder meer getuig dat Magashule die sakeman Ignatius “Igo” Mpambani opdrag gegee het om verskeie betalings aan ʼn aantal individue te maak. Volgens Dukwana het Magashule sy persoonlike assistent en nog ʼn personeellid in sy kantoor opdrag gegee om betalings van Mpambani via e-pos te versoek.

Mpambani was in ʼn onderneming saam met ʼn ander sakeman, Edwin Sodi, en het die kontrak van R255 miljoen gekry om behuisingseenhede wat voor 1994 met asbesdakke in die Vrystaat gebou is te beoordeel en te oudit. Volgens Dukwana was die projek nooit op tender nie en het twee maatskappye, Blackhead Consulting en Mpambani se maatskappy Diamond Hill Trading, altesaam R255 miljoen gekry wat in paaiemente deur die Vrystaatse regering tussen 2014 en 2016 betaal is.

Mxolisi Dukwana by die Zondo-kommissie. Foto:
Nokuthula Mbatha/African News Agency(ANA)

Volgens Dukwana is die R255 miljoen betaal al is daar tot vandag toe geen asbesdakke verwyder nie. Mpambani is in Junie 2017 in Sandton doodgeskiet.

Dukwana het aangevoer die asbes-oudit was eintlik ʼn asbesprojek-kaping. “Dit was nie net magsmisbruik nie, maar bedrog en geldwassery deur Magashule.

“Soos ek al voorheen gesê het, is ʼn stelsel van ondermynende bestuur in die Vrystaat ontwikkel … abnormale dinge het gebeur. Hierdie betalings wat die premier versoek het … dit is belaglik.”

Dukwana het gesê die oudit en beoordeling kon gratis deur plaaslike raadslede gedoen word. Hy het bygevoeg dat Magashule in die tronk moet wees weens beweerde korrupsie.

“Die asbes is nie verwyder nie, maar tog is R255 miljoen weg. Ek nooi die kommissie uit om die provinsiale hoof van behuising, die finansiële hoof, die hoof van die voorsieningsketting en die LUR vir behuising van destyds te ondersoek en te dagvaar om voor die kommissie te verskyn. Die destydse hoof van die tesourie moet ook ʼn paar verduidelikings verskaf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

jean ·

Almal weet wie en wat hy is….en tog loop hy steeds met ‘n “smile” op sy gesig…… Tronk toe sal hy gewis nie…

aj ·

Hoe langer hy buite die tronk rondloop hoe meer “ongelukke” gaan gebeur! Om getuies te elimineer!

jakes ·

Ace beklee die tweede belangrikste pos in die ANC naas CR terwyl hy die grootste skurk is in die ANC. Wat kommerwekkend is, is die feit dat hy belangrike besluite neem en as n held beskou word deur sy volgelinge. Hy sal nooit tronk toe gaan nie en waarskynlik is die Zondo kommisie n klug. Van strafregterlike vervolging sal dadels kom.

koos ·

emily, hoe stem ek saam met jou, MAAR die realiteit is dat hulle nie een dag in die tronk deur gaan bring nie. Die politieke wil om dit deur te voer is net nie daar nie!
As ons regering korupsie as ernstig beskou het sou daar hofsake oor Nkandla, VBS, Eskom, Denel, SAL, Waterkloof landing ens. gewees het. Al wat gebeur is dat die, meestal onskuldige, junior klerke die val moet vat. (Dink hier aan Lt.Kol. Anderson oor die Waterkloof landing en die 2 polisie lede wat gemerk was om die blaam te vat vir ongemagtige aankope van forensiese ligte)

Hannetjie ·

‘snitches get stitches’ so al wat gaan gebeur is…mense gaan dood gemaak word.En die skuldiges leef lekker in weelde

Stiks ·

Hy moet lewenslank kry en verwyder word uit die samelewing!

Tammy ·

En Cyril Ramaphosa dink hy is die beste kanidaat vir sekretaris-generaal van die ANC wat tans Suid Afrika regeer. Moet daar nie NOG BAIE vrae gevra word nie???????????????????

skurweberg ·

Miskien glo Cyril ook daaraan dat jy ‘n man genoeg tou moet gee om homself te hang. Dit werk elke keer.

Tappies Smit ·

Ai…ek kry so lekker, want nou eet hond vir hond…BHWAHAHAHAHA!!!

JohanR ·

Nee man! Nou word daar darem te veel gevra. Ons almal weet ANC’s GAAN NOOIT tronk toe nie! In 25 jaar net twee naamlik Tony Yengeni en John Block, en daar was al soe baie wat die binnekant van ‘n tronk moes al gesien het.

Koos B ·

Julle moet julle skaam mens mag nie iets sleg van die toekomstige president praat nie .

ap ·

My blik… hoe het hulle dit uitgewerk , hy is net nog n held uit die verlede , soos zuma , en al sy trawante

Maljan ·

Ace Magashule, nes Julius Malema, Jacob Zuma en David Mabuza weet te veel van ” the powers that be” om ooit tot verantwoording geroep te word.

Pottie ·

Ai maar dit gaan lekker met ons belasting geld en die beste van als is ons los hulle dat hulle maar net aan hou plunder sal nooit wakker skrik nie

Gert van Wierdapark ·

Dis tyd dat die Ace mater se Ys gesmelt word. As waarskynlike stoker van verskeie soustreine, moet die remme opgetrek word, sodat hy sy Oranje Kleertjies kan aantrek vir n dekade of drie! Finish en Klaar!

Pottie ·

Laat al die buitelande wat die anc ondersteun het hulle kom haal asb ek sal help betaal om hulle daar te kry

Slagyster ·

Ek hoop Mxolisi kan vinnig hardloop en dat hy ‘n goeie wegkruipplek het. Hy behoort ook sy voertuig baie goed wegsteek.

Santie ·

Al hardloop ‘n leuen hoé snel, die waarheid agterhaal hom wél.
Moenie van Afriforum en Gerrie Nel vergeet nie. As die staat hom nie vervolg nie, sal hulle wel werk daarvan maak. Die wiele draai stadig maar verseker. Ace sal goed lyk in oranje,

GP ·

Wat het al gebeur van enigiets wat uit hierdie kommissie kom, en hoeveel kos dit al? Net nog ‘n vermorsing van geld.

Hanlie ·

Hoeveel kommissies is tans aan die gang en niks konkreets het al gebeur met almal wat beskuldig is en steeds beskuldig word nie. En ons belastingbetalers betaal maar steeds voort. Ek glo nie iets gaan hiervan word nie, hulle almal is te korrup.

Pottie ·

Die slim anc is besig om hulle self te hang slim vang sy baas hulle dink nou soos ou bob daar is mos n masjien wat geld druk

Suzette Geringer ·

So wanneer word daar nou opgetree teen al hierdie skuldiges??????????????????

Pottie ·

Nooit jy praat van die anc hulle het die regstelsel ook gekaap

Foxi ·

Ek sal nie bekommerd oor hom wees nie. Die tou word al korter en stywer getrek. Gee kans………

Andrea van Vuren ·

Hoekom boesem Ace soveel vrees in? Hoeveel mense het hy al afgepers? Is die OP ook onder hulle?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.