Zondo-kommissie hervat werksaamhede

Adjunkhoofregter Raymond Zondo (Foto: ANA)

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping hervat sy werksaamhede Maandag nadat die kommissie se sittings vroeër vanjaar verhinder is deur die instel van die algehele afsondering.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, het in ’n verklaring gesê die kommissie sit sy werksaamhede Maandag omstreeks 10:00 voort wanneer hy getuienis rakende beweerde korrupsie by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) sal aanhoor.

Luidens die verklaring sal Popo Molefe, voormalige voorsitter van die Prasa-raad, en Martha Ngoye, hoof van Prasa se regsafdeling, na verwagting volgende week voor die kommissie getuig.

’n Eiendomsagtent en ’n prokureur sal ook as getuies geroep word, het Stemela gesê.

Maroela Media het vroeër berig adjunkhoofregter Raymond Zondo het gesê die kommissie wil so gou as moontlik van oudpres. Jacob Zuma hoor wanneer hy ondersoek en openbare verhore sal hervat.

“Ons wil graag hê dat hy getuienis voor die kommissie moet lewer,” het Zondo vroeër vandeesmaand gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Marius ·

Nog mors van geld doen 1 ding en maak klaar laat ons kan sien julle beteken iets

Pieter ·

Zondo, slaap rustig voort en skep maar tydens die sonde proses, terwyl ‘n 2de staatskaping met sigaretsmokkelaars voor jou oë plaasvind. Die probleem lê nie by die Guptas en Mazotties wat julle kaap nie, maar by die ANC wat dit toelaat op grond van hebsug, gierigheid en mag. Jou kommissie is ‘n mors van geld en tyd, dit het soos ‘n goedkoop TV sepie geword.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Gaan al die korrupsie op munisipale vlak sedert 1994 ook ondersoek word?

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

En terwyl die kriminele regstelsel sy voete so sleep om korrupsie tot op munisipale vlak dringend en daadwerklik aan te spreek, waai die wind van tyd die papier voetspore van die kriminele die ewigheid in. Intussen sterf die ouer kriminele garde kaders buite die tronke in weelde! The Rule of Law is ‘n klug in die ANC se National Democratic Animal Poverty Farm.

marius ·

So betekenisvol soos ‘ n duikpak in die middel van die Sahara .

BoerSonderRoer ·

Werksaamhede? Het hulle al enige iets gedoen of maak hulle nogsteeds net notas?

Prikkie ·

Wie is al in hegtenis geneem as gevolg van die kommissie se “werksaamhede”?

Cherokee ·

Zuma sal gevra word wanneer hy weer sal getuig. Word die beskuldigdes dus gevra wanneer hulle bereid is om te getuig? Die gehoor is nie nuuskierig oor wanneer die vertoning hervat word nie. Eerder oor wat daaromtrent gedoen gaan word.

Genis ·

Hulle geld is sekerlik klaar… shame… so word niemeand gearisteer nie… dis een lanngggg…Imbuzo…

Scalla ·

tot op hede nog geen suksesvolle resultate tov vervolging nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.