Zondo-kommissie ‘moet Zuma dagvaar’

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. (Foto: AP)

Die DA het ʼn beroep op die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gedoen om sy dagvaardingsmag in te span om te verseker dat oudpres. Jacob Zuma verantwoordbaar gehou word.

Zuma, wat verlede Maandag sy getuienis voor die Zondo-kommissie moes voortsit, se regspan het verlede week laat weet dat hy te “siek” is om die verhore by te woon. Die Jacob Zuma-stigting het einde verlede week in ʼn verklaring gesê Zuma was ʼn week lank in ʼn Durbanse hospitaal. Die aard en omvang van sy siekte is nie bekend gemaak nie.

Adv. Glynnis Breytenbach, die DA se skaduminister van justisie, het gesê hoewel niemand die reg het om die gesondheidstoestand van enige persoon as ongeldig uit te maak nie, is die werklikheid dat Zuma al vir jare verantwoordbaarheid ontduik.

“Die Zondo-kommissie moet dus verseker dat Zuma voor hom verskyn om kritieke vrae te antwoord oor sy rol in staatskaping.”

Breytenbach meen Zuma maak van taktieke gebruik sodat hy nie vrae hoef te antwoord nie.

“Die Zondo-kommissie is op die been gebring om vir Suid-Afrikaners antwoorde te gee. Die bevindings van die kommissie kan moontlik daartoe lei dat tientalle vervolgings begin word.

“Die kommissie se werk is te belangrik om deur ’n voormalige president gyselaar gehou te word.” Volgens Breytenbach moes Zuma volgens alle aanduidings reeds jare terug skuldig bevind en tronkstraf opgelê geword het vir beweerde finansiële misdade.

Zuma het in Julie vanjaar vir die eerste keer voor die kommissie getuig. Hy het hom destyds eers aan die ondersoek onttrek, voordat hy later weer ingestem het om in ʼn latere stadium sy getuienis voort te sit.

Sy getuienis is gekenmerk deur geskille tussen sy regspan en die kommissie se getuienisleiers en selfs ʼn dreigement om die hof te nader rakende die beweerde onregverdige behandeling wat Zuma glo van die kommissie ontvang het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Kraaibakke ·

Nee man vat oom Zumpie sommer hy het die vermeetelheid om te lieg vir Zondo komiesie en lieg oor sy siekte ,bangelaaites is sy diagnose gewees vinnig geherstel ,n skoot kom by gedrink.

Adri ·

Is “aanspreeklik” of selfs “verantwoordelik” nie beter woorde as “verantwoordbaar” nie?

WMirabillis ·

”Verantwoordbaar” word hier reg gebruik. Hy moet verantwoordbaar gehou word vir sy dade (teenoor die kiesers/land) maw hy moet boet vir al sy bedrog en skelmheid.

Andre Ackerman ·

Ek wil graag n pleidooi lewer aan alle eendersdenkende mense, ongeag ras, kultuur,opvoeding,kerkverband, en nog meer, om saam te snoer, om n regering daar te stel wat alle Suid Afrikansers verteenwoordig. n Regering wat nie net n bepaalde groep mense verteenwoordig nie, maar almal. n Regering wat totaal vry is van korrupsie,n Vervolgingsgesag wat sy mandaat uitvoer, sonder vrees, of bevooroordeling. n Korrupte vry polisiemag,weermag, asook ander ander magte. Gelyke indiensneming, n onderwysstelsel wat die belange van die skolier eerstens stel. Daar is so baie wat ek nog kan se, maar as ons, ons klein verskille eenkant plaas, en landsbelang eerste stel het ons al ver gevorder. Ons moet bepaal wat ons saam plaas. Dankie

Adri ·

André, jy maak net een fout: die verskille wat jy “klein verskille” noem, is nie klein nie! Dit is gapende afgronde wat ons eeue van mekaar skei en ons kan dit nie sommer so eenkant plaas nie. Ons sal eerder ‘n manier moet vind om uit mekaar se pad te bly, as om te probeer saam leef.

Gertjie ·

Ongelukkig was dit toe nie die groot ooreenkoms tussen de Klerk en die ANC nie. Dis nou te laat.

Dries Bý ·

Kyk net die uitdrukking op sy gesig se als ,bangelaaites waarvan hy herstel het.

Maljan ·

Daar is genoeg bewyse teen hom. Watse kommissie strooi is dit?

aj ·

” ……. all animals are equal! … but some are MORE EQUAL ….”!

Al die sleutel getuies gaan gedwing word om ‘lughawe toe te ry in ‘n Toyota …’

En al die GELD is lankal landuit …!

Hou dop … hy gaan binnekort Rusland toe vertrek vir mediese behandeling vir ‘n skaars siekte ….!

Johanna Botha ·

Hoe weet hy dat hy 7dae van nou siek gaan wees ……HOE ! ?

Doem Profeet ·

Johanna, Ek is bereid om my naam bollie te maak met die volgende voorspelling. GeweseComrade #1 sal vir n lekker vakansie na een of ander oord geneem word. Met sy terugkeer sal hy as “ontoerekenbaar” gesertifiseer mword. Siedaar! skotvry. Nee ek se alle Suid Afrikaanse se besighede en publiek, moet hul belasting geld, munisipale belastings ens. In n nie korupte, eerbare,oorsese maatskapy sit, en dit van die regering weerhou tot die parlement, munisipaliteite en ander instansies wat geld onwettig bekom het, tot die publiek se bevrediging uitgeroei is, en, DAN staan ons miskien n kans om n verantwoord bare regering saam te stel.

George in Bloem ·

Hierdie kommissie is soos vele ander voor hom soos ‘n hond waarvan net mooi al die tande getrek is. Zuma en sy regspan hardloop kringe om die onbevoegde tandelose spul. Intussen gaan die geplunder rustig voort. Van toerekensvatbaarheid en verantwoording doen is daar GEEN sprake NERENS nie.

Dafer ·

Die toestande dui ernstig daarop dat Demokrasie nie werk nie!
Die opposisie politiek kan nie funksioneer in SA nie. Hulle het duidelik nie ‘n idee hoe om die probleme aan te spreek nie, en dus kan mens nie verwag dat die anc beter moet presteer nie!

Mrs H ·

Jyt nie mooi opgelet nie… presies wanneer het hulle enige Demokrasie geimplimenteer op enige vlak? Dit was nog net korrupte kommuniste wat agter die woord “demokrasie” geskuil het, soos en wanneer dit hulle pas… hulle het n ander deffinisie vir demokrasie gegee…26 jaar…

Taxpayer ·

Zum se gesig op die foto spreek boekdele, hul hoef nie n leuenverklikker te gebruik nie.

Iens ·

Hy knyp sy lippe so vas, hy is bang die waarheid wil dalk uitglip.

Schalk ·

Zondo kommissie of sirkus niks sal gebeur met eerlike opregte rein ZUMA hy is so skoon die wet kan hom nie nat maak nie vlekkeloos hy weet van niks tipies.

Db ·

Hier begin die groot siektes. Hy het goeie raad van Shaik gekry om dom onnosel te speel en so nou en dan ‘n hoesie te uiter. Hoop hy was in ‘n staatshospitaal

Lena Jonk ·

Db stem saam, gaan ook siek wees soos maatjie Shabir, het dit lankal voorspel die hele affere gaan dieselfde eindig.

Willie ·

Dis eindelik skrikwekkend om te weet dat “Staatskaping” so n groot ongeneeslikke siekte is .. Kyk nou net…

Sharon Bronkhorst ·

Daar gaan absoluut niks gebeur met Zuma nie. Hy word beskerm deur die huidige regering en sy leierskap, wat dieselfde roete wat Zuma begin het word nog steeds volg.
Zuma was as ‘n front gebruik om die skip te draai wat nou maar te lekker aanhou seil in dieselfde rigting onder ‘n meer ‘gematigde’ persoonlikheid. Net soos wat Malema en die EFF ook nog steeds beskerm word van Zuma se tyd af. Wat het intussen verander??

Kas ·

Kraaibakke geluk met jou uitvinding van die nuwe siekte.Ek dink nog baie gaan daai siekte opdoen hahaha.

Doris ·

Ek moet sê ek stem nog al saam Adv. Glynnis, dat hy al jare terug skuldig bevind moes word en dat hy moet tronkstraf gekry het. En dan wil ek net by sê bêre hom en trawante vir goed en moenie nou die stories van siek was glo nie dit is die gewete wat hom inhaal. Daar was baie sulke Jakkalse en nou nog.

marous ·

Hul komissie het minder tande as ‘n erdwurm . Dis die waarheid.

Attie. ·

Oorlede Oom Eugene Tereblanch sou ‘n sekere plek by Nkandla afgebrand het. Hy was ‘n gemene Oom.

Sonja ·

Hy weet hy is vas, nou trek hy die Shabier kaart. Wat n feesdag vir Suid Afrikaners sal dit nie wees

Driesie ·

Oom Zumpies se streke is nou verby,die wiel draai stadig maar draai,draai hy

GP ·

DA vra wat kos die Zondo kommissie al en watter voordeel het al daaruit gekom. Was enige geld al herwin agv van die komissie of enige tronkstraf al opgele? As daar nie ‘n balaans is die het die komissie gefaal en mense wat die komissie ly moet nie betaal word nie.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.