Zondo-kommissie: Nóg ʼn dagvaarding vir Zuma

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Sandile Ndlovu/Pool)

Die Zondo-kommissie het ʼn nuwe dagvaarding aan oudpresident Jacob Zuma beteken om in Januarie en Februarie voor die kommissie te verskyn.

Zuma moet van 18 tot 22 Januarie en van 15 tot 19 Februarie voor die kommissie verskyn.

ʼn Dagvaarding is vroeër aan Zuma beteken wat hom verplig het om voor die kommissie te verskyn. Hy moes op 19 November ook voor die kommissie getuig, maar het toe tydens die teepouse sonder toestemming die Zondo-kommissie verlaat en net nie weer teruggekeer nie.

Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die kommissie, sê die kommissie sal ʼn klag teen Zuma by die polisie indien hieroor sodra die aansoekproses by die Konstitusionele Hof, om Zuma te dwing om te getuig, afgehandel is.

Die kommissie is van plan om die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) te vra om Zuma se gedrag te ondersoek sodra daar amptelik by die polisie ʼn klag ingedien is.

Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, het reeds vroeër aangedui hulle gaan adjunkhoofregter Raymond Zondo se besluit om hom nie aan die kommissie te onttrek nie, in die hooggeregshof betwis deur dit in hersiening te neem.

Zuma se regspan het gesê deel van hul hersieningsaansoek in die hooggeregshof sal wees dat Zondo nie as regter in sy eie saak kan optree nie.

Zuma se aansoek dat Zondo hom verskoon, is vroeër deur Zondo verwerp nadat die regter gesê het hy en Zuma is nie vriende nie en dat hy ook geen bevooroordeling teen Zuma het soos die oudpresident beweer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Androclus

Daardie datums lyk vir my soos wat hulle sy tronk toe gaan dinge reg kry.Hoop so.

Pierre

1. Hulle versoek Zondo om te oorweeg om homself te verskoon, dan as hy nie van die antwoord hou nie, kan Zondo nie as regter oor sy eie saak optree nie, hoekom dan eerstens die versoek rug.
2. Merk maar die dae in julle kalenders Zuma sal in die buiteland wees vir lewens belangrike mediese hulp, het Suid Afrika dan nie n wereld klas mediese sisteem nie?

Misky

Dagvaardiging om daardie dae in hof te wees, maar geen inhegtenisneming nie. M.a.w. sy saak is eintlik maar net uitgestel, want hy kan kom en gaan soos hy wil? Erens mis ek iets

Probeer verstaan

Het julle die nuwe foto gesien van die man op mars?Nee so wat beteken dit niks gaan met Zumpie gebeur nie to die eerste mense op mars land.

netek

Dit is lagwekkend hoe hul met ons reg stelsel kan speel en niks gebeur nie. Maar probeer jy dit nou doen……………