Zondo-kommissie: Polisie moet Zuma se gedrag ondersoek

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vroeëre verskyning. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek het nou nog ʼn lasbrief uitreik vir oudpres. Jacob Zuma om te kom getuig. Zuma het verlede week sonder toestemming uit die kommissie gestap ten spyte van ʼn lasbrief wat hom verplig om te verskyn.

“Sy gedrag kan ʼn boodskap aan ander getuies uitstuur wat dalk ongemaklik is om vrae in die kommissie te kom beantwoord, dat dit die regte ding is vir ʼn getuie wat gedagvaar is om hom te verskoon,” het Zondo Maandagoggend gesê.

Hy sê voorts dit kan ook die indruk skep dat getuies by die kommissie kan kom en gaan soos hulle wil. “Ons Grondwet gee ook die versekering dat ons almal gelyk voor die reg is.”

Zondo sê dit is belangrik dat Zuma se optrede gepak word.

Hy sê gegewe die erns van die oudpresident se gedrag en die uitwerking wat dit op die werksaamhede van die kommissie kan hê, het hy besluit om die sekretaris van die kommissie te vra om ʼn strafregtelike aanklag by die polisie teen Zuma aanhangig te maak sodat sy gedrag ondersoek kan word.

Die sekretaris sal alle inligting in dié verband aan die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) beskikbaar stel, het Zondo gesê.

Zondo sê hy gaan nou nuwe datums vasstel wanneer die oudpresident voor die kommissie moet verskyn en die sekretaris gaan ʼn lasbrief op Zuma laat bedien om op dié dae te verskyn.

Die kommissie gaan hom ook tot die Konstitusionele Hof wend om te vra vir ʼn bevel dat Zuma gedwing word om in ooreenstemming met die dagvaarding voor die kommissie te verskyn.

“Die kommissie is baie duidelik oor die stappe wat gedoen gaan word en dit gaan as ʼn saak van dringendheid gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Plaaskind ·

Wat van sluit hom net toe en kry klaar en hou op nog geld op hom mors met al die hof sittings.

Suzette ·

Wat is daar om te ondersoek – hy minag die Hof, verontagsaam reëls en regulasies en doen wat hy wil. Daar is niks om te ondersoek nie – alles is so duidelik soos daglig. As hierdie situasie nie reg aangespreek word nie kan die Zondo kommissie maar oppak.

Wondermaarnet ·

Daar is seker genoeg bewys van oor die jare om hom toe te sluit en hy kan dan van die tronk na die hof vervoer word. Ek gee nie om dat my belasting geld daarvoor aangewend word nie, want hierdie keer is dit vir ‘n goeie saak. Hy sal smag na die wit boer se pap daar agter die tralies wanneer hy brood en watersop kry.

JohanR ·

Sekerlik moet hy net tronk toe as die jongste lasbrief bloot ignoreer word. Ek en jy sal dadelik tronk toe……wat maak Zuma soe spesiaal?

Misky ·

As ek dit doen, word ek inhegtenis geneem voor ek by my kar kan kom. Hou op ons tyd mors en ons vir n gek vat asb.

Werner ·

Ou Zondo weet nie wat die woord gereg beteken nie . Zuma moes al toegesluit gewees het

Thea ·

As hy nou sommer net uitgeloop het, waarom sal hy nou weer kom verskyn? Hy maak mos net wat hy wil!

Androclus ·

Daar moet net definitief ‘n voorbeeld van Zuma gemaak word,sodat daardie Malema kan sien niemand is die wet verhewe nie.

Dries ·

Die “ondersoek” sal seker bevind dat Zuma ‘n kopseer gekry het tydens die tea-break, en toe dadelik moes dokter toe gaan, en nou is hy vir die volgende 2 jaar afgeboek.

jzjz05 ·

Ek was in polisie voertuig gelaai, polisie stasie toe geneem en moes baie mooi verduidelike hoekom ek nie in die hof verskyn het vir n boete kaartjie wat deur die staatsaanklaer n maand terug al terug getrek is.Die staatsaanklaer moes eers my storie beaam voor ek kon loop. Nou hoekom kan die man sommer uit loop en nou eers weer die saak ondersoek,minagtig van die hof is onmidelik aristasie.

Adam Adriaan ·

Daar is so ‘n geskarrel vir mag binne die ANC. Dit sal my verbaas as hulle die knaap sal aankla of nog erger arresteer. Dink net wat se geveg in die leeuhok gaan uitbreek. Hulle gaan mekaar lewendig opvreet Dit sal net bloed en hare wees. Hulle sal nie eers op TV wil verskyn nie weens die bloed aan die bekke en kloue van die kaders.

Sandra ·

Jinne. Hoeveel keer nog uitstel? Hy moet gewys word hy’s nie bo die reg verhewe nie en tronk toe gaan. Hy is duidelik bang omdat hy skuldig is.

Cecilia ·

Wat moet d SAPS ondersoek? Dis minagting vd gereg kant en klaar. Laat hom toesluit! Sonder enige borg. Maak n voorbeeld v hom. Hy mors net tyd en geld met sy benoude spronge.

John ·

Ek wonder watter truuk hy nóu gaan probeer om hierdie nuwe aanslag op hom gaan af te weer! Man, dié kêrel is uitgeslape!!!

J ·

Belaglik!

Die Zondo biljoen rand sepie gaan nou van belaglik na rampspoedig!

Gee die lasbrief vir ‘n GOEIE KONSTABEL en laat hy vir Zuma gaan arresteer en opsluit!

Dis al!

Stop die Zondo sepie nou … die staatskas kan dit nie langer bekostig nie.

JM ·

Dít was hoog tyd, regter Zondo. Dankie dat u nou ‘n besliste standpunt teenoor Zuma inneem. Hy dink hy is onaantasbaar en dit is nou tyd dat hy finaal vasgevat word.

Androclus ·

Dankie Zondo wys vir Zuma dat die kommissie nie ‘n Spaza shop is nie.Watse uitlopery is dit hom.

Jakes ·

Zuma se advokaat is eintlik die mater wat sy klient voorskryf wat om te doen. Wat is die balieraad se sienswyse hieroor?

marius ·

Vir wat ? Minagting van ‘n kommissie ? Daar is geen strafregtelike oortreding nie .

SomeOne ·

hoeveel lasbriewe word aan iemand uitgereik wat nie weg is nie ?

Chris ·

Teen die tyd wat al die ondersoeke verby is teen Zuma is die tyd vir Zonde se kommissie ook verby. Dit eintlik wat Zuma graag wil he.

Yvonne ·

Ag shame……vra net en Mal emma sal kom help om die mense uit te sort wat vir stortkop so pla

Mad Mike die Rhodesiër ·

Minagting van die hof, weiering om te getuig nadat hy verplig is om te getuig, ophou van hofverrigtings… En dis nog voor die lang lys van aanklagte waarop hy tereg staan! Ek sou hom onverwyld arresteer en boek! A nee a, wat se voorbeeld stel hy vir ander kriminele?

Regverdigheid ·

Sluit hom toe min agting van hof bevel of is hy n beskermde spesie ????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.