Zondo-kommissie verdaag ná Zuma dreig om te onttrek

Oudpres. Jacob Zuma getuig vir die derde dag voor die Zondo-kommissie. (Foto: Nokuthula Mbatha/ANA)

Eers het sy regsverteenwoordiger Woensdag beswaar aangeteken teen die vrae wat aan oudpres. Jacob Zuma gestel is, waarna hy aan die Zondo-kommissie gesê sy kliënt is onder valse voorwendsels na die kommissie gebring.

Muzi Sikhakhane, Zuma se regsverteenwoordiger, het aan die Zondo-kommissie gesê dat sy kliënt sy verdere deelname daaraan heroorweeg omdat hy gekruisondervra word.

Die verrigtinge is toe tot Vrydag verdaag, sodat ʼn oplossing gevind kon word vir die betrokke regspanne se besware. Hulle gaan môre daaroor vergader.

Sikhakhane het vroeër vandag gesê Zuma moet besluit of hy wil voortgaan met sy getuienis.

“Ek wil hê my kliënt moet besluit, want dit is duidelik dat hy onder valse voorwendsels hierheen gebring is. Ek het hom geadviseer om met die kommissie saam te werk en dit te gehoorsaam.

“Ek het hom geadviseer om hierheen te kom, maar nou wil ek hê hy moet dit heroorweeg, want dit is vir my duidelik dat hy nie gekruisondervra word oor goed wat hy gesê het nie, maar oor wat ander mense gesê het,” het ʼn geïrriteerde Sikhakhane gesê.

Zuma het kort tevore gekla dat hy uitgevra word oor die proses om amptenare aan te stel en dat vrae aan hom gestel word oor besonderhede wat hy nie kan onthou nie.

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Karen Sandison/African News AgencyANA)

“Ek het gedink daar was ernstige sake, soos beleidsake, waarin ʼn mens kon vasval. Óf ʼn DG óf ʼn sekretaris van die parlement het aan dié dokument gewerk, ek is nie seker dat ek alle besonderhede behoort te onthou nie,” het Zuma in ʼn stadium ná ete aan die kommissie gesê.

Die kommissievoorsitter, adjunkhoofregter Raymond Zondo, het verduidelik dat dit belangrik is om hom uit te vra oor die voormalige minister van openbare ondernemings, Barbara Hogan, se bewerings dat Zuma by die aanstelling van Transnet se uitvoerende hoof ingemeng het en dat sy aan hom ʼn memorandum gestuur het waarin Sipho Maseko as uitvoerende hoof aanbeveel word. Zuma het glo daarop aangedring dat Siyabonga Gama in die pos aangestel word, al het ernstige aanklagte van wangedrag hom in daardie stadium in die gesig gestaar.

“Ek dink dit is billik om te sê dat as oudpresident was daar sekere dinge wat jy nie sou weet nie, omdat ander amptenare dit hanteer het en dan is daar ander dinge wat daar van jou verwag sou word om te weet. Dit staan jou vry om te sê as jy nie weet nie.

“Wat mnr. [Paul] Pretorius [getuienisleier] dalk probeer doen, is om te verseker dat, in die lig van wat Hogan gesê het oor jou inmenging by die aanstelling van ʼn uitvoerende hoof, dit dalk belangrik vir die kommissie om te verstaan of jy onthou dat jy ʼn verslag gekry het. Sommige van die antwoorde kan belangrik wees, want wanneer [die kommissie] besluite moet neem, is dit dalk belangrik om die volledige prentjie te hê,” het Zondo verduidelik.

Zuma het gesê hy verstaan nie wat bedoel word met “inmeng” nie, terwyl daar ministers en rade betrokke is by die aanstelling van senior amptenare.

“Ek hoor wat jy sê, maar ek word gekruisondervra en ek weet nie hoekom nie. As ons na daardie spesifieke bewering kyk en na haar verslag wat verband hou met die ANC-konferensie oor groepe en faksies… het ek gesê dit is haar mening. As ek deur dit alles is en die kommissie aanvaar steeds nie my antwoord nie, en steeds op besonderhede ingaan, wat moet my antwoord wees?”

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Karen Sandison/ANA)

Zondo het verduidelik dat die kommissie nie Hogan se weergawe noodwendig as waar aanvaar nie en ook van ander getuies moet hoor sodat die bewyse later opgeweeg kan word en ʼn besluit geneem kan word oor wat die waarheid wél is.

Terwyl Zondo Pretorius gevra het om kwessies te vermy waaroor Zuma dalk nie detail het nie, het Sikhakhane ingespring en die kommissie daarvan beskuldig dat hy onregverdig teenoor Zuma is en hom kruisondervra.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Merie Perd ·

Honrable Zuma, word nie ge kruisonder vra oor goed wat hy gese het nie maar oor goed wat ander gese het, Huh? So die hooggeagte Zuma het niks gese nie. Slim ne? Hoekom sal die vir wie hy dit gese het dan daaroor getuig? Ek verstaan nie. Soo mooi onskuldige en edele leier. Stel hom aan as minister van ondergrondse sake, shame hy’s so onskuldig.

Johan ·

Zuma het blykbaar ernstige probleme om te onthou. Hy het alle belangrike dinge óf vergeet óf hy weier om te antwoord. Hy maak van die hele ondersoek ‘n sirkus.

Vic ·

Indien hy en sy regsspan nie wil saamwerk nie en behoorlike antwoorde gee nie moet hy summier aangekla en verhoor word in ‘n hof want daar kan hulle nie kla oor kruisondervraging nie. In my opinie is Regter Zondo is te sag.

Piet ·

Jô, die feite laat mens darem warm voel – amper nes ons paddas!

Kobus ·

Soos gewoonlik hardloop hy weg. Kan jy die Kommissie ” gevange” hou en ondervraging weier? Dit sal ‘n vraagteken plaas op toekomstige mense wat moet getuig. Zuma het alweer tyd en geld gemors. Tipies Zuma.

Alida ·

Wie de hel dink hy is hy? Hy MOET in n hoek gedryf word en getuig. Hy is nie onskuldig nie. Gŕrrrrr

@Alida ·

Ek stem saam, vir wat word hy soos een of ander godjie behandel – verhewe bo ondervraging? Loop mos te vertel niemand kan sê wat hy verkeerd gedoen het nie, maar as hulle hom in ‘n hoek kry en die vrae is te moeilik om die waarheid te verdoesel maak hy gat skoon. En almal aanvaar dit so. Belaglik.

Andreas ·

En verlore tyd sal natuurlik nie ingehaal word nie, want volgende week en so het hy ander verpligtinge, volbespreek vir so 2 jaar. Maar hy het mos nou sy samewerking gegee. Ai, dis al weer die anderkant se skuld dat Zuma net nie genoeg tyd gegun word om na behore te getuig nie. Hy wou dan so graag met die hele sak patats vorendag kom. En dan is dit nie sy skuld dat sy regsverteenwoordiger ‘intjip’ nie.

Ferdi ·

Nou ek verstaan hoekom sy eie mense hom weggejaag het en die land een groot gemors is onder sy leiding. Hy kani onthou dat hy die leier was nie. Hy is pateties enige denkende kan hoor dat hy lieg en in onkunde die land regeer het. Prys die Here dat die ANC van hom ontslae geraak het.

Jr ·

Hoe maak mens. So maak mens as jou boude in ń knoop is mmmmhhhhggg

Hettie ·

As jy my vra is die hele ding “gestage” (kan nie aan beter afr woord dink nie)
Hy word met handskoene hanteer en sal niks oorkom nie uitspraak sal wees onskuldig niks kan bewys word nie !

David Potgieter ·

Dit is goed dat hy nie onder kruisverhoor wil geplaas word nie. Al die berings teen hom is dus waar en korrek. Nie dat enige iemand, behalwe as jy breindood is, getwyfel het in sy aandeel nie. En wat van Kadaffi se geld wat hy “gestoor” het?

Johann cb ·

Hy is welkom om te onttrek! Suid-Afrika is níé van hom afhanklik nie!

Joon ·

Moenie aan Ander doen, wat jy nie aan jouself gedoen Wil he nie.

Johan ·

As Zuma werklik niks geweet het van staatskaping nie, was hy by verre die treurigste president wat die wêreld nog gesien het. Want dit was ‘n harmonieuse deurlopende (en ooglopende) gebeure. En dis snaaks dat so baie mense wat in top posisies is of was, hom impliseer!

Koos de Meyer. ·

Miskien het alszeimers iewers ingetree. Ek onthou niks.

LS ·

Dis al wat gese word “never” en “ek kan nie onthou nie”….hoekom vra julle my?
Dieselfde antwoord wat ‘n kleuter gee as hy stout was en uitgevang word….he…he….hulle pleit ook nooit skuldig…

Gert van Wierdapark ·

Nou dat die reels bietjie meer duidelik raak, wil JZ nie meer Saam-Speel nie! He-he-he. Nou dreig hy die “Ref” l

Gert van Wierdapark ·

Gee die man en sy span sommer Vro-tea Kleure vir bollie praat!” Finish en Klaar”

Buffel ·

Dit word nou moeilik om die liegstories van eergister te onthou onder heavy kruis verhoor en ons weet die boonste verdieping is nie ‘n sterk punt nie.

Jannie van Niekerk ·

Mnr Zuma was nie veniet die sekuriteishoof van die ANC in die apartheidjare nie. Dis briljante strategie om vir tyd te speel en dis presies wat ons gewese agbare doen.
Oor twintig jaar sal hy die Kommissie nogteeds aan die lyntjie hou.

se net ·

Ag ten minute hou hulle hom besig en uit die staats kas uit!
Kon nog nooit n woord glo wat zumpies ooit gesê het nie!

Piet Nel ·

Hierdie kurupte amptenare maak almal soos hy nou doen, hulle maak beswaar en appelleer teen alle prosedure om hulle skuld te bewys, sy hele geskiedenis van vervolging loop die selfde paartjie van vertraging en alle instansies val vir die grap, siek man

Wes Rander ·

Al die kommissies n mors van belastingbetalers se geld asook tydmors. Dink enige een rerig hulle gaan vir Numbe 1 in n oranjepak sien. Asb mense, word wakker!!!!!

Blikke ·

Dus….ek gaan nou lekker dik aanjaag en as ek in n hoek gedryf word dreig ek om te ontrek…..awesome kan werk vir my!!!

Jack Sadie ·

Dis tog duidelik waarmee die ou jakkals besig is. Hy gaan binnekort beweer hy het dimensie. Sy “get out of jail card”.

Cherokee ·

Ek weet nie of Zondo net uiters versigtig en regverdig is en of ek reg is met my opinie wanneer dit lyk asof hy neig om so bietjie skans te gooi vir Zuma. Die man wat wanneer hy so la’a’a’ngdradig begin praat, draai ek partykeer die klank af.

Vryheid ·

Twee gat jakkals! toe hy bevoordeel was, was daar nie n probleem op die aarde nie.

BMW ·

Stem saam , het geweet die Zondo is maar net n dekmantel hoekom onderstuen hy nie sy getuienes leier nie en wie is die ding wat nou wil voorwaardes stel?

Linda ·

Soos n kat op n warm sinkplaat. Please turn to page 428. Ummm do you need some assistance Mr Zuma…?

marous ·

Is die doel van die komissie om te ondersoek , of te luister ? Klug !!!!

magz ·

Kan nou kamtig nie onthou nie???? Rêrig????
Die kommissie is ‘n klug en dan kry skuldiges amnestie ens. ens.
En ons moet vir die gelag betaal…oor en oor en oor…en oor….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.