Zondo-kommissie vra weer uitstel

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het ’n verdere uitstel versoek om sy ondersoek te voltooi.

Die kommissie het dringende hofstukke ingedien waarin vir uitstel tot 31 Desember gevra word.

Daar is reeds voorheen vir uitstel gevra en dit verval einde September. Daar is toe verwag dat die staatskapingskommissie op die laatste teen einde September sy verslag aan president Cyril Ramaphosa sou oorhandig.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, voer in die hofstukke aan dat hy aanvanklik gedink het hy en sy span sou ’n eerste weergawe oor verskeie onderwerpe reeds teen einde Julie kon voltooi. Die tweede weergawe sou in die derde week van Augustus voltooi wees en die derde en finale weergawe tussen 10 en 15 September.

Volgens Zondo het dit egter langer gevat om die eerste weergawe te voltooi. Van die weergawes is reeds voltooi en ander word nou eers in September voltooi.

“Die werk behels die opstel van opsommings en die ontleding van bewyse wat meer as 330 getuies oor ’n tydperk van drie jaar gelewer het,” voer Zondo aan. Indien die hof nie aan die kommissie se versoek vir nog ’n uitstel gehoor gee nie, sal die kommissie se werk tot ’n einde kom sonder dat ’n verslag aan pres. Ramaphosa oorhandig word, lui die hofstukke.

Die kommissie het die afgelope paar jaar getuienis gehoor van miljarde rand wat op korrupte wyse uit staatsondernemings gemelk is en het die belastingbetaler reeds sowat R1 miljard uit die sak gejaag.

Zondo het reeds vroeër aangedui dat omvattende getuienis gelewer is wat op kaping van die staat dui en die transkripsies van getuienis beslaan reeds meer as 71 000 bladsye.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Pieter ·

Ja, dit moet seker moeilik wees om te aanvaar jou reusesalaris word na 3 jaar skielik stopgesit. So maar nog ‘n bietjie uitrek dat jy vir ten minste nog 3 maande luuks kan lewe – en ten minste vir jou familie ordentlike kersgeskenke kan koop………

Willem ·

Dit laat mens nou regtig wonder waarvoor kommissie regtig daar is???Elke keer uitstel????Nee wat ek ruik n rot!!!!!!!

melaney ·

Sodra ons dink die geldwa is leeg, dan word nog emmers vol geld êrens uitgekrap. Zondo werk nie verniet nie.

Henry ·

Hierdie is sekerlik n grap. Hier Zondo en sy span maak miljoene hoe langer hulle aanhou. Niemand sit nog in die tronk nie. Gee n verslag oor dit wat tot nou toe kamtag ondersoek is. Verleng tot 31 Desember????, asof hy nou tussen 15 en 31 Desember gaan werk.

Johan ·

Henry va 15-31 Desember gaan hulle eers skep want dit is oortyd . Hoekom gebruik hulle nie die staatsamptenare om die ondersoeke te doen nie baie van hulle doen niks en van al die ondersoeke kom daar tog dadels.

Misky ·

M.a.w. dis ‘n ultimatum: Gee ons uitstel of alles was verniet? Met 71 000 bladsye getuienis is dit tog sekerlik duidelik dat die ouens skuldig is en kan daarop gevonnis word. Bodemlose put!!!!

absoluut ·

Die gemors in die staat wat reeds aangevang is en nog steeds gebeur gaan nooit ophou solank hulle(anc) aan bewind is nie. Elke jaar gaan daar nog 71 000 bladsye bykom indien nie meer nie en soos Henry se dit is belaglik om te dink dat die zonde kommissie oor desember gaan werk.

Dries ·

Ramaphosa moet n hoofregter aanstel. Zondo is n kandidaat. Speel hy ook nou vir tyd. Wie kan ooit vertrou word ???

Deon ·

Sal maar sien hoeveel groot visse gevang sal word met die aas wat so lank vat om voorberei te word.

Willem ·

Hierdie hele ding is ‘n klugspul – dit het onhanteerbaar geraak en daar sal niemand tronk toe gaan nie en geen geld sal verhaal word van die plunderaars nie. Die rede is eenvoudig: agter alles sit die leiers van die ANC wat, volgens Smuts Ngonyama “ did not struggle to be poor”. Inderdaad!

Jack ·

Nee wat.Die kommissie neem jare om ‘n verslag op te stel. 71 Duisend blaaie.Maar die einste verslag moet deur Ramapara bestudeer en ondersoek word.So eintlik het die Zondo kommissie sy tyd gemors en ons geld gemors want Ramapara gaan hom nie steur aan die verslag of inhoud nie.Ek wonder of hy 2 blaaie sal lees ?

melW ·

Al weer? Dit gaan nie eindig nie, waar is die mediese verslae oor Zuma se siekte en “surgery”? Daar word gepraat oor dit maar niks gebeur nie en so gaan net nog ń dag verby. Zonda moet nou al die transkripies oorgee en nie verskonings soek nie. En CR moet nou begin leierskap uitoefen, hy is die land se president … wens hy was

Martie Smartie ·

Belaglik. Nou kan mens sien die sg kommissie is ook korrup. Wat anders as om hulle sakke te bly vul vir nog n paar maande. Hkm het nie al 6 maande terug nog mense aangestel nie? Zondo gooi nou sy kommissie se naam weg. Nog honderde miljoen in die drein af. Rol soustrein rol. Zondo sit in een vd VIP waens en onaantasbaar ne

Pietertjie ·

Selfs dít raak nou ook al afgesaag, nes Zuma en kie se jakkalsdraaie

KB ·

Oeee Vadderrrr…
“Van uitstel kom afstel”
Lyk my die kommissie is nie bevoegd nie.

Hansie ·

As die verslag einde September sou uitkom en al die cANCer word skuldig bevind soos dit moet wees, gaan die ANC nog meer steun en geld verloor voor die verkiesing.

Johann ·

Lekker man. NOG geld wat gemelk.word uit n stof droë belasting koei…en steeds nie EEN arresrasie nie? Bloot nog tyd om sy pelle se pelle en hulle pelle se gatte te cover.

Heinrich ·

Dis reg, stel dit uit, en nou dat Zuma uit die tjoekie uit is kan hy mos gou sy saak kom verduidelik. As hy weer nie wil kom nie, stuur hom terug.

Eugene ·

Geldmaak storie. Zondo dink hy is in die hof en jarelange uitstel is die orde van die dag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.