Die Zondo-kommissie van ondersoek het oënskynlik genoeg gehad van oudpres. Jacob Zuma se knaende uitsteltaktiek.
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie wat staatskaping ondersoek, hoor aanstaande week ʼn aansoek van sy eie regspan aan vir ʼn aansoek om ʼn dagvaarding uit te reik wat Zuma sal dwing om voor die kommissie te verskyn.
Die kommissie het Vrydag gesê Zuma moet van 27 tot 31 Januarie voor die kommissie verskyn.
Die DA het in November verlede jaar ʼn beroep op die kommissie gedoen om sy dagvaardingsmag in te span om te verseker dat Zuma verantwoordbaar gehou word.
Zuma, wat kort tevore sy getuienis voor die Zondo-kommissie moes voortsit, se regspan het aangevoer dat hy “te siek” is om die verhore by te woon.
Zondo sal die kwessie na verwagting Dinsdag aanhoor.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Ag wat los ou zumpie nou maar uit…die gedagtetjie kos ons net n hoop geld en niks kan dit terug bring wat hy opgevoeter het nie.
Zumpie is darem n mooi liefdes naampie vir n geharde korrupte krimineel. Kom nou man
Icht been krank
En as hy opdaar is dit hertyd n gehoes en keelskoonmaak en slagoffer speel en in sirkels praat dat niemand verstaan nie
Die Zondo kommissie is net `n mors van geld en tyd, behalwe vir die lede wat vet salarisse verdien.
Al die sogenaamde getuienis is slegs `n klomp hoorsê stories wat in geen hof aanvaar sal word nie.
Maar nou ja, regter Zondo sal natuurlik wil hê dat die kommissie tot in lengte van dae moet voortgaan. Lekker sagte “joppie” met baie vakansiedae soos wat die kommissie uitgestel word. Suid Afrika is beslis die land van melk en heuning.