Zondo nou waarnemende hoofregter

Adjunkhoofregter Raymond Zondo sal nou ook as hoofregter van Suid-Afrika waarneem. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping, sal nou ook as hoofregter van Suid-Afrika waarneem.

Dít volg nadat regter Sisi Khampepe, wat effektief van 1 Mei tot 30 Junie as waarnemende hoofregter gedien het terwyl hoofregter Moegoeng Moegoeng met lang verlof is, se aanstelling verstryk het.

Khampepe was die afgelope week verantwoordelik vir die uitspraak in die Konstitusionele Hof teen oudpres. Jacob Zuma waarin hy ’n vonnis van tot 15 maande tronkstraf vir sy minagting van die hof opgelê is.

Luidens ’n verklaring wat Vrydag deur die hoofregter se kantoor uitgereik is, is Zondo in staat om ook as hoofregter waar te neem aangesien die kommissie van ondersoek ’n punt bereik het wat dit moontlik maak om albei take te verrig.

Maroela Media het Woensdag berig dat Zondo sy verslag met bevindings en aanbevelings na verwagting teen einde Augustus – of September op die laatste – bekend sal maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Cherokee ·

As zuma tronkstraf gaan vryspring, sal dit verraad wees teen Zondo.

Lourens CFG ·

Dit is na mý mening verkeerd om Zondo daar aan te stel, nou het zuma weer baie “verskoning” ammunisie gekry.

Maggies ·

Gelukkig nadat Zuma se lot beslis was, anders het die Zuma kamp dit as heksejag bestempel.

Sê maar net ·

Ek hou baie van regters Zondo en Mogoeng. Albei kinders van God wat nie skroom om vir Hom te getuig nie. Ek bid jul albei sterkte toe, regter Zondo.

pdbpta ·

Zondo was nie toegelaat om vir die permanente pos aansoek te doen nie, maar nou moet hy as Hoofregter waarneem??
Dit maak die stelsel en aanstelling verdag!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.