Zondo: OG in duister oor geheime SSA-projekte

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. Foto: Itumeleng English/African News Agency (ANA)

Die kantoor van die ouditeur-generaal is nie ingelig oor die besteding van belastingbetalersgeld op geheime projekte deur die Staatveiligheidsagentskap (SSA) nie, het die direkteur-generaal van staatsveiligheid, Loyiso Jafta, Dinsdagmiddag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig.

Maroela Media het vroeër reeds berig oor ander onthullings wat Jafta Dinsdag gemaak het.

Dit was deel van omvattende getuienis, wat ingesluit het dat SSA-agente aspris in eiebelang verslae aan oorsig-owerhede “gedokter” het.

“Hulle het dit so openlik gedoen dat dit lyk asof hulle gedink het hulle gaan nooit uitgevang word nie,” het Jafta getuig.

Honderde miljoene rand se kontant was volgens Jafta betrokke, met kontant van tot R400 miljoen wat op een slag aan individuele agente uitbetaal is, met min toerekenbaarheid en omvattende diefstal.

Boonop is R125 miljoen wat voor Jafta se ampstermyn uit die kantoor van die direkteur-generaal aan projekte uitgegee is, tans onopspoorbaar. Geen projek behoort van daar af gefinansier te word nie, want die direkteur-generaal is die departement se rekenpligtige amptenaar – hy of sy hou almal toerekenbaar, en hy of sy kan nie homself of haarself toerekenbaar hou nie.

In inligting wat lyk of dit ooreenkom met bevindings in die boek The President’s Keepers deur Jacques Pauw, het Jafta getuig sommige van die spioene se pligte is wederregtelik oorgedra aan burgerlikes.

Hy het ook gesê lede van die kabinet het soms hul magte oorskry en dat daar sterk getuienis is dat minstens een regter deur die SSA omgekoop is, maar dit kan nie tans bo alle twyfel bewys word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Casper ·

Korrupsie en bedrog is ou nuus en skok my nie eers meer nie.

Cd ·

Regter Zondo moet n permanente aanstelling kry om al die gemors oop te
krap.
Baie,, soos Zuma, speel vir tyd en hoop die eindfluitjie blaas gou.

Sarel ·

Kan die ou inligting verskaf oor Magashule se besoek aan Zimbabwe…en hoekom Mslema nog op straat os?

KB ·

Teen hierdie tempo, gaan die saak die rolspelers oorleef…en ek het gedink regslui is professioneel…

Andre ·

Ons kan kla en praat soos ons wil maar die kanker van die land Suid Afrika kan nie meer genees word nie want dit is ingewortel in elke deel van die land. Dit is of was al tyd dat ons weg kom van wat’n monster geword anders gaan elkeen ingesluk word deur die tsunami van die gevolge

Hennie J ·

Daar is al lankal bespiegel dat hierdie die misdadigste organisasie in piesangland is en nou word dit net gestaaf. Die smokkelhandel en moordbendes en mafia aktiwiteite is nie n patch teen hierdie knape nie!! Roei hulle uit met wortel en tak!!

Kosie ·

Nou wonder ek maar net hoeveel van die “nuwe” Afrikaanse helde is nie ook maar net agente befonds deur die belastingbetaler nie. Hoe het ek in my kop dat hulle iets soos 600-700miljoen per jaar spandeer word om die “regse gevaar” te infiltreer, beheer en te onderdruk. Is dit nie waar al hierdie mensies wat nou so skielik op youtube namens ons “praat” en “planne” uit dink, hulle ou salarisies kry nie. Hoeveel geld het dit gekos om die boeremaglede te vang, ook deur ons befonds. Ongelukkig gaan van hierdie diefstal ook dadels kom.

Jakes ·

Waar was CR gedurende hierdie tyd waarin Zuma geweldig ryk geword het? Was hy nie tweede in bevel nie? Hoop ou Zumpie verraai al sy maters wat saam met hom on wettig miljoeners geword het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.