
Adjunkhoofregter Raymond Zondo, hoof van die kommissie van ondersoek na staatskaping. (Foto: Karen Sandison/ANA)
Uitspraak in oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat adjunkhoofregter Raymond Zondo hom as voorsitter aan die kommissie van ondersoek oor staatskaping moet onttrek vir die duur van sy getuienis voor die kommissie is weer uitgestel.
Mbuyiselo Stemela, woordvoerder van die Zondo-kommissie, sê Zuma het Woensdagoggend ʼn beëdigde verklaring by die kommissie ingedien wat die voorsitter moet oorweeg.
Zondo sal dus nou eers Donderdag omstreeks 10:00 sy besluit bekend maak.
Zuma se regsverteenwoordiger, adv. Muzi Sikhakhane, het vroeër vandeesweek verskeie redes aangevoer waarom Zondo hom moet onttrek, waaronder dat hy Zuma goed ken, dat Zuma soos ʼn verdagte eerder as ʼn getuie hanteer word, dat Zondo bevooroordeeld teenoor Zuma is en dat die aanstelling van die kommissie ongrondwetlik was.
Al hierdie bewerings is deur adv. Paul Pretorius namens die kommissie ontken.
Die uitstel van die besluit tot Donderdag sal twee gevolge hê.
Eerstens beteken dit Zondo sal Zuma in die oë kyk terwyl hy sy besluit bekend maak, want Zuma moet hom Donderdagoggend weer by die kommissie aanmeld nadat hy Woensdag ʼn begrafnis bygewoon het.
Tweedens gee dit Zondo die geleentheid om sy besluit deeglik voor te berei en te omskryf, wel wetend dat Zuma waarskynlik daarteen gaan appelleer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
17 Kommentare
Benoude katte maak benoude spronge #Zuma
As die Regter nou onttrek, beteken dit dat al sy werk tot nou verlore gaan! Bly asseblief, Regter Zondo!
As Zondo hom onttrek dan is die regbank ook gekaap. Ek glo Zondo sal hom nie onttrek nie.
Hy is nie besig met ‘n verhoor nie. Hy kan nie Zuma skuldig of onskuldig bevind nie. Hy kry maar net alle feite bymekaar, om korrekte afleidings en gevolgtrekkings te maak, deur die NVG
ag tog! zuma sal een of ander verskooning uit dink om nie in die oë gekyk te word nie
Zondo is bang vir hierdie klomp korruptes. Die manier wat hy senuagtige grappies maak met en giggel saam met die getuies, is pateties, om die minste daarvan te sê.
Verder is hierdie aansoek bloot ‘n uitbreiding van Zuma se Stalingrad taktiek, want hy het nou al twee dae van sy toegewese 5 dae opgebruik met hierdie absurde aansoek. En nou gaan hy nog weier om vrae te beantwoord ook. En Zondo gaan weereens net senuweeagtig rondtrippel, in plaas van die vent behoorlik vasvat en laat verstaan wie is eintlik in beheer van sake by die kommissie.