Zondo sê vanoggend oor Zuma-aansoek

Adjunkhoofregter Raymond Zondo. (Foto: Nhlanhla Phillips/ANA)

Uitspraak in oudpres. Jacob Zuma se aansoek dat adjunkhoofregter Raymond Zondo hom as voorsitter aan die kommissie van ondersoek oor staatskaping moet onttrek vir die duur van sy getuienis voor die kommissie, word na verwagting Woensdagoggend gegee.

Dit volg nadat Zondo vroeër vir meer tyd gevra het om deur al die dokumentasie rakende die aansoek te werk.

Zuma sal nie vandag se verrigtinge bywoon nie aangesien hy ’n begrafnis moet bywoon.

Die Zuma-kamp voer aan Zondo is bevooroordeeld teenoor die oudpresident, gegewe die “geskiedkundige familiebande” tussen die twee. Zondo het dié bande vroeër verduidelik as dat Zuma getrou het met die suster van ʼn vrou met wie hy [Zondo] jare gelede ʼn verhouding gehad het.

Oudpres. Jacob Zuma by die Zondo-kommissie. Foto: (AP Photo)

Zondo het egter Maandag ontken dat hy en Zuma vriende is.

Die twee ken mekaar sedert die vroeë 1990’s toe Zondo ʼn prokureur in private praktyk was en Zuma betrokke was by die ANC in KwaZulu-Natal. Hul verhouding het meer persoonlik van aard geword nadat Zondo in 1997 as regter aangestel is.

Zondo meen hulle het oor die jare ʼn aangename verhouding gehad en dat hulle mekaar gewoonlik tydens regeringsgeleenthede gesien het.

Zuma het glo by twee geleenthede versoek dat hy en Zondo agter geslote vergader. Die vergaderings het in 2005 en 2007 plaasgevind en is onderskeidelik by ʼn hotel in Durban en by Zuma se huis in Johannesburg gehou. Zondo het ook een keer ʼn vergadering met Zuma versoek.

Volgens Zondo het hy egter nie met Zuma vergader toe laasgenoemde president was nie. Zuma was ook nooit by Zondo se huis nie en hulle het mekaar nie na private familiegesellighede soos verjaardagvieringe genooi nie.

Rakende Zuma se bewerings dat Zondo met vooroordeel teen hom optree, het Zondo gesê dat hy as regter al sake aangehoor het waarin Zuma se seun, Duduzane, en Zuma self betrokke was en dat daar nooit versoek was dat hy hom aan dié sake moes onttrek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
RS

Enige simpel rede om net nie antwoord te gee op sy misdade nie.

Robert

Soos ek voorheen gesê Zondo sal nie onttrek nie. Z moet maar kom sit hy gaan geen spesiale behadeling kry nie en dis net tot sy eie nadeel as hy nie op die vra antwoord nie, daar is genoeg bewyse teen hom Zondo volg maar net die reëls wat sê Z moet ‘n kans kry om daarop te reageer. Hoop hulle al sy oranje overall vir hom reg.

Suzette

As Regter Zondo onttrek – kry zuma presies wat hy wil he. zuma plavei die paadjie en ace sal volg.

Mariana

Zuma sal enigiets doen om nie vir sy dade te betaal nie. Zondo moet homself nie uit die verrigtinge neem nie, want dan sal Zuma loskom. Tyd dat hy verantwoording doen.

Sylvia

Zondo moet net vasbyt, ek voel hy is tans ‘n persoon wat beslis meer voordeel inhou as nadeel