Zondo-verslag ‘moet einde bring aan politieke onverantwoordbaarheid’

John Steenhuisen, leier van die DA. (Foto: DA/Twitter)

Daar moet nou met die moeisame proses begin word om Suid-Afrika van straffeloosheid en politieke ontoerekeningsvatbaarheid te bevry deur die beskuldigdes aan te kla, hulle agter tralies te kry en die plaag van ANC-korrupsie eens en vir altyd uit te roei.

Só het John Steenhuisen, DA-leier, gesê nadat die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping sy eerste van drie verslae aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig het.

Steenhuisen het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om die verslag dringend in die parlement ter tafel te lê sodat die bevindings bestudeer en die nodige regstellende stappe gedoen kan word.

“Die ANC se kultuur van politieke ontoerekeningsvatbaarheid en straffeloosheid moet beëindig word as ons ʼn presedent wil skep om te verhoed dat die staat ooit weer deur politici gekaap word.”

Volgens Steenhuisen het hy en ander lede van sy party begin om die verslag noukeurig te bestudeer ten einde vas te stel watter aksies in dié verband geneem moet word.

“Die DA sal nie buig voor dreigemente van politieke terreur deur diegene wat poog om ondersoek en vervolging te ontduik nie. Of dit nou beweerde dade van sabotasie op ons geboue en instellings, aanhitsing tot geweld deur politici, of enige ander pogings om politieke aanspreeklikheid te ontspoor is, ons sal tot die einde veg om te verseker dat Suid-Afrika ʼn regering van deursigtigheid en integriteit het.”

Daar was al talle kommissies van ondersoek en verslae oor die jare wat geen gevolge gehad het of tot vervolging gelei het nie en volgens Steenhuisen sal die DA verseker dat die Zondo-kommissie se bevindings geïmplementeer word.

“Suid-Afrikaners verdien geregtigheid vir die geraamde R1 biljoen (Engelse trillion) wat die afgelope dekade deur ANC-korrupsie geplunder is en die daaropvolgende agteruitgang van ons land en sy mense in die skadu van politieke hebsug.

“Die Zondo-verslae moet vir eens en vir altyd die einde beteken van politieke ontoerekeningsvatbaarheid en kaderontplooiing in Suid-Afrika.”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus. (Foto: VF Plus)

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, meen die werk en aanbevelings van die Zondo-kommissie sal slegs van waarde wees vir belastingbetalers indien daar opgetree word om die aanbevelings uit te voer.

“Sedert die kommissie op 21 Augustus 2018 met sy werksaamhede begin het, het dit die staat reeds sowat R1 miljard gekos.

“Die aandag sal nou gefokus word op president Ramaphosa om te sien of die kommissie se aanbevelings wel uitgevoer gaan word.

Indien dit nie gedoen word nie, sou dit beteken dat die ondersoek van langer as drie jaar ʼn vermorsing van tyd en belastingbetalers se geld was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Anton ·

As al die korruptes in die tronk is, is daar niemand oor nie. Daar is net ‘n paar produktiewes oor, die res is in Kanada

pieter ·

As daar een enkele van die mense wat in die verslag geimpliseer word tronk toe gaan, is die aarde nie rond nie

casper ·

Ons weet dit moet – maar dit sal nie want hulle is Almal Natuurlik Complicit.

Marius ·

Daar sal niks gebeur nie, dit sal net ‘n stille dood sterf.

Elizabeth ·

Gespeel vir tyd. Gaan daar nagevolge wees of gaan die saak hier eindig?

Di ·

As ons eerlik wil wees sal ons besef dat die werklike groep wat SA “gekaap” het is die ANC KADERS. Die Gupta’s was maar net ‘n deel daarvan. Dit is duidelik vandat hulle die land oorgevat het, hulle plan van die begin af was om hulself te verryk, PUNT. Dit spreek duidelik in die toestand wat die land verval het vandat hulle oorgeneem het. GEEN instandhouding, geen werkskepping of nuwe behuising en gesonheidstelsel in afgrond in. Land het verval tot rommel status, kriminele het land oorgeneem, Polisie en Weermag is nutteloos, sekere politieke partye probeer staat omver gooi en land word stuk vir stuk afgebrand.

Treurwilger ·

Doodreg, Diline.
Zuma en die Guptas is die gerieflike sondebokke terwyl die res soos engeltjies wil lyk.

Deon ·

Ek sou graag eerder van van hierdie twee party leiers wou lees wat hul plan is om te assisteer om hierdie agter ons rug te kry…. Maw, n plan van aksie hoe wanneer en waar en waarvoor julle hierdie mense gaan aankla… Alles wat hierdie twee leiers kwytraak is wat reeds vir jare in baie mense se koppe aangaan, die politieke leiers moet nou wys dat hul ernstig is en begin sake maak sodat die bal kan begin rol en ons hierdie klomp beweerde skelms uit die stelsel kan kry. Ek wonder of hulle al enigsins met die man op die straat wat hulle in daardie posisies in gestem het gepraat het om te hoor wat hul stemvoer te se het…

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Wie en wat is die Suid-Afrikaanse Kriminele Regstelsel, die parlement, SAPD en die Nasionale Vervolgingsgesag? Wat beteken hulle vir die goeie burgers van hierdie land? Wat is hulle werd vir demokrasie?

Feit is dat ‘n apatiese burgery die agterdeure oop maak vir diktatorskappe. Ons almal het ‘n plig om “demokrasie-aktiviste” te wees ter beskerming van demokrasie. My dank aan al die fluitjieblasers en joernaliste wat ondersoekende joernalistiek beoefen.

Grassie ·

Wat jy sê is reg mnr Steenhuisen. Maar dit is net wensdenkery. Daar gaan baie gepraat en baie stof opgeskop word, miskien een of twee klein vissies aangekeer word, die hoof-fluitjieblaser gaan hard getrap word en dan gaan die hele kaboedel in vergetelheid verdwyn. Die rede daarvoor? Ons is ‘n derdewêreld land, ‘n piesangrepubliek wat reeds in die afgrond in geplunder is deur ‘n totaal onbevoegde regering wat self besig is om inte plof weens erge tweespalt in hul binnekringe.

Di ·

Net so! Dis als net wensdenkery, BOETIE beskerm BOETIE! Weet as een val dan val almal. Die hele spul ANC is korrupte skelms

Michael ·

CR is die 1e een wie vervolg moet word-sal niks van kom nie

JohanR ·

Kan al klaar sien dat die verslag gaan NIKS oplewer nie! Nie EEN ANC sal die binnekant van ‘n tronk sien nie!

Nie Verbaas ·

“die beskuldigdes aan te kla, hulle agter tralies te kry en die plaag van ANC-korrupsie eens en vir altyd uit te roei”. Daar is nie genoeg tronke in Suid Afrika nie. ANC korrupsie verhoed? Nie in jou leeftyd nie Steenhuisen.

Pietertjie ·

Daar moet eerder ‘n einde kom aan politieke twak-praat.

Deon ·

Ek voel dieselfde, dit voel vir my asof die hele lot politici net sit en wag vir n ander party om iets te doen waaroor hulle n kabaal in die media kan opskop eerder as om net te doen wat reg is en vir ons in hierdie geval saak nommers te gee. In die berig is dar nerens van “dit is die stappe wat ons as party gaan doen oor hierdie saak nie” dit is net n gaval van “daar moet plan gemaak word, ons moet keer dat dit gebeur, ons sal sien wat gedoen gaan word” wel, ek het n verassing, as niemand iets doen nie dan gaan niks gebeur nie, en ek voel dis juis die politieke partye wat hier moet inspring en wys wat hulle werd is

Ian ·

Nou toe dan…. Kom ons kyk wat kry die DA gedoen. VF+ gee opinies en reg deur die bord word getalle gese wat ek skaars kan spel maar dit gaan net voort. Beki Cele doen nie sy werk nie hy speel politiek en kom niks oor nie. Fikile mabalula het die vervoer stelsel lam gele hy praat net n klomp nonsens verder word niks onderhou of reggehou of reggemaak nie. In my opinie as jy dan n sogenaamde minister is moet jy die beste wees in daai vakgebied met ondervinding indien nie is jy deel van die probleem…. Staatskaping

Blomme ·

Die verslag is ontvang. Die top struktuur vd ANC kom nou gou bymekaar en koukus oor die volgende stap. Die nadele en gevolge vir die Kaders en die ANC vanuit die verslag word bespreek. Planne word beraam hoe hul die aanbevelings en inligting gaan omseil. Die Kaders besluit gou weer op iets opspraakwekkend en skokkend en onwettigs sodat die aandag vd land vd verslag afgelei word. En siedaar… Korrupsie weereens suksesvol deurgevoer EN verbloem. Well done anCORRUPT!

Esme ·

Ek wil tog voorstel dat meer tronke gebou word. Ek glo nie ons het voldoende fasiliteite vir al die beskuldigdes op die stadium nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.