Zondo vra nog tyd vir kommissie

Voorsitter van die kommissie, Raymond Zondo, het vroeër die eerste deel van die verslag aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig (Foto: Presidensie/Twitter)

Waarnemende hoofregter Raymond Zondo het versoek dat die termyn van die Kommissie van Ondersoek na Staatskaping verleng moet word tot 30 April. Hy sal na verwagting aan die einde van die maand steeds verslae oor Eskom, Bosasa en die Staatsekuriteitagentskap aan pres. Cyril Ramaphosa oorhandig.

Prof. Itumeleng Mosala, sekretaris van die kommissie, sê die derde deel van die verslag sal na verwagting 1 500 bladsye lank wees. Dit is gelykstaande aan die gesamentlike grootte van deel een en deel twee van die verslag wat onderskeidelik aan die einde van Desember 2021 en aan die einde van Januarie 2021 aan die president oorhandig is. Dit beteken dat die uiteindelike verslag meer as 3 000 bladsye lank sal wees met ʼn gedetailleerde analise van bewyse, bevindings en aanbevelings.

“Alhoewel voorsitter Zondo vroeër aangedui het dat dié deel van die verslag wat aan die einde van Februarie oorhandig word die laaste deel van die verslag sal wees, is dit ongelukkig nie meer die geval nie.”

Mosala sê faktore wat ʼn impak hierop gehad het is Zondo wat moes voorberei vir sy onderhoud vir die amp van hoofregter en dat hy nog tyd nodig het om verdere dokumente te ondersoek.

“Die voorsitter wil dit duidelik maak dat geen vertraging in die indiening van enige dokument ʼn teken is van versuim om sy plig uit te voer nie. Dit is bloot weens verskeie uitdagings en die vasberadenheid deur almal betrokke om seker te maak ʼn behoorlike werk word gedoen.”

Omdat die volumes van die verslag, wat aan die einde van Februarie aan die president oorhandig sal word nie meer die laaste deel van die verslag is nie, het die kommissie dit as noodsaaklik beskou om by die hooggeregshof in Pretoria aansoek te doen vir ʼn verlenging van sy termyn vir twee maande.

As die uitstel goedgekeur word, sal die kommissie die laaste deel van sy verslag teen die einde van April, of ʼn deel daarvan teen die einde van Maart en die res teen die einde van April, by die president indien.

Zondo se dringende aansoek sal na verwagting op 22 Februarie aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Bla bla bla…wharra wharra…NOG tyd vir die tjommas wat skuldig is om weg te kom en te prep met.siek notas! Wat van jy wys jou commitment tot die regsproses en anti korrupte standpunt en sit n paar weke van die ekstra tyd PROBONA in?????

domheks ·

Julle vertel ons nie hoeveel geld julle nog benodig nie ? > Nog ‘n MILJARD ? ?

Willem Wikkelspies ·

‘n Vliegtuig word gebou om 25 jaar te kan vlieg (met onderhoud natuurlik). As die wapenskandaal langer vat om af te handel as wat die lewensduur is van die vliegtuie wat aangekoop was,

.. wel, dan voel die Zondo kommissie se verslag na ‘n geroep (vervang die ‘r’) teen die wind.

annie ·

… Zondo noem dit ‘n verslag maar dit wil eerder lyk na dik volumes antieke geskiedenis. Soos die NVG vorder sal die huidige geslag Suid-Afrikaners geen verdere nuus oor vervolgings binne 50 jaar hoor nie. Zuma word 80. Of hy 130 sal haal soos oupa Metusalag van destyds is onseker siende dat hy as so te sê sterwend van sy kort verblyf op staatskoste onthef is. Sy glo jaarlange verjaarsdagpartytjie kan dalk ook sy tol eis.

piper ·

hy ontvang dit asof hy n nobel prys ontvang. hy moet eerder sy kop in skaamte laat sak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.