Zondo vs Zuma: JZ speel wéér slagoffer-kaart

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: GCIS)

Oudpres. Jacob Zuma het Donderdagaand oudergewoonte weer uitgevaar – hierdie keer in ʼn agt bladsy lange verklaring – oor sy lot onder die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.

Die Konstitusionele Hof het Donderdag die kommissie se aansoek aangehoor waarin hy vra dat tronkstraf aan Zuma opgelê word vir sy minagting van die hofbevel om te getuig. Uitspraak in die saak is voorbehou.

Zuma het nie die aansoek teengestaan nie en was ook nie in die hof verteenwoordig nie.

Hy het gisteraand egter weer mond uitgespoel oor die verrigtinge en gesê die hof het allerlei “onwaar en selektiewe lasterlike bewerings” oor hom aangehoor. Boonop was regter Dhaya Pillay deel van die paneel – ʼn regter wat volgens Zuma in die verlede vyandig teenoor hom was. Zuma sê Pillay het onder meer in ʼn vorige uitspraak aangevoer hy is ʼn “wigindrywer met ʼn giftige tong”.

“Gewoonlik, en as ek geglo het ʼn Suid-Afrikaanse hof gaan my betoë oorweeg, sou ek dit aan die Konstitusionele Hof voorgehou het. My ervaring is egter dat talle Suid-Afrikaanse regters, ook dié van die Konstitusionele Hof, nie meer met ʼn oop gemoed na sake wat my raak kan luister nie …” sê Zuma in die verklaring.

Die oudpresident sê dit “maak ʼn bespotting van geregtigheid” om te sien hoe die hof toegelaat het dat hy misbruik word. “Die herhaalde waarskuwings wat ek in hierdie verband gerig het, val op dowe ore bloot omdat dit van my afkomstig is”.

Die Konstitusionele Hof. (Foto: Reint Dykema)

Zuma sê die kommissie het die Konstitusionele Hof regstreeks genader – weens die dringendheid van die saak – om die Zondo-kommissie van sy eie “ondoeltreffendheid en onbevoegdheid” te red en die hof het gekies om sy regte te vertrap deur die saak te aanvaar.

“Die kommissie was nog nooit eerlik oor sy eie ondoeltreffendheid nie. Dit sluit in die huur van duur persele met buitensporige ekstras, te veel personeellede en duur ondersoekers en regspersoneel wat veroorsaak het dat die kommissie sy aanvanklike begroting geweldig oorskry het.”

Hy voer aan in die kommissie se poging om hierdie tekortkominge toe te smeer, word daar van hom ʼn sondebok gemaak.

Zuma hou ook vol dat Zondo bevooroordeeld teenoor hom is. ʼn Hersieningaansoek van die oudpresident waarin hy vra dat Zondo hom aan die saak onttrek, is steeds hangende.

“Die aandrang namens die kommissie dat ek opgesluit moet word, dui op die kommissie se vyandigheid teenoor my. Dit is nie meer my verskyning waarvoor hulle vra nie. Hulle het aangesluit by die politieke veldtog om my te vernietig.

“Dit wys ook dat dit nog altyd die kommissie se doelwit was.”

Zuma benadruk dat hy ʼn “gewetensbeswaar het teen die misbruik van regsprosesse” en dat hy nie teen die oppergesag van die reg gekant is nie, maar net sy eie regte teen die sogenaamde aanslag probeer verdedig.

“Meer onlangs het magte wat beweer hulle verdedig die Grondwet na vore gekom in hulle geborgde pogings om invloed uit te oefen en openbare druk op die Konstitusionele Hof te plaas om ʼn bevinding teen my te maak.

Die skynheiliges en fariseërs wat hul in priesterlike gewaad voordoen as gesante van God, jaag niks minder na as beheer oor die regbank en die land nie.

Zuma is ook vies oor kommentaar omdat hy nie aan die hofverrigtinge deelgeneem het nie. “Eers is ek vertel dat as ek die aansoek teenstaan, ek met regskoste gestraf gaan word.

“En dan, as ek dit nie teenstaan nie, vra die kommissie dat ek daarvoor gestraf word. Dit wys bloot die kommissie se houding teenoor my.”

Zuma sê voorts hy glo die geskiedenis sal hom van alle blaam onthef.

“Ek weet ek het my lewe gewy aan die bevordering van my mense se belange. Ek sal die tronkstraf uitdien wat die Konstitusionele Hof oplê – dit het reeds die fokus geword van die verdedig-ons-demokrasie-veldtog.

“Die veldtog is gevaarlik vir ons demokrasie en wanneer sy ware kleure begin wys, gaan ek van blaam gesuiwer word.”

Zuma sê hy sien geen grondwetlike krisis nie – soos wat talle mense aanvoer – as hy die straf wat hom opgelê word, aanvaar saam met sy “gewetensbeswaar teen die gedrag van sommige senior lede van die regbank”.

Hy sê daar gaan ʼn krisis wees as hy weier om die straf wat met sy standpunt gepaard gaan te aanvaar.

Al wat ek sê is dat ek nie bang is om tronk toe te gaan nie, nes onder die apartheidstelsel. Ek gaan my egter nie onderwerp aan ʼn onderdrukkende en onregverdige hofstelsel nie.

“Hulle kan my liggaam agter tronkdeure sit, maar my gees is vry om teen die ongeregtigheid van tronkstraf te praat.

“Ons mense, gewone mense, gaan hul stem vind en wanneer hulle doen, gaan nie eens die Konstitusionele Hof hul indringende vrae vryspring nie.”

Zuma sê voorts alle Suid-Afrikaners moet bekommerd wees oor die “gevaarlike situasie” waarheen die land op pad is en dat die skeiding van magte tussen die regbank, wetgewing en die uitvoerende gesag geleidelik vervaag.

“Meer kommerwekkend vir my, wat vir die demokrasie baklei het, is hoe die regbank nou in ʼn posisie is waar hy bo verdenking is en die regters in hierdie land hulle al hoe meer regte toe-eien tot nadeel van die wettige demokratiese prosesse.

Ek stem heelhartig saam met die openbare mening dat ons die begin van ʼn regterlike diktatorskap in Suid-Afrika begin sien.

Zuma waarsku dat indien mense in opstand teen hierdie “regterlike korrupsie” kom, baie van die demokratiese vooruitgang verlore sal gaan.

Hy sê talle van diegene wat nou aanvoer dat hulle in die beste belang van die demokrasie optree, gaan dan die land later met hulle dubbele burgerskap verlaat.

“Die strooipoppe van die sogenaamde beskermers van die demokrasie gaan dan saam met ons agterbly om weer ons land op te bou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Pieter ·

zuma is so bang, maar die skelm praat soos n regte rasis soos hy is- “Face the Music grootbek!!”

Riana ·

Ag tog tot wanneer gaan ons alles op race blame… as jy skelm is is jy skelm… maak nie saak wat kleur van jou vel is nie….

SwartBees ·

Onthou toe hy president was en die SONA gelewer het? Hy het twee tot drie woorde ge-uiter en dan om geblaai. Die agt blaaie is seker net n sinnetjie.

Misky ·

Eers het hy volgehou hy wil getuig en sy dag in die hof hê. Toe dit moes gebeur, swyg hy en storm uit. Nou sê hy hy sal tronk toe gaan. Doen dit dan en wys ons asb

LANA is ELANè ·

Dit is soos “nails on a chalkboard” om deur hierdie hele artikel te wroeg, ek kon net nie myself sover kry nie.

Werner ·

Wel die kaarte wat hy speel werk.Hy is nie toegesluit nie.

Hendrik ·

Ek dink ons almal mis iets… Die voortdurende gesanik, bewoording en invalshoek wat meesterlik gebruik word, klink vir my BAIE soos die van ‘n voormalige ‘Dr’ wat ‘n draai in Nederland gemaak het en nou die ‘Generaal’ van n klomp ‘rent-a-crowd’ veterane is. (Verbeel jou jy hoor sy stem wanneer jy al die twak lees). Wonder hoeveel betaal hulle hom…?

Cherokee ·

‘Oudpres. Jacob Zuma het Donderdagaand oudergewoonte weer uitgevaar – hierdie keer in ʼn agt bladsy lange verklaring (ens)’

Zuma kan nie een bladsy skryf, nevermaaind 8 daarvan.
Iemand anders se hulp ingeroep.

Cd ·

Hoe kan die regbank toelaat dat so n oneelike so manupilerend optree?
Weet hulle dalk iets wat nie bekend gemaak mag word nie. ?
Waarvoor is hulle bang?

Jacobus ·

Gaan nou aub tronk toe en vat vir kodigge Carel saam. In die wêreld daarbuite val een staatshoof na die ander en beland agter tralies. Hoewel jy mr Zuma eerder Den Haag se tronk toe moet gaan!

JM ·

Zuma is totaal irrasioneel; hy is siek! Hy is die grootste ramp wat die land ooit kon tref.

Dirk Mostert ·

Debatteerbaar. Nes jy dink dit kan nie slegter gaan nie gaan dit slegter.

Pieter ·

Julle ANC sirkus en die land se regstelsel is die grootste ramp wat die land nog getref het.

Aikie ·

Tannie wat staan en kyk hoe soldate verby marsjeer. “Haai daar is my Jannie (Zuma) en hy is die enigste een wat in pas is!”

Samuel ·

Waarom mors ons tyd oor JZ se doen en late? Absoluut niks gaan met hom gebeur nie. Daar is niemand in hierdie regering en regstelsel wat nie vir hom bang is nie. Ons SP vrees Zuma, daarom bly hy stil.

Vranet ·

Wat ek nie verstaan nie. As ek die hof minag, word ek in hegtenis geneem. Waarom word die skelm nie toegesluit nie? Hy maak ‘n grap van ons sg regsstelsel. Kom polisie. Voer julle plig uit. As dit nie gedoen word nie, kan enige een mos maak soos Zuma en hom/haar daarop beroep dat hulle dieselfde “regte” as Zuma het.

Kokerboom ·

Demokrasie bestaan NIE in die Afrika verwysingsraamwerk. Aanvaar dit net.

Arno ·

Laat jy gaan sit! “Good Riddens”, hopelik kan ek nuus lees of kyk vir die volgende 2 jaar sonder om sy bakkies vas te kyk!

Hennie J ·

Stortkop probeer die mag terugneem en hy sal vernietig wat hy moet om dit te bereik. Sy aksies en tirades is om een van twee redes; of hy is (soos ek ook dink) onnosel of hy dink deur n martelaar te wees gaan hy n staatsgreep bewerkstellig. Onthou net, hy was een van die lae klas terroriste wat deur sy wreedheid en koelbloedigheid die oog gevang het en so uitgestyg het. Sy enigste pluspunte is(was) sy groot en gladde bek en die vermoe om die gepeupel op te stook en die feit dat hy met die masjiengeweer in die hand mense, ook sy eie, vermoor het. Onthou net die gesegde van twee honde wat om die been baklei en die derde een wat daarmee vort gaan.

Casper ·

Hy is so verrot ek ag dit nie eers meer die moeite werd om oor hom kommentaar te lewer nie.As ek se wat ek graag van hom wil sê sal ek nooit weer uit die tronk uitkom nie.

Francois ·

Weet julle wat, ek is seker ons regstelsel is korrup soos Zuma se. Hy is nog steeds buite die tronk. Waar is jou tande mnr Zondo!!!Safe your face and get Zuma in jail.

Dirk Mostert ·

Gee hom sy sin, stuur hom tronk toe. Gee hom en sy tronkmaats elkeen ‘n Pfizer.

quartus ·

So ver is die telling in hierdie sage 2- 0 in Zuma se guns. Hy daag steeds nie op by howe nie en is ook nie in die tronk nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.