‘Zulu voel veer vir sukkelende SA’ners, honger kinders’

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu (4 Maart 2020) (Foto: Armand Hough/African News Agency/ANA)

Dit het onlangs aan die lig gekom dat Lindiwe Zulu, minister van maatskaplike ontwikkeling, en haar waarnemende direkteur-generaal, Linton Mchunu, altesaam R100 miljoen verkwis het wat bedoel was om oorlewendes van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) by te staan.

Dít kom skaars ʼn week nadat die nasionale teenkorrupsie blitslyn (NACH) se kommissaris, Anele Gxoyiya, onthul het dat 63,6% van 2022/’23 se klagtes in die tweede kwartaal verband hou met voorvalle van beweerde bedrog rakende die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa).

Bridget Masango, die DA se woordvoerder oor sosiale ontwikkeling, sê ondanks die DA se eerste bevraagtekening oor Zulu se versuim om haar departementfondse uit die kriminele batesherwinningsrekening (CARA) in 2020 te laat administreer, het sy en Mchunu die administrasie van die fondse – wat bedoel is vir GBVF-slagofferprogramme – na die Nasionale Ontwikkeling Agentskap (NDA) teen ʼn koste van R6 miljoen oorgeplaas, wat die geld op hul beurt dan aan burgerlike samelewingsorganisasies (CSO’s) uitgedeel het wat nooit vir hierdie befondsing oorweeg moes word nie.

“Die CSO’s het nie adresse gehad nie en was ten tyde van die ontvangs van die fondse al vir langer as ʼn jaar nie meer funksioneel nie.

“Zulu en Mchunu het dit ook goed geag om die fondse agter die nasionale Tesourie se rug oor te dra,” sê Masango.

Sy meen dit is dus geen verrassing dat GBVF-slagoffers min tot geen voordeel uit die R100 miljoen gekry het, wat spesifiek vir hulle bedoel was nie.

“Dit is ook nie ʼn skok dat die NDA en die departement van maatskaplike ontwikkeling versuim het om die CSO’s te monitor nie. Die ouditeure het kennis geneem van die onttrekking van groot bedrae geld uit CSO-rekeninge net nadat die fondse gedeponeer is, maar daar is geen rekening gehou oor waarvoor dit gebruik is nie.”

Masango sê dit is nou duideliker as ooit dat Zulu die departement van maatskaplike ontwikkeling – bedoel om die armstes en kwesbaarste in ons samelewing te dien – as niks meer as haar persoonlike spaarvarkie sien nie.

“Dit is duidelik dat sy nie eers ʼn bietjie vir sukkelende Suid-Afrikaners, honger kinders of GBVF-oorlewendes omgee nie. Dit is ook duidelik dat sy alles in haar vermoë sal doen om diegene in haar departement wat probeer om sy mandaat na te kom, opsy te skuif.

Die DA het al verskeie kere gevra dat minister Zulu afgedank word.

“Ons verwag nie meer dat pres. Cyril Ramaphosa die regte ding sal doen nie,” het Masango gesê. “Ons hoop wel dat Suid-Afrikaners vir hulself sal opstaan ​​en die ANC-regering as geheel in 2024 sal uitskop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Oosieoos ·

Hoekom verbaas maar net nog a onbevoegde cANCer kader. Sy moet vervolg word en alle geld waarvoor daar nie a oudit lyn is nie van haar verhaal word

Johann ·

Me myself and I. Vat en vreet. Onverandwoordbaar. Gewetenloos. Onaanspreeklik. ‘n paar standaard kenmerke van ‘n getroue kameraad en kader.

Danie ·

Ons moet die ordentlike oom en tannie wees. Ons mag nie vloek nie want dit is teen die reels. Maroela weet julle,besef julle wat in sekere wit afrikaner harte omgaan. Ek mag nie haat nie want dan word ek aangekla ,maar mag die Almagtige Vader sy woede uitstort oor Suid Afrika en sy Woord in ere kom herstel sodat die wat hul rug op Hom gedraai kan sien hoe Hy n land kan platvee soos Sodom en Gomora.

Deon ·

En so verloor die ANC n paar duisend stemme na hulle n paar skelms se stemme gekoop het. Swak besigheid ou CR! So sal hulle aangaan en hul eie graf grawe … bietjie vir bietjie.

Althes ·

Sy is nie die enigste kader wat kosbare belastinggeld geld verkwis nie. Die hele regering voel ñ veer. Gelukkig sql hul nie altyd in beheer bly nie.

Yvonne ·

Gierigheid, minagting van die reg etc. die regering sit met n onversadigbare honger na geld en mag…niks ander maak saak nie

Johanné ·

Wie gaan haar laat toesluit? Kom DA, wys julle omgee vir ons belastingbetalers dat ons volgende jaar ons kruisie op die regte plek kan trek. Of Solidariteit, doen wat reg is, en sluit haar toe!!

Bolandse Nooi ·

@Danie, hierbo … ek hoop jy besef dat as g-d die land kom platvee, dit my en jou sal insluit. “G-d se wraak” sal ‘non-selective’ wees, wat beteken dat mense wat reg lewe en niemand skaad nie, ook daardeur geraak sal word. Wees versigtig waarvoor jy bid.

minnie muis ·

weer eens n bewys dat sekere afrikane nie in top posisies hoort nie …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.