Zululand-munisipaliteit kap terug oor duur ontbyt

Die Zululand-distriksmunisipaliteit sê die sakeontbyt het vir beleggings van miljoene rande in die streek gesorg.

Die Zululand-distriksmunisipaliteit, wat in die spervuur is oor ʼn sakeontbyt wat glo R5 miljoen gekos het, het nou teruggekap en sê die geselligheid het nie naastenby soveel gekos nie.

Maroela Media het vroeër berig die burgemeester van die plaaslike owerheid, Thulasizwe Buthelezi, het glo die sakeontbyt in ʼn Durbanse hotel gereël sonder dat die raad goedkeuring daarvoor gegee het.

Die munisipaliteit sê in ʼn kort verklaring hy het duidelikheid verskaf oor die “moedswillige bewerings” wat gemaak is om politieke punte te wen.

Volgens die plaaslike owerheid het die koste verbonde aan die venue R71 000 beloop en het dit bestaan uit onder meer tafels, stoele, tafeldoeke en elektroniese toerusting.

Nog R46 200 is aan kos en drinkgoed vir 100 mense bestee.

Entrepreneurs en beleggers van oor die land het die ete bygewoon, aldus die munisipaliteit.

Volgens die munisipaliteit het die geselligheid – belasting ingesluit – eindelik net minder as R135 000 gekos.

Die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka, het sy departement vroeër reeds opdrag gegee om die omstandighede rondom die geselligheid, en die bedrag geld wat daaraan bestee is, te ondersoek.

Sommige inwoners het die munisipaliteit op sosialemediaplatforms gekap omdat hulle steeds nie toegang tot basiese dienste, soos lopende water het nie, asook dat jong mense sukkel om toegang tot finansiering vir sakeondernemings te kry terwyl ʼn groot bedrag geld aan die ontbyt bestee is.

Volgens die munisipaliteit het die sakeontbyt infrastruktuurbeleggings van R800 miljoen tot gevolg gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Nie Verbaas ·

Vergeet die venue, R462 per kop vir n ontbyt? R800 miljoen infrastruktuur beleggings vir wie? Hy moet onthou dat so belegging nie weggesteek kan word nie, paaie, brûe, ons sal maar sien. En waar daar n rokie trek is daar n vuurtjie wat in ANC se geval gewoonlik die waarheid is.

Pieter ·

Ag asb al wat julle anc kommuniste doen is lieg. Dink julle regtig ons het julle mentaliteit.

Dries ·

Lieg die kan hulle goed doen. Hulle lieg so hard dat hulle hulleself glo al slaap hulle. Solank hulle net goed kan doen aan hulleself en hulle pockets line is hulle gellukkig. Tyd en papier is geduldig. Waarheid is daar altyd plek voor. Mooi loop anc. Julle tyd van afrekening is naby. Gaan julle goed. Gaan in julle m..r in

JM ·

Sommiges skep asof dit die laaste skep op aarde is. Dié sonder lopende water en ander noodsaaklike dienste kan wag. Siek!!!

Misky ·

Die stad het mos ‘n stadsaal en horde ander persele, hoekom nie dit gebruik nie? Hoekom nou ‘n hotel meer as R70 000 betaal net om daar te hou? So die hele spulletjie het R1 350 p/p gekos (as hulle nie lieg nie) en ons betaal vir dit. Lekker om met ander se geld te mors darem nè!!!!

Harley Davidson ·

Dit kan onmoontlik so baie wees daar moes baie van daardie geld in iemand se agtersak beland het soos wat die norm maar is in ‘n piesang Republiek

Vonkprop ·

Ja reg asof enige van hulle funksies so min sal kos. Hulle is bekend vir duur drank en kos.

Kokerboom ·

Die kaders LIEG as hul hul mond oopmaak! Die skandalighede MOET NOU einde kry Cyril!!!!

Jr ·

Ja en ek is die Ys konining. cANCer party LIEG, LIEG, LIEG, LLLLLLLIIIIIIIEEEEEGGGG.Julle verwag ons geleerdes, intellegente, mense moet julle ongeleerdes moet glo. Ek het 70% vir matriek gekry

Baardman ·

Klink my hulle het die gans wat die goue eiers lê en die goue eiers geeet

koos10 ·

Dis mos nie moelik om te bewys nie? Maak net jul boeke oop dat almal kan sien wie lieg!
Dat dit sonder goedkeuring gedoen is is nog meer kommerwekend!

SjN ·

Geen breinkrag nodig om berekening te doen nie, prys buitensporig vir ontbyt.

Johann ·

Die gemak wat R10…R1000…R5447275263733998 uitgegee word is net verbysterend!

Johanna ·

Dis belaglik. Die kommentaar daaroor maak nie sin nie.
SIU kan maar ondersiek instel..

Excalibur ·

Die President en Regering staan mos vir: “Accountability”, “Transparency”, “Responsibility”, “Inclusiveness” , “Anti-Criminality”, “Anti-Corruption & Anti-Fraud”, “Public Finance Management Act (PFMA)”, Anti-Financial Misconduct”, “Anti-Wasteful & Anti-Fruitless Expenses”, “Consequence Management” and the Code of Conduct on Professional Etiquette & Integrity… Eerbare President & “Members of Parlement” indien u openlik eerbaar aan u landsburgers wil wees en dit met “Consistency” wil toepas as ‘n “Government Imparative”; Kom laat ‘n totaal onafhanklike ge-akkrediteerde buitelandse Ouditeursmaatskappy van Europa of Amerika of selfs van die Wereldbank ‘n “Audit” op hierdie aangeleentheid doen en die uitslag onveranderd aan Jan Publiek bekend maak. Indien u dit nie wil doen nie beteken dit dat al bogenoemde woorde slegs goed genoeg is in ‘n woordeboek en benodig u ‘n verklarende woordeboek om u die erns van elke woord te verduidelik en dan praat ons weer van GEREGTIGHEID!

Strandloper ·

Goed gestel in alle opsigte. Onthou dit is ons opgevoede en wet gehoorsame burgers se seining dit ontbreek ongelukkig in die anc wat groot woorde aangryp sonder eenige begrip en presies die teenoor gestelde doen.

Erika ·

Hulle het geld vir Lekker ontby Lekker Perks- t Maar die infrastruktuur(dienste) word nie aandag aan gegee nie… verantwoordelikhede
its what you can do for Us.. Not about giving decent service-dit is so tipies

Hasie ·

Ek sal ook vir hul ontbyt gee vir daardie prys …….Kelogs en melk en elkeen sit op ‘n krat. ….en die res is myne ….

skurweberg ·

Is daar so iets soos regsaanspreeklikheid vir die hoof van ‘n politieke party of die hoof van n land, behalwe sy gewete ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.