Zuma-aansoek: Hof sê grondwet is oortree

Pres. Jacob Zuma tydens sy antwoordsessie in die parlement (2 November 2017). Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die konstitusionele hof het beslis dat die Nasionale Vergadering nie daarin geslaag het om meganismes in plek te stel om pres. Jacob Zuma verantwoordbaar te hou nie.

Die hof het bevind dat die Nasionale Vergadering artikel 89 van die Grondwet oortree het deurdat daar nie reëls gemaak is om die verwydering van die president te reguleer nie. Daar is ook gelas dat die Nasionale Vergadering aan artikel 237 van die grondwet moet voldoen en die reëls [soos genoem hier bo] sonder vertraging moet saamstel.

Volgens die hof is die Nasionale Vergadering se mislukking om te bepaal of die president artikel 89 van die grondwet oortree het, strydig met dié artikel en artikel 42(3). Die Nasionale Vergadering is beveel om onmiddellik te voldoen aan artikel 237 van die grondwet, waarvolgens alle grondwetlike verpligtinge stiptelik en sonder versuim uitgevoer moet word.

Die hof het gelas dat die Nasionale Vergadering en die president verantwoordelik is vir die kostes van die aansoek.

Die EFF het ʼn verklarende bevel aan die parlement gestuur om te versoek dat die parlement Zuma se gedrag beoordeel en bepaal of dit genoegsame gronde is om hom in ʼn staat van beskuldiging te plaas nadat die konstitusionele hof bevind het Zuma het sy ampseed verbreek en die Grondwet oortree.

Die konstitusionele hof het in Maart verlede jaar in ʼn verdoemende beslissing gesê Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf, te verdedig en te respekteer toe hy nie gehoor gegee het nie aan die regstellende stappe wat die voormalige openbare beskermer, Thuli Madonsela, aangedui het.

Dit kom nadat meer as R200 miljoen van belastingbetalers se geld gebruik is om opgraderings aan Zuma se Nkandla-woning te doen.

Die EFF, Cope en UDM het in September in die konstitusionele hof aangevoer dat speaker Baleka Mbete nie alle gepaste meganismes in plek gestel het om Zuma aanspreeklik te hou nie.

Hulle het vir ʼn bevel gevra om Mbete te dwing om ‘n komitee, of enige onafhanklike liggaam, te stig om Zuma se optrede te ondersoek en te bepaal of hy aan enige oortreding skuldig is. Mbete het die aansoek teengestaan.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Eish ·

Troostelose land wat soveel onreg verdra.
Troostelose volk wat dit toelaat.

HPV ·

Troostelose volk wat die NP, FW en Roelf die mandaat gegee het om ‘n sonder wigte en teenwigte te onderhandel met die ANC.

zoom zoom ·

En Zuma wys vir almal weereens ‘n toffie. The untouchable

jaco ·

slim skuif van hierdie regters: gooi die hele saak terug na die ANC gedomineerde parlement. so weet hulle die ANC gaan dan nie die grondwet verander soos aanbeveel die hof nie EN die regters behou hulle werk, wat hulle so verloor het as hulle aanvanklik net die regte ding gedoen het deur te bloot te sê wat ons almal weet waar is: “Ja Zuma is skuldig en hy moet bedank”.

pieter ·

Die grondwet hof se uitspraak kan nie teen geappelleer word nie, maar wat Zuma en sy gespuis wel kan doen is om die uitspraak te ignoreer of te verstaan soos hulle dit sien.

Jean-Pierre ·

Man hierdie Afrika-bevrydingsorganisasies en leiers is ‘n absolute skande! Net in die suidelike Afrika-streek het hierdie Afrika-bevrydingsorganisasie krag behou vir ‘n gesamentlike gemiddelde tydperk van 30 jaar sedert onafhanklikheid van die voormalige koloniale magte, of dit nou die BDP in Botswana is wat regeër sedert 1966 of die MPLA in Angola, FRELIMO in Mosambiek en Huis van Dlamini ‘n absolute monargie in Swaziland wat almal sedert 1975 regeer, of ZANU-PF in Zimbabwe wat sedert 1980 regeer, of SWAPO in Namibië wat sedert 1990 regeer het of die ANC in Suid-Afrika wat sedert 1994 regeer het. Hulle almal behou die status quo in die streek en vooruitgang en ontwikkeling het gestagneer asgevolg daarvan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.