Zuma, wat noue bande met die omstrede Gupta-familie het, het kort voor Madonsela se termyn verstryk het, ʼn aansoek ingedien om te probeer keer dat sy die verslag bekendmaak. Zuma voer aan hy het nie genoeg tyd gehad om oor die bewerings teen hom te reageer nie. Zuma het Madonsela onder meer versoek om die getuies in die ondersoek te ondervra.
Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne, het ook Maandag ʼn aansoek om ʼn interdik ingedien. Hy meen die verslag is oorhaastig saamgestel sonder dat sy grondwetlike regte in ag geneem is.
Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, is ook Maandag weer hof toe in ʼn poging om te verhoed dat die verslag bekendgemaak word. Van Rooyen het vroeër vandeesmaand vir die eerste keer ʼn hofaansoek ingedien om te keer dat Madonsela, die voormalige openbare beskermer, se staatskaping-verslag bekendgemaak word.
Die Guptas het ook vroeër gedreig om ʼn interdik te probeer bekom maar toe daarteen besluit.
Mmusi Maimane, leier van die DA, meen die ministers poog net om Dinsdag se hofverrigtinge so lank moontlik te probeer vertraag. “Die interdikte is niks meer as noukeurig berekende pogings om sake te vertraag en die onvermydelike vrystelling van die verslag so lank moontlik uit te rek nie.”
Maimane het gesê die DA se regspan sal aanvoer dat al die aansoeke van die hand gewys moet word. Die EFF, UDM en Cope is ook deel van die regstryd.
Die staatskaping-verslag word intussen veilig bewaar in ʼn kluis in die kantoor van die OB se hoof van regsdienste.
Daardie verslag gaan voete kry. Hoop daar is iewers n afskrif!
Dink jy werklik daar is enige kans dat Thuli Madonsela nie steeds die oorspronklike weergawe het nie? Dit is uiters onwaarskynlik.
Hierdie intrdikte dra slegs een boodskap en dit is dat die openbaarmaking baie dringend noodsaaklik is.
Die volk se regte weeg swaarder as die een of twee wat iets probeer wegsteek. Ons land en sy mense moet die WAARHEID weet
Die waarheid sal wel seëvier, of dit nou of later is. Soos gesê word, wat jy in die duister doen word op die dakke uitgeskree. Dit is wat nou gaan gebeur en hulle weet hulle dae is getel sodra daai verslag openbaar gemaak word.
Daar word soveel vir ons weg gesteek, dit is skrikwekkend. Dit is maar net die oortjie van die seekoei hierdie.
Ek is nie ‘n regskenner nie, en gaan myself nou blootstel vir aanvalle, maar dit is sake soos die wat my ‘n totale afkeur in die regstelsel gee
As jy geld het (al is dit die belasting betaler se geld) dan is die kans dat jy jou saak gaan wen baie goed teenoor ‘n person wat nie geld het nie. Laat Zuma en die ministers die saak beveg met hulle eie geld
Ek is geen regsgeleerde, vandaar die “dom” vraag: is dit moontlik om die aansoeke vir die interdikte “met koste” vir hul eie sakke af te keur? Sodat NummaOne se puppets begin besef jy kan nie net hof toe hardloop nie, want dit gaan jou eie sak raak?
Wanneer die verslag uiteindelik openbaar gemaak word, sal Thuli mos kan sê of daar aan gepeuter is. As dit wel die geval is, kan nie nuwe hopelik OB aangevat word en die trekpas kry.
As hy onskuldig was, sou hy nie omgegee het dat die verslag openbaar gemaak word nie. Hoekom wil hy dit tot elke prys stop? Hy kan mos sy kant van die saak stel nadat dit openbaar is. Ek hoop regtig nie dit gaan langer uitgerek word nie, want ons wil ook weet wat in daardie verslag staan wat No 1 en die ander ministers so op hol het.
Ons sal moet bid en sterk wees. Hier kom burgeroorlog. Zuma se “umshini wam” en die aanhitsing van sy aanhangers is nie speletjies nie. Uiteindelik nog ‘n Zimbabwe met Zuma as diktator. Maak mens bekommerd.
Dit kommerwekend hoe die regs geleerdes telkemal beruspe word om op koers te bly van hulle voorlegens