Zuma-aansoek oor staatskapingverslag aangehoor

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die hooggeregshof in Pretoria sal Dinsdag mondelingse argumente aanhoor in pres. Jacob Zuma se aansoek om die regstellende stappe in die voormalige openbare beskermer (OB) se staatskapingverslag te hersien.

Thuli Madonsela, voormalige OB, het aanbeveel dat Zuma ʼn kommissie van ondersoek aanstel onder leiding van ʼn regter. Die DA het daarna die hof versoek om te bevind Zuma het versuim om aan die OB se regstellende stappe gehoor te gee.

Zuma het Madonsela se staatskapingverslag, wat onder meer lig werp op Eskom se transaksies met die omstrede Gupta-familie, in hersiening geneem omdat hy verskil van haar aanbeveling dat ʼn kommissie van ondersoek, onder leiding van ʼn regter wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng aangewys is, op die been gebring moet word om die beweerde kanalisering van staatshulpbronne na sakemanne met politieke bande te ondersoek.

Madonsela het Zuma 30 dae tyd gegee om die kommissie van ondersoek aan te stel en die DA het hof toe gegaan om hom te dwing om dit te doen. Die president voer egter aan die Grondwet gee hom slegs die reg om die hoof van ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel.

Zuma het in Junie gereageer op die DA se hofaansoek deur ʼn teenaansoek in te dien om uitstel te versoek op die inwerkingstelling van Madonsela se aanbevelings totdat die hersiening gefinaliseer is, indien nodig. In sy aansoek voer Zuma aan hy is nie verplig om aan die OB se verslag gehoor te gee indien hy die korrektheid daarvan in twyfel trek nie.

Op 29 September het die hooggeregshof in Pretoria in Zuma se guns beslis deur te bevind dat die president nie onmiddellik só ’n kommissie op die been hoef te bring nie. Regter Motsamai Makume het die DA se aansoek van die hand gewys hangende Zuma se hersiening van die regstellende stappe wat vandag sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos1 ·

Ek het nog nooit so ‘n dikvellige president van ‘n land teegekom nie.
As hy enigsins iets vir ons land gevoel het sou hy al lankal teen staatskaping opgetree het, NIE DIT AANHELP NIE!!!!
Zuma het uit gestyg to bo sy party, en hulle kan (of wil) niks aan hom doen nie. Hy sal in die anale onthou word as die slegste ding wat SA nog ooit oorgekom het. Apartheid was erg maar hierdie ou verwoes almal se lewens, nie net seker bevolkings groepe nie! In die toekoms gaan ons nie meer van voor en na 1994 praar nie, maar wel van voor 2009 en na 2019.

AP ·

Natuurlik sal hy sy eie span , nou eers will aanstel , sloer so lank as moontlik om nog te skep , jy is reg dikvellig is maar lig gestel

MM ·

President – Nee hy is niks van SA in my oe nie – enigste ding wat hy goed gedoen het vir SA is om ons almal op ons knie te bring met korrupsie / Staatskaping – en nog steeds gaan hy aan – GOD SLAAP NIE.

Cherokee ·

Is jy ernstig wanneer jy sê dat dit wat jy noem, die enigste goeie ding is wat hy gedoen het?
Let op en jy sal sien dat terwyl groot politieke partye die ANC probeer breek en nie hond haaraf maak nie, breek hy wat Zuma is die ANC manalleen in stukkies.

Jaco ·

Die ANC /Staat kan niks aan hom doen nie want meeste van hulle het saam gedeel in die geld of het familie wat gedeel het .

Koos ·

En wie moet ons bedank? Die persone wat destyds ons kamma wonderlike Grondwet saamgestel het! So wonderlik dat Zuma enigiets kan aanvang en steeds bly hy onaantasbaar!

Cherokee ·

En so word die mense wat vir daardie selfde Grondwet gestem het, vergeet. Die mense wat nou praat asof daar net een ja-stem was; die van De Klerk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.