Zuma agter tralies

Oudpres. Jacob Zuma is nou ’n gevangene van die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma is nou ’n gevangene van die Estcourt-gevangenis in KwaZulu-Natal.

Dít is Donderdag in ’n verklaring deur die departement van korrektiewe dienste bevestig.

Die Jacob Zuma-stigting asook Duduzile Zuma, Zuma se dogter, het Woensdagaand op Twitter aangekondig dat die voormalige staatshoof hom kort voor middernag aan die polisie oorgegee het om sy 15 maande vonnis te begin uitdien.

Die Konstitusionele Hof het Zuma tot Sondag tyd gegee om hom aan te meld om sy tronkstraf te begin uitdien wat aan hom opgelê is vir die minagting van ’n hofbevel om voor die Zondo-kommissie na staatskaping te getuig.

Sou hy versuim, het die hof gelas dat die polisie hom teen Woensdag in hegtenis moet neem.

Luidens berigte en video’s wat Woensdagaand op sosiale media gedeel is, was daar ’n swaar polisieteenwoordigheid by Zuma se Nkandla-woning terwyl hy die perseel verlaat het.

Duduzile het getwiet dat sy met Zuma op pad na sy bestemming gepraat het en dat sy gemoedere ten tyde van die gesprek goed was.

“Hy sê hy hoop hulle het steeds dieselfde oorpakke van Robbeneiland en ons het gelag oor hy ten minste nie dié keer met Afrikaans sal sukkel nie. Ons salueer ons pa. Amandla.”

Duduzile het ook op Twitter gesê dat haar pa nie bang is om tronk toe te gaan nie aangesien hy al voorheen daar was.

“Al wat hy wou hê, was om te vermy dat daar bloed gestort word.”

Luidens die departement se verklaring sal Zuma aan al die voorgeskrewe regulasies soos deur die departement uiteengesit, onderwerp word.

“Alle ander toepaslike voorskrifte rakende die inneem en oriëntering van nuwe gevangenes sal ook nagekom en uitgevoer word.”

Die Vryheidsfront Plus sê hy beskou die jongste verwikkelinge as ’n oorwinning vir die polisie en Suid-Afrikaanse regstelsel.

“Zuma gee oor, want hy besef hy het sy politieke mag verloor. Al die bravade en dreigemente was net magsvertoon wat swig voor die oomblik van waarheid.

“Die vraag is steeds of hy tronk toe gestuur gaan word om sy vonnis uit te dien en, indien wel, of hy spesiale behandeling gaan kry. Siektetoestande sal waarskynlik ’n rede wees om hom in die hospitaal te laat opneem.”

Die party meen verder Zuma sal nou “martelaar speel” om simpatie te probeer wen.

Intussen het Zuma se regspan sedert die hofuitspraak behoorlik bontgestaan om te probeer keer dat Zuma vandeesweek tronk toe gaan.

Zuma het twee afsonderlike aansoeke by onderskeidelik die hooggeregshof in Pietermaritzburg en die Konstitusionele Hof ingedien om die lasbrief vir sy inhegtenisneming asook sy skuldigbevinding en vonnis ter syde te stel.

Die hooggeregshof het Dinsdag gesê dat uitspraak rakende die tersydestelling van die lasbrief tot Vrydag voorbehou is terwyl die Konstitusionele Hof ingestem het om Zuma se dringende aansoek vir die tersydestelling van sy skuldigbevinding en vonnis op Maandag 12 Julie aan te hoor.

Zuma voer in sy aansoek aan dat hy nie ’n geleentheid gegun is om getuienis ter versagting van sy vonnis te lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

123 Kommentare

Tubac ·

You can bluff some of the people some of the time, but you cannot bluff all the people all the time. Wat n klug!

Thom ·

Wat is dié keer ‘n klug ? Wat sou julle dié keer tevrede gestel het __ ‘n skietgeveg tussen die polisie en sy ondersteuners ?

Werner ·

Née sou net daarvan gehou het as hier nog n werkende regstelsel was.

Danie ·

Thom jy moet tog seker besef dat die publiek heeltyd aan die neus rondgelei word deur die regering of is jy n blinde wat niks sien.

ElizeK ·

Hoekom wag tot ALLES in donkerte gehul is!!! Sy “seuntjie” wat sou sterf alvorens pappa tronk toe gaan, skitter in sy afwesigheid. Jy is baie naief as jy die TWAK glo. En vir sy dogter…pappa hoef nie Afrikaans magtig te wees nie…daar IS NIE MEER AFRIKAANS SPREKENDES by die tronke nie behalwe gevangenisse. Dink julle eerlik ons moet DIE bollies glo. Ek sou beslis nie grappies gemaak het as hulle my bejaarde Pa tronk toe gevat het nie. Julle wen beslis nie n Oscar vir die powere poging nie.

Martin ·

Wel n klug omdat hy weg gery is met VIP protection hy is klaar n krimineel en sy tyd het sondag verstryk nie woensdag nie so ja n klug

My siening ·

Hy is aan nog n klag van minagting skuldig want hy het sy tyd om hom sondag oor te gee ook die middel vinger vir hof gewys!

Leeuwyfie ·

Ek soek ‘n foto van hom in sy oranje klere agter tralies voor ek dit glo. Dit het als so suutjies suutjies in die middel van die aand gebeur. Ek dink hy sit nog baie gemaklik in sy vuurpoel.

Pietertjie ·

Kwalifiseer hy nie al om weens goeie gedrag op parool vrygelaat te word nie?

SwartBees ·

Gaan ons geld neersit op hoe vinnig hy nou n lewens bedrygde kroniese kwaal gaan ontwikkel?

Lindi ·

Daar was gisteraand al twee ambulanse by Nkandla (is nie eers seker of ek dit reg spel nie) So, die grondwerk vir mediese parool is reeds gele

Moedeloos ·

Ja maar ek het iewers gelees dat hul weggewys is omdat die wagte gesê het hy is nie siek nie en hul nie ontbied het nie. So iemand het nou weer voorbrand gemaak.

Snowball ·

Lindi jy kan Nkandla vervang met “Plek waar die polisie bang is”.

Keelvol ·

Pietertjie jy’t dit verkeerd. Hy kwalifiseer al vir mediese parool toe die uitspraak gemaak is.

Tiptol ·

Uiteindelik ‘n stap in die regte rigting. Hoop dit sal so voortgaan.

Ali ·

Asb. Net soos al die moordenaars wat gevang word en binne 24 uur ontslaan word…

Piet parys ·

Gevangene groot grap . 5 ster diens vir n BBP. Nie oorgegee nie maar moes mos inhegtenis geneem word na Sondag aand 12 uur was die opdrag .

Coolbanana ·

Dis n goeie dag vi SA……… Maar dis nog nie verby nie…… Sal sekerlik mediese parool kry?

Heinrich ·

Ek wed my kar, huis en pensioen dat hy oor ‘n paar weke (maksimum) gaan uit wees agv een of ander mediese of sielkundige probleem.

pdbpta ·

“Robin Hood” se ware kleure onthul. Ou Zuma bly vir altyd ń lae SKELM!

Snowball ·

Tyd sal leer hoe eg en regverdig hierdie affêre sal uitspeel.

KB ·

Duduzile moet haar feite regkry – Zuma is nie id Westville-gevangenis nie, maar wel id Estcourt-gevangenis…..

Werner ·

Ou Cele het gister die heel dag met hom samesprekings gehou ou Zuma is by die voordeur in en by die agter deur uit.As daar nie nou onluste uitbreek nie is hierdie net so n groot bedrog spul soos die staatskaping.

Boer ·

Hy het seker gemaak dat sy tronksell reg was. Met ‘n lekker bed, warm komberse, TV met Dstv, drankkas, selfoon en seker so 3 van sy 20 vrouens is daar.

Elinette ·

Moet nog nie begin sluk aan jou woorde nie. Moenie glo dat Zuma in die tronk is nie. Eers as ons hom in sy oranje pakkie sien, midde-in die gewone gevangenis gepeupel en daarna waar die regte seldeure agter hom toeslaan, kan jy maar Mnr. De Hoed se leerhoed begin kou …

Di ·

Hoe se die spreekwoord “Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel” Dit was hoogtyd dat hy sy dag kry. Te lank weggekom met sy skelm streke wat die land in bankkrotskap gedompel het. Hoop hy sal in sy sel sit en dink oor als wat hy aan hierdie land gedoen het.

SwartBees ·

Mens het n brein nodig om te kan dink en dit is iets wat hy kort.

Heinrich ·

Hy is nog te besig om sy tronk nommer te probeer uitspreek… hy het mos volgens hom en sy foundation niks verkeerd gedoen in elk geval nie

Frikkels ·

Waar is grootmond Edward nou? Hy leef dan nog! En Kareltjie grootbek is uitgeskop.

Danie ·

Sien is glo. Neem fotos elke dag van waar hy in die tronk sit en hoekom Escourt was hy nie veronderstel om by Westville gevangenis of in Johannesburg gevangenis aan te meld. Hierdie is n klug. Hy sit seker in die direkteur van die gevangenis se huis en eet lekker ontbyt vanoggend. Nee wat ek glo nie tensy ek met my eie oe sien.

JJB ·

Hy moet langer sit omdat hy (in tipiese ANC styl) laat opgedaag het. Wat ‘n klugspul.

Pieter ·

Hy is met n vakansie nie in die tronk nie. Bring hom suncity toe dan sal hy sien wat is n tronk.

MakersMark ·

Hy sal seker binne 24 uur gediagnoseer word met ‘n dodelike siekte en 3 maande om te leef. Dan vrygelaat word op grond van menslikheid.

Hendrik Marthinus ·

Hy is net so min in n sel as wat ek is Makers
Ek van begin gese hy Sal kamstig aanmeld, maar hy is beslis nou soos jare terug in Exile
Hou maar dop na 4 maande vat Hulle hom terug en hy loop kamstig uit n korrektiewe dienste gebou
Kan nie glo mense glo hy rerig gearresteer of het aangemeld vir tronkstraf nie

Nozi ·

Goed om te hoor hy het homself oorgegee, maar ek kry tog die idee dat dit als net a foefie verhaal is. Ek sal maar die media dophou en kyk hoe sy pad nou voorentoe verloop.

SwartBees ·

Jy is reg, Zuma kan nou kommunikeer met sy mede skelm boeties in sy moedertaal.

annie ·

Dear South Africans and the World…. what a high ranking oukie…. and next week his majesty lies in hospital with a virus called… lies.

Blikkies ·

Het hulle nog sulke goed soos Bandiete? wat in die tuine van die staatsgeboue werk?

Anel ·

Ek glo nie. Dis mos teen hulle menseregte om te werk. Ek dink dit is net vrywillig. Dis soos die spreekwoord sê: ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Debby ·

Ja daar is nog bandiete en jy is reg dit is hulle vrye wil om te werk of nie

Snowball ·

Nee, volgens ander nuusberigte het hy glo net heel besope saam met so 40 ‘die hard’ ondersteuners ‘n paar struggle songs en ‘n dansie of twee uitgekap.

MakersMark ·

En toe big daddy weg is verder “geparty”. Hy is nou seker koning op Nkandhla…..

Androclus ·

Ons wag nou nog vir daardie ander vrag sake van hom dan dink ek hy moet lewenslank kry sommer.Ou Ace dink ek se maag gee seker vreeslike draaie,ons wag nou vir hom.Dis “n stap in die regte rigting.

Vonkprop ·

Dit bly ‘n grap. Hy neem niks ernstig op nie en hy dink die tronk is baie snaaks. Hy weet hy gaan voorkeur behandeling kry en na ‘n paar weke kom hy uit op mediese parool. Hierdie is glad nie ‘n oorwinning nie.

Debbie ·

Nooit gedink die dag sal ooit gebeur nie, nou wag ons net vir Malema om dieselfde paadjie te stap selle toe. Hulle moet hierdie n publieke vakansie dag maak

Androclus ·

Foto spreek boekdele dat die ou jakkals moeg is van al die rond springery om tronk toe te gaan.

Aai ·

Hulle het hom gaan haal hy het homself nie oorgegee soos sy dogter se .Die polisie moet hom ‘n vet rekening stuur vir al die moeite van die honderde polisie voertuie en helikopters wat gestuur is na KZN.
Nou hoekom sal Dudu zuma nou afrikaans in die prentjie bring?

DUDU zuma twitter
@PresJGZuma
en route and he is still in high spirits. He said that he hopes they still have his same overalls from Robben Island and we laughed hard that at least he won’t struggle with Afrikaans this time round. We salute dad! Amandla Raised fistRaised fistRaised fist!!!

Snowball ·

Want êrens moet hulle Afrikaners of Afrikaans bybring. Dit gee hulle relevansie as almal eensgesind hulle wrewel vir Afrikaans kan wys. Maar sy is heeltemal reg. Min Afrikaanses in die tronk. Baie van die ander 11 tale is mede gevangenes, so Jakob sal lekker kan kommunikeer (solank hy net nie hoef te tel nie)

Anthony ·

solank hy net nie hoef te tel nie…LOL…lekker lag ek nou Snowball

SwartBees ·

Destyds het die Boere hom in die tronk gesmyt en was dit n freedom struggle. Nou smyt sy eie mense hom in die tronk, watse struggle gaan dit nou wees?

Bytjienw ·

Apartheid… Hy’t mos klaar die week gesê sy vonnis is gegrond op wette van die Apartheids era en daarom staan hy dit teë

Bytjienw ·

Afrikaans is vir hom seker ‘n vreeslike “challenge” as mens kyk na watse uitdaging syfers in engels vir hom is…!!!

Elinette ·

Hulle bring Afrikaans in die prentjie omdat dít, Jan van Riebeeck, kolonialisasie, Apartheid en agterblewenheid in hul koppe aanhou refrein. Die huidige geslag (ons) sal dalk nie meer leef nie, dan sal dit steeds hul verskoning wees hoekom hulle nêrens kom en niks kan bereik of van niks ‘n sukses kan maak nie.

Blomme ·

Was dit op tv vertoon hoe hy gevange geneem word of is dit maar net deurgee.? Is mense seker hy is tronk toe of lê by nie maar net eers laag in Inkantla tot die stof gaan lê nie. Hul leuens het mens al so ongelowig in alles wat hul sê.

Lorna ·

Daar is seker ni n bang haar op sy kop nie……..
Oeps so lanklaas n pic van hom gesien nie

Skollie vanni Kaap ·

Volgens sy “Spokes person”: He is a law abiding citizen.

Bwahahahaha! Grap van die eeu!

Sebastiaan ·

Ek sal dit glo as ek fotos van hom in boeie en oranje pakkie sien.

Martie Smartie ·

Kan iemand net vir Carl Niehaus laat weet hy kan maar huis toe gaan

Lindi ·

Dis nou die mooiste berig wat ek in BAIE jare gelees het!!!

LANA is ELANè ·

Ons sal maar sien, ek kan nie help om te wonder hoe die gewese president se aanhoudingsel teen ander gevangenisse se selle lyk nie?
En met watter haas in die hoed het die regerende party dit reggekry om hom te oortuig om maar eerder te gaan? Net tyd sal leer, dalk ‘n baie kort tydjie.
Vryheidsvegter se voet, dit het altyd oor selfverryking gegaan, ten koste van elke landsburger in SA.

SwartBees ·

En ten spyte van dit als sal daar by die volgende verkiesing mense wees wat vir hom sal stem.

Willem ·

Zuma is net terug vir n opknappings kurses. Oor n maand of twee sal hy terug wees op sy pos .

Jr ·

As hy uitkom gaan hy seker homself vir president nominate want nou is sy CV reg vir office

Bytjienw ·

Inteendeel, hy’s nou beter ge-“kwalify”, hy was immers nou al twee keer in die tronk teenoor die ander se eenkeer!

Louisa ·

Ek sal eers glo hy is werklik ‘n gevangene as ek dit self sien. Fotos kan maklik gedokter word om mense te bluf.

Nadine ·

Nog ‘n oortreding. Het Nkandla nie Curfew ure nie? So word reëls weereens verbreek. Ek het ‘n artikel gelees waar daar gesê word hy is GLO begelei na die tronk ????? met ‘n vidoe clip daarby. Laat mens wonder.

Visentjips ·

Zuma is in Hollywood styl Estcourt gevangenis toe …kyk die fliek op TV…..presendensiële gemerkte voertuie..vir wat? Vangwa, boeie en 4honde sou van pas gewees het….darem is hy nou ingeboek….

Anel ·

Van wanneer af kan mens ter versagting getuig top minagting van die hof? Hoop hulle hou hom nou daar dat hy maklik beskikbaar is vir Zondo kommissie as hy moet voorkom.

Elinette ·

Ag, bollie man!!!! Hy het net so min sy eerste nag agter tralies deurgebring as wat ék laasnag in die selle geslaap het. Buitendien, is daar nie ‘n verskil tussen die tronk in Estcourt en Westville Gevangenis nie? so, waar IS Zuma dan nou, as hy wel tronk toe is? In Estcourt of Durban?

Jakes ·

Tenminste het die hof hier gewen en of Zuma net n deeltjie of sy hele vonnis sal uitdien maak nie eintlik saak nie. Die vernedering om tussen ander gevangenis te beweeg en dieselfde kos as hulle te kry sal n letsel op hom laat. Hy is nie n politieke prisonier nie maar is daar as n krimineel. Indien hy spesiale behandeling sou kry sal dit vinnig uitlek en dan sal die herrie los wees.

Bytjienw ·

Ek weet nie hoekom beskou die Vryheidsfront Plus dit as ‘n oorwinning vir die polisie en regstelsel nie. Praat hulle van dieselfde polisie wat eers met minagting van die hof gedreig moes word om hulle werk te doen? Dieselfde polisie wat vir tyd probeer speel het deur te sê die bevel wat aan hulle uitgereik was is “dubbelsinnig”? En hoe ironies dat Zuma hom moes wend na dieselfde hof, wat hy geminag het en ‘n bespotting van gemaak het, om sy gevangesetting te probeer afweer…

Leana ·

Ek verstaan nie dat van wanneer af word jy by jou huis gaan haal as jy jouself oorgee nie. Sover ek weet moet jy jouself by die polisiestasie gaan oorgee of het die rëels verander?

Leon ·

Hy het in die eerste plek nie voor Sondagnag 12 uur gerapporteer soos die hof opdrag gegee het nie. Dit is WEEREENS minagting van die hof. Hier moet NOG ‘n bykomende vonnis kom.

Hendrik ·

Hy het mos gese hy gaan ‘n klomp ‘geheime’ of ‘die volle waarheid’ vertel as hy tronk toe gaan. Gaan ons daardie ‘waarheids-hoofstuk’ nou hoor?’

Anton ·

Waar was die dapper kryger Eddie? Verbeel my ek onthou iets van “oor my dooie liggaam” :-)

Pieter ·

Zuma. Ek is diep teleurgesteld in jou. Hier maak ek nou myself gemaklik met popcorn en coke om die Zuma Sirkus te volg en daar gaan gee jy jouself oor. Ag nee man!

Bart-Man ·

Ek sal dit glo as ek n foto van hom in sy oranje oorpak sien, agter tralies.

Belinda ·

is daar footage dat hy wel daar is, op die nuus wys net karre ens maar wil hom in sy mooi oranje pakkie sien voor ek glo dat hy WERKLIK in die tronk is. Miskien nog n body double gekry.. want hoekom in die middel van die nag jouself oorgee??? iets maak nie sin nie, hys mos oud en wie wil in die koue nog gaan rondhang buite oppad tronk toe?

Francois Le Cochon ·

WAAR KAN MENS DRANK KOOP OM DIT TE VIER, EK VRA NAMENS ‘N VRIEND!

Perdeby ·

Wonder of hy regtig agter tralies sit seker in die hoof van gevangenis se huis en drink tee.

Debbie ·

Hierdie is ‘n klug spul want weereens het hy die wet oortree deur om NIE die Lockdown reels te respekteer nie deur om ‘n hele paar reels te oortree – 1. Curfew is van 21h00 tot 04h00 en hy het homself eers na dit oorgegee. 2. Massa van meer as 50 byeenkoms en dit was NIE ‘n begrafnis nie. 3. die mense by sy plek het nie almal maskers gedra nie. Ons huidige president se hande is afgekap want niemand luister na hom nie – hy is net ‘n marionet

Adam Adriaan ·

Hoop hulle het vir ou Careltjie ook opgelaai en saamgevat, anders sal ou Zumpie rerig verlore wees. ‘n Gevangene van sy portier moet darem ‘n Batt Man hê om die sokkies en onderbroeke te was en strykwerk te doen. hy is darem ‘n man van faam!!

ES ·

Tyd van wonderwerke is nog nie verby nie – maar ek is seker hy kry 5-ster behandeling daar…

Pieter ·

Gee my maar my “foil hat” maar ek glo nie vir een sekonde dat hy rerig tronk toe is nie. Daar is geen bewyse dat hy sy tuiste verlaat het en dat dat hy by die Polisie stasie opgedaag het nie. Als is in die geheim gedoen en daar is geen fotos of bewyse dat met sy bakkies in enige voertuig geklim het nie. Ek reken hy sit nog heerlik in sy huis en lag vir ons almal. Die ANC sal baie ver gaan om hom te beskerm en hulle moet bewys dat hulle die wet kan “gehoorsaam”. Ek vat hulle as die “best of both” outjies, en hulle sal nie skroom om enige toertjies te probeer om te kry wat hulle wil he.

Debbie ·

Announcer: “The Tribe has spoken – you have been eliminated,”
Zuma: “Hehehehe – I have the immunity token”

Genis ·

Is daar enige beeld materiaal wat wys hy is in Escourt tronk?

Anoniem ·

Sluk maar nog swaar aan die berig. ‘n Gevoel van oë verbindery ivm inhegtenisname wil die oorhand kry.

Annelie ·

Ag regtig? Ek hoop nie julle glo hierdie twak nie. Hy sal so vinnig as wat hy kan uit die tronk kom…
hou maar die spasie dop.

Patch ·

En so word hy onder BBP begeleiding tronk toe geneem, hoekom nie in ‘n vangwa geprop soos dit ‘n krimineel toekom nie? Miskien fake begeleiding en hy al oppad Dubai toe in iemand se privaatstraler…wonder maar net?? In ons pragtige reënboog-land is niks onmoontlik nie.

Androclus ·

Nadat hy ‘n kwart van sy straf uitgedien het kan hy aansoek doen om parool.
Belaglik

Anoniem ·

Ek vermoed dat Zuma deur die polisie uitoorlê is. Volgens ander berigte het ‘n groot aantal polisielede hom laataand toe sy volgelinge nie meer daar was nie, ‘n ultimatum gestel om homself binne 30 minute oor te gee of hulle sou hom gaan haal het. Ek dink nie hy het enigsins toe ‘n keuse gehad sonder Camo Carel & Seun nie.

Sara ·

Ek gaan van nou af al my belangrike kennisgewings begin met: “Dear South Africans and the World.”

Dit is al.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.