Zuma-ampswoning beskadig

Pres. Jacob Zuma in 2012 tydens die inwyding van Dube House, voorheen bekend as King’s House. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma in 2012 tydens die inwyding van Dube House, voorheen bekend as King’s House. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma se ampswoning in Durban, KwaZulu-Natal, is tydelik as ongeskik vir menslike bewoning verklaar.

Bongani Majola, woordvoerder van die presidensie, het gesê Dube House is tydens die onlangse vloede in KwaZulu-Natal beskadig.

“Die departement van openbare werke, wat verantwoordelik is vir die ampswonings, ondersoek alternatiewe akkommodasiegeleenthede om te gebruik totdat herstelwerk afgehandel is,” het Majola gesê. Adjunkpresident Cyril Ramaphosa kan ook Dube House gebruik.

Pres. Zuma se amptelike ampswoning, Mahlamba Ndlopfu, is in Pretoria, terwyl hy ook kan tuisgaan in Genadendal, wanneer hy in Kaapstad is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Johann ·

Siestog…arme man. Hy moet verskeurd wees oor die beperkte opsies wat hy en sy XTENDED gevolg het om te vertoef. Dia nou as en wanneer hy wel in Suid Afika is! En kyk net; die magte ter sprake het wel geleer uit die uitsprake teen hul onbedoelde vergrype. Ons word nou pro-aktief verwittig van dit! WHOOOPEEEEE… wonder hoe hy(hulle wat hom verkeerd adviseur) met n fraksie van n verskoning van n gewete “sy mense” in die oë kyk wat kripeer aonder bakskiese dienste terwyl hy kies en keur en VAT wat hy wil. Het hy geen skaamte? Skokkend

Penellope Jones ·

“Menslike bewoning”? Nog nooit in my lewe hierdie term gelees of gehoor nie!

Petrus ·

As dit so is sal dit nie hom raak nie, hy kan nog steeds daar gaan bly.

B ·

Ooooooohooo..hier kom nog n ‘nkandla’ storie….hy kan weer n swembad in sit vir die brand gevare wat moontlik kan gebeur.Yada yada yada

Anoniem ·

Nou gaan ons belasting betalers se geld gevat word om sy woning reg te maak………..Lekker om president te wees in Suid Afrika……

se maar net ·

Hy kan maar tuidelik vir hom ‘n makoekoe oprig met n paar sinke.

Anoniem ·

Hy en die Guptas is te besig met die hulle volgende scheme hulle kan nie nou ‘n makoekoe opsit nie – so hy sal weer belasting geld kry vir repairs

Marous ·

Nou lekker gelag Se Maar Net…Net die wat daar was sal weet hoe dit lyk!

Joann ·

Nou wat het dit met ons te doen? Hy fix dit sommer vinnig met ons geld

Karma ·

Vra ek myself mos dieselle ding, Vernon! ‘n Huis in Durban, een in Nkandla, een in Pretoria, een in Kaapstad. 4 huise vir EEN man (?) wat die land in sy peetjie in het? Gaan presies dieselfde wees as met Nkandla … ‘n “firepool, chicken coop, cattle kraal” ens. ens. ens. PS.: het iemand al weer intussen getel hoeveel vrouens en kinders die man nou het?

Uit die Ooste ·

As ek nou moet se dink ek dit is Jan van Riebeeck se skuld.

Penellope Jones ·

Is die huis se naam “Genadendal” of is dit in die sendingdorpie Genadendal naby Greyton?

Mariaan ·

Wil dit eers self sien voor ek dit glo. Nog ‘n liegstorie uitgedink deur die grootste bedrieer.

HA-HA ·

Hy kan my 4-man tent leen!! lol
Listern properly JZ….. groot verskil tussen herstel en opgradeer

jakes ·

En glo my, die HELE DBN polisiemag besoek die adres daagliks, nooit geweet hul het soveel voertuie, party parkeer daar vir 2 of meer dae. Gelukkig staatseiendom en nie sy persoonlike bate. Imposante 10hektaar in die Berea van Durban.

alida ·

Nie een van die plakkershutte is geskik vir menslike gebruik nie. Wie dink hy is hy. Met al die gesteelde geld hoef daar nie een plakkershut in SA te wees nie. Moet asb nie sulke berigte plaas nie dit maak mens net die hoenders in.

Corné ·

Alida, ek stem saam met jou. Met al daardie nkandka geld vie ‘n “glorified” rondawel kraal kon báie mense vandag beter behuising mét dienslewering gehad het.

Elizabeth ·

Nou het hy geleentheid om ook ‘n beeskraal, bokkraal en hoenderhok te laat insit wat ongelukkig by Genadendal ontbreek het.

JK ·

Die Guptas kan mos vir als betaal hoekom moet ons ander daaroor worry

ria ·

Hoeveel blyplekke het hierdie man dan nou nodig. Hulle dink nog steeds die Suid Afrikaanse publiek het niks tussen die ore nie (nes hulle)

Ben Scheepers ·

Nou maar is daar dan nie versekering op gewees nie?

alida ·

Mooi man ek sien die banke sluit al die Guptas se rekeninge. JZ se krane word toegedraai !!!

Vliegie ·

jammerte nakandla entjie se ry van Durbs af….anders kon hy daar gaan bly het…..

Johann ·

Moet ons nou in sak en as daaroor gaan sit? Hy het genoeg blyplek oral in die land en buiteland. As so iets met my gebeur, wil die versekering beswaarlik betaal. Nou gaan óns vir sy duur geriewe moet opdok! Wat ‘n aaklige nagmerrie en klug! Steek vir ‘n slag self hand in die sak.

charmaine ·

Genade, is Genadedal klink na n baie mooi Afrikaanse woord? En hulle plak daar? my magtig! Ek het al van menslike oorskot gehoor maar menslike bewoning….ons kan baie uitbrei oor die woordjie “menslike” maar liewers nie.

Jef ·

Nou kort hy nog n boomhuis en n gewone huis en n krot dan het hy mos alles, nee mense dis pure skande wat die man alles reg kry oor die rug van burgers wat hulle belasting betaal en moet swoeg en sweet om hoof bo water te hou.

Se Weer ·

net dat julle weet die president vand ie land het 5 huise:
•Mahlamba Ndlopfu – Pretoria
•Genadendal – Cape Town
•Oliver Tambo House – Pretoria
•Highstead – Cape Town
•Dr John L Dube House – Durban

jakes ·

Ken nie EEN dai mense waarna huise vernoem is. Maar ek het gehoor van ‘ n van Riebeeck? Was Genadendal níe sy vrou Maria se plaas nadat hy dit gesteel het?

Ansie ·

Ek het gaan kyk na die Genadendal Woning op die web blad, spog plek…UIT DIE 18deEEU…UIT DIE TYD VAN ….ONS…… VOOROUERS……EN DIS WAAR HY BLY.!!!!Foei, wat ‘n HIPOKRIET.

Trots Afrikaans ·

Keer hulle asseblief net voor hulle ‘n kraal en ‘n brand-swembad nou…

E ·

Ag shame. wat is nou so erg daaraan. Moet seker nou maar so n bietjie slegte nuus deel dat ons nou kan sien die arme man beleef nie net voorspoed nie. toi toi so bietjie met die kiesers se emosies. Die arme man vlieg in stukkende vliegtuig, bly in vervalle huisie en en en…

Frans ·

Suid afrika het jaare trug geboorte gegee aan n baie groot jakals en ďie het babies pasop hule kruip weg in gate en steek net so nou en dan kop uit

Adrian ·

Openbare werke se voet die huis moet gebouversekering he sodat skade wat plaasvind herstel kan word. Geen versekering sal meer aanbou of ditjies en datjies doen nie. Huis sal herstel word nes dit was.

NEL ·

Ek het gelees hulle het ‘n Big Brother huis op gesit in Soweto met tien mense in. Na ‘n week moes hulle een uitgestem het, maar toe was daar reeds veertig in die huis. Hier gaan ons belasting geld alweer. Hoekom is daar nie versekerings wat die skade kan dek nie, Lekker huisie by die see.

Sarie ·

En hoeveel miloene en onwettige verbeteringe gaan nou weer hier vermors word. Hy verdien nie ‘n ampswoning, slaan vir hom ‘n markiestent op dit is gepaste verblyf vir ‘n president soos hy

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.