Zuma: ‘ANC het plan om SA ekonomie te laat opvlam’

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Pres. Jacob Zuma Sondag in Nelspruit. Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Die regering werk nou saam met vakbonde en sakelui om ʼn ommekeer in die sukkelende ekonomie te bewerkstellig, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die ANC se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes in Mpumalanga gesê.

“Ons het goeie planne gereed wat ons in werking stel om die ekonomie te laat opvlam in verskeie sektore, soos energie, die see-ekonomie, ontwikkeling van kleinsakeondernemings, landbou, die mynbedryf, toerisme en ander sektore deur middel van die regering se negepuntplan. Toegang tot grond is kritiek vir ekonomiese ontwikkeling en die bemagtiging van ons mense,” het Zuma by die Mbombela-stadion in Nelspruit gesê.

Volgens Zuma trek die meeste ekonomieë oor die hele wêreld swaar. Hy meen sektore soos toerisme kan die lot van Suid-Afrikaanse provinsies, soos Mpumalanga, omkeer. “Die pragtige provinsie is bekend vir sy gewildheid onder toeriste van oor die wêreld wat die Krugerwildtuin en ander besienswaardighede van die provinsie kom besoek. Die sektor het groot potensiaal vir werkskepping vir ons jeug. Ons munisipaliteite sal aangemoedig word om toerisme te prioritiseer en elke dorp en stad in Mpumalanga te bemark as ʼn toeristebestemming.”

Zuma het gesê die ANC moet hoë vlakke van eenheid, spesifiek binne sy alliansie met Cosatu en die SAKP, in stand hou om Suid-Afrika te lei na die vooruitsig van ʼn voorspoedige toekoms. Volgens Zuma het Suid-Afrika baie vermag in die kort tydperk wat die ANC aan bewind is.

Zuma het gesê die skade wat vir dekades deur apartheid aangerig is, kan nie binne twee dekades reggemaak word nie. Suid-Afrika se “ideologies bankrot” opposisiepartye het niks om die bevolking te bied nie. “Ons moet die mense herinner dat die ANC steeds die enigste organisasie is wat die vermoë, ondervinding en prestasiegeskiedenis het om hul lewe te verbeter.”

Volgens Zuma is die ANC se kritici “klein en sal nooit groei nie”. “Hulle het nog nooit ʼn land regeer nie. Hulle het geen ondervinding nie. Hulle het geen masjinerie nie. Hulle het niks behalwe hul stemme nie. Dit is hoekom hulle gereeld tot beledigings oorgaan.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Johann Marx ·

“Toegang tot grond is kritiek vir ekonomiese ontwikkeling en die bemagtiging van ons mense”……Slinkse jakkals. En wat van “kundigheid”? En wat van “ervaring”? En wat van “potensiaal”? En wat van inset kapitaal? Jou ekonomie is na 20 jaar op die rand van ineenstorting? Maar NOU is grond kritiek vir ekonomiese ontwikkeling? Is dit die beste waarmee jy vorendag kan kom na 20 jaar van watertrap? En as jy nou jou “grond plan” instel, en vir elkeen ‘n stukkie aarde gee (asof die planeet joune is), en steeds gaan daar “ekonomies” NIKS aan nie…..wat is die volgende “verskoning” vir julle patetiese wan-prestasie? Dan begin julle seker die Westerse Lande blameer? Nou waar het ek dit al gehoor? Ooooo ja….daai squatterkamp wat met ‘n Z begin…

vierkleur ·

Gaan ky in die spieel,want die gevreet wat jy daarin sal sien is die oorsaak van SA se probleme,nie apartheid of Jan van Riebeeck nie

Siestog ·

Foeitog, die anc het 22 jr tyd gehad om die ekonomie te laat groei. As jy J v R en sy afstammeling wil kritiseer dan moet jy darem self kan “perform”. Maak minder beloftes, want julle kan in elk geval niks nakom nie.

Willie ·

Doen die een punt plan, vat minder dan is daar meer…. dis soos 1+1…

Kraai ·

Zuma se die skade wat dekades van apartheid aangebring is, kan nie in 2 dekades verander nie! As daar enige bankrotskap in die land is, is dit omdat hulle so steel. Lees die paragraaf: ‘Ons moet die mense herhinner dat die ANC steeds die enigste organisasie is wat die vermoe en ondervinding het om hul lewe te verbeter. Ja, as daar grondvergrype kom kan dit verbeter want hulle gaan wat ons oor 100jr opgebou het, binne sekondes afbreek want hulle kan na niks kyk nie. Kyk hoe vuil is ons land. Kyk hoe word ons vermoor. Tussen Zuma en Malema weet ek nie wie haat ons meer nie en hulle steek vure by die ANC volgers aan. Zuma belowe al 22jr vir hulle huise, water, toilette en bitter min is gedoen want die munisipaliteite steel net so. STEEDS stem hulle vir hom? Sjoe, kan enige-iemand so vlak wees? Hulle is maar lekker bang vir ons boere. Lees die nuus, dit vat soms ses swartes om 2 weerlose oumense of boere dood te maak. Hulle sal NIE 1 vir 1 kom en sonder wapens nie – hulle gaan hulle asse sien.

Joann ·

Na al die jare het hul net gevat en nie gedink nie. Toe hul in 1994 oorgevat het was die land n ryk land,maar soos ons weet en hul ken ,hul vat net of die waarheid is steel net.

G J de C K ·

O jitte, wat bedoel jy met “opvlam” onse president? Is daar nie al té veel wat brand nie?

Hoekom nie net maar eers die landbou’n ordentlike inspuiting gee, boere mooi oppas, en dan die privaat sektor volgens die natuurlike val van die ekonomie toelaat en aanmoedig met goeie infrastruktuur, toegang tot goeie markte, veiligheid, onderwys en opleiding, ens om dié se rol so goed moontlik te vervul nie?

O nee, want voorspoed het seker té veel van ‘n konnotasie met apartheid.

“Skade van apartheid aan die ekonomie”? Van gnl Louis Botha tot en met mnr FW de Klerk is wat as ‘n Verskroeide Aarde begin het, opgebou met sukses: met sweet en bloed van onder en Bloed en Genade van Bo – tot almal se voordeel – selfs dié wat nie die konsep van skool, hospitaal, boek, alfabet of skrif voorheen geken het nie.

Wat jy eintlik sê, mnr Zuma, en wat ons hoor is seker maar weereens nie dieselfde “ding” nie…

Gatvolverby ·

Snaaks hoe hulle altyd die positiewe planne het so na aan die verkiesings en na die tyd net vergeet van die beloftes en planne.

Rynhardt ·

Zuma praat van n gesonde ekonomie, hope werksgeleenthede en toerisme wat na SA gaan vloei.Die “Big Chief” speel die massas so goed, want gy versuim om vir hul uit te spel dat hy ekonimie reeds vernietig het! Toerisme vermy die land as hul net die naam, Zuma hoor! Vir wie gaan hy werksgeleenthede skep? Regstelkende aksie heers vir 22jaar teen blankes en moet versnel soos n trein sonder remme!! So is SA ook, oppad na nerens, behalwe na chaos met Zuma aan die stuur! Hy vergeet om ook te noem aan die massas dat SA reeds die titel van rommelstatus en rommelparadys beklee, die belangrike aankondiging moet nog net kom in Desember!Die dae van n gratis huis vir elke ou en n paar hoenders vir elke ou, is heeltemal verby! SA is die grootste grap van die eeu met die VSA kort op ons hakke!

Jan maak n Plan ·

As hy so baie ywer insit deur n goeie president te wees, soos wat hy ywer in sit om sy bas te swaai op n verhoog, dan word ons gou gou een van die rykste lande in die wereld. Hy is die hoof oorsaak van al ons probleme.

Irene ·

Dat a president so dans en tekere gaan geen opvoeding of geleerdheid nue hoe kan jy opkyk na so persoon

T ·

Ja nee Irene, ek stem saam met jou, hy dans lekker want hy is RYK en het alles wat hy benodig, hy dans op die koppe en armoede van die mense wat hom daar gesit het.

Frederik ·

Apartheid het wel vir vier dekades die land skade berokken.
Die ANC het die land nou al vir twee dekades erger skade berokken. Kom ons kyk wie val eerste. Die land of die ANC.

T ·

My jinne na 22 jaar kon hulle net nog afbreek en al ons geld misbruik, die arm mense word armer en het geen toegang eers meer tot pille by klinieke nie. hulle het nie water nie en nie krag nie. dinge word net erger en erger en elke jaar belowe hulle net meer en beter, intussen gaan alles op en die mense wat gewoonlik na die armes gekyk het laat hulle nou gaan en nou sukkel hulle net meer .. nee wat ANC tree uit en gee in dat julle NIKS regkry nie nie vir enige iemand in die land nie …

m ·

Sjoe ek kan nie wag om te sien hoe hulle 20 jaar se verval deur hulle eie toedoen gaan oplos nie. Hierdie ekonomie is in sy glory in danksy hierdie mense.

John ·

Ja, as ons die see help roof en die plase opdeel in 65 miljoen en op elke stukkie ‘n opstal bou en implemente aanry en riviere melk en korrelbedkragstasies op elke dorp bou en skole en universiteite verengels en .. en die wittes uit die land jaag en… en Nkandla se sekuriteit opgradeer (hulle het laas skoon vergeet om dit te doen) en ons ‘n 3/3 meerderheid het en die grondwet oorskryf en … sal iemand in die buiteland asseblief bietjie ons uithelp met die rommel by my voordeur. My vrouens se nuwe 5×5’s en my Bugati kom nie meer deur nie en hul Italiaanse skoen word vuil en die Franse parfuum help ok nie meer teen die aroma buite nie… o gits ek het vergeet van die biljoene wat so uit die staatskaste verdwyn. Help tog daar en… dan praat mense van rommelstatus. Des wat is dit?

Jakes ·

Daai dankie van die man is net oor hy opgewonde is oor sy nuwe vliegtuig :)

Planne kan hulle maak, die eerste plan moet wees om sy kop te laat waai want sien die vis vrot van die kop as onder toe :(

Useless !

ig ·

Nee almal verstaan hom verkeerd, Hy bedoel die Anc sal die ekonomie in vlamme laat opgaan

Sus ·

….’goeie plan…’ se alie! Ek glo die plan sal wees om ONS belasting geld aan kaders uit te deel vir sogenaamde tenders waarvan die werk nooit realiseer nie.
Wys my één sisteem (behalwe tax-invordering) wat sedert 1994 verbeter het.

alida ·

Hy het 7 maande gelede die hele land in ‘n gemors laat beland hoe die dwaas gaan hy nou die skade herstel ? Hy moet dink ons is almal swape – hy soek net stemme.

lizzy ·

Onthou net… Hy dink almal is so dom soos Hy, Hy dink almal moet glo Wat Hy se…

Josua Keys ·

Zuma, hy is nie die probleem in SA nie die hele anc( in klein letters geskryf, verdien nie hoofletters nie) is die probleem, waai Zuma kry hulle maar net nog een wat dieselfde gaan doen. Stem die anc uit en stem die regte regering in maar die massas moet eers behoorlik geskool word en die werklike geskiedenis van Suid Afrika en Afrika in die geheel ken voordat dit gaan gebeur, dit is juis hier waar ons die verandering in hul denkwyse sou kon verseker met goeie uitstekende skool opleiding en dit is juis hier waar die anc tans hul huiswerk baie deeglik doen om dit te verhoed, hulle weet dat dit die omswaai in die nuwe Suid Afrika sou verseker en dit wil die anc nie hê nie, dit sou beteken dat die anc hul mag oor die jeug(Toekoms van Suid Afrika) gaan verloor. Dit was die enigste positiewe implementasie wat die anc(nelson mandela) van die begin van oorname van Suid Afrika onder die swart jeug geproppageer het maar nou deur hulle (anc) gebruik word om die jeug se toekoms op te bollie en om die land verder lam te lê. Daar sal geen ekonomiese groei in die land gebeur solank die anc alles verdaai om hul eie agendas te help bevorder nie. Zuma speel maar net die “game” saam.

Theuns ·

Ig dit is nou tussen die lyne lees. Ek dink jy is reg. Ek hou van die opskrif “ANC het plan om ekonomie te laat opflam”. Ek dink ou Nathi moet kennis neem, Zuma en sy kaders gaan heel waarskynlik ‘Molotof Coctails gebruik om die opflam werk te doen!

Tiger ·

Wat zuma als se is een groot lieg storie.Mens kan NIKS glo wat hy kwytraak nie.Hy maak ‘n rookie voor hy praat!En so baie mense val daarvoor dis skokkend.

Wonder maar net ·

Wonder wie is “hulle”???? Hy beledig “hulle”. Hys erger as n rassis! Mynbou, landbou,toerisme…MP, kyk mooi,dis die volgende wat getekkel gaan word. Hoekom so geheimsinnig? Hoekom deel hy nie die skamtige 9 punt plan met die land nie. MP se munisipaliteite sit geld by als,water rekening,ligte rekening, erf belasting en en en,wat gaan hulle nog byvoeg. ANC dink NET swart en beledig die res wat hy “hulle” noem. En wil als vat by die wat hy “hulle” noem.

Theresa ·

Ek kan dit nie vat om die dansende, singende persoon te sien nie. Hy is ‘n skande vir die land en geniet homself gate uit!! Skade! Ga! Watse nonsense nou weer oor die ophemeling van die ekonomie – hy en hul is juis vir die afwaartse daal na byna niks verantwoordelik. EN hy’s te chicken om vir almal te sê basta met die siek ou, ou storie – afgerem en regtig nou al vervelig van rassisme en apartheid. Buiten dat hy apartheid van die anderkant af aanblaas, deur om of niks te sê nie of kop anderkant toe te draai vir die ongelooflike vernietiging wat dit nou weer doen. Hou op dans en doen tog ‘n President se werk.

GES ·

Al wat “numba one” kon regkry is om humeure te laat opvlam wat nog ekonomie?

Oom Twakkies ·

Is dit Apartheid se skuld dat tientalle skole in Limpopo afgebrand het en die gemeenskappe daar weer etliike jare terug in ontwikkeling geplaas het?

Ben Prinsloo ·

Julle bewoording is verkeerd!!!!! Dit moet lees: Zuma is van plan om ekonomie verder te laat uitbrand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.