‘Zuma, ANC hou SA as gyselaars’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

“Pres. Jacob Zuma kan nie die ANC en die hele Suid-Afrika as gyselaars aanhou deur daarop aan te dring dat sy regskostes betaal word en hy moontlike vrywaring teen vervolging kry nie.”

Só het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gereageer ná berigte in Sondagkoerante oor geheime gesprekke tussen adj.pres. Cyril Ramaphosa oor Zuma se beweerde uittrede.

Groenewald het gesê Ramaphosa, president van die ANC, is tans besig om sy magsgreep op die ANC te verloor en hy het ʼn gulde geleentheid laat verbygaan toe ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee Woensdag afgestel is.

Volgens Groenewald doen die uitgerekte onderhandelinge oor Zuma se vertrek as president tans meer skade aan die ekonomie as die verwydering van Zuma self.

“Dit skep onsekerheid en beleggers begin hulself die vraag afvra of Ramaphosa werklik beheer het oor die ANC en veral oor die Zuma-faksie,” het Groenewald gesê.

“Die ANC sal nou beslissend moet optree en indien Zuma nie wil bedank nie, moet die ANC self dadelik ʼn mosie van wantroue in hom indien by die Nasionale Vergadering en moet die party die EFF oorreed om sy mosie te terug te trek aangesien ʼn mosie van wantroue in Zuma na my mening net sal slaag indien die ANC dit indien.”

Groenewald het gesê die ANC is nie by magte om namens belastingbetalers toekomstige regskoste aan Zuma goed te keur en nog minder om vrywaring teen vervolging te verleen nie aangesien dit die taak is van die nasionale vervolgingsgesag.

“Sou die ANC sulke ondernemings gee, sal dit die grondwet en demokrasie van Suid-Afrika ondermyn,” het Groenewald gesê.

  • Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het ʼn noodvergadering vir Maandag belê om Zuma se toekoms te bespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Boet Fasie ·

Zuma is besig om die ANC gyselaar te hou want hy weet teveel van die ander ANC lede se onderduimse dinge . As Zuma gaam bos los is daar baie maatjies saam met hom in die tronk , miskien genoeg om ‘ n vleuel in die trok as afgetrede ANC en Gupta eenheid in te rig

Koos1 ·

Pieter, hy doen dit al vir die afgelope 9 jaar. CR is(was) die hoop om van hom ontslae te raak, maar in tipiese SA (Afrika) styl wil hy nie op tone trap nie. ‘n Dosis Trump eerlikheid sal hom nou handig te pas kom.

Eish ·

Ek stem, maar dis seker maar ook jou voorreg indien jy die meerderheid verteenwoordig. Politici se belange lê selde in harmonie met landsbelang.

Alida ·

Hy is self verantwoordelik vir 780 aanklagtes hoekom moet ons sy regskostes betaal? If you do the crime you do the time alternatiewelik betaal jy jou eie regskostes. Klaar.

SjN ·

Waaroor is hy so bekommerd oor sy veiligheid, dit is mos n bewys van hy weet presies wat behoort te gebeur, ek dink dit is veiliger binne in n gevangenis as daar buite en hy moet net praat dan is klomp van sy comrades saam met hom.

Genieve ·

N krimineel wil voorwaardes he nou het alles gehoor en die belasting betaler moet sy skuld betaal.

Alida ·

Wel as mens na n paar hofsake luister kry die werklike kriminele al die pad die voordeel. Moord, martel, verkrag gaan net aan. Hierdie krimineel misbruik nou sy mag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.