Zuma: ‘Ander lande het nie apartheid gehad nie’

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

Zuma in die parlement. Foto: Twitter

President Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika word onregverdig vergelyk met ander lande wanneer dit kom by kwessies soos ekonomiese groei en werkskepping, omdat hierdie lande nie deur apartheid moes gaan nie.

“Ander lande in Afrika het nooit ʼn rasgebaseerde ekonomie gehad nie. Nooit. Ons sit vandag met hierdie soort probleme. Ons reuse ongeskoolde meerderheid is die resultaat van die stelsel. As alle Suid-Afrikaners geskool en normaal was, is ek seker sou ons posisie baie anders gewees het,” het Zuma gesê.

“Wanneer Suid-Afrika met ander lande vergelyk word, vergeet ons waar ons vandaan kom. Ons probeer die nalatenskap van apartheid hanteer en dit gaan nog ‘n baie lang tyd by ons wees. In ander lande was daar nooit ʼn [Wet op Naturelle Grond] van 1913 nie.”

Zuma het die media ingelig oor die vordering wat gemaak is in areas soos ekonomiese groei en werkskepping sedert sy staatsrede in Februarie vanjaar.

Hy het gesê die regering was besig om die probleme in die land “op ʼn berekende manier te hanteer sodat daar nie probleme veroorsaak word nie”.

“Wat Suid-Afrika moet hanteer is anders as in ander lande. Ander lande het administrateurs gehad wat gekom het om kolonialisme te administreer. Suid-Afrika was gekoloniseer, die hoof- koloniseerder het geloop en Suid-Afrikaners het mekaar gekoloniseer,” het Zuma gesê.

“Ek sal nie sê daar is verdoemenis en somberheid in Suid-Afrika nie. Ek dink ons kan wys wat ons die afgelope 21 jaar vermag het … ons het beleid wat baie duidelik in lyn is met die armes en die werkersklas. In ander lande is daar geen beleid wat in lyn is nie.”

Zuma het gesê ten spyte van die wêreldwye swak ekonomiese groei, word daar verwag dat Suid-Afrika oor die volgende drie jaar sal uitbrei. “Ons ervaar elektrisiteitsbeperkings, ons hoofstruikelblok. Ons skatting is dat die elektrisiteitstekort die huidige ekonomie tot een persent in ekonomiese groei kos.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

christel ·

Nee sy plaat het vasgehaak….. Apartheid……apartheid…….apartheid

Steve ·

…mmm…wonder wie het apartheid in 1913 in gestel…..beslis nie die Suid Afrikaner nie….die Engels van Engeland het dit in werking gestel……..nog n ding …As Zumpie mooi na sy boeke en sy calculator gaan kyk sal hy beslis sien wat hulle die afgelope 21 jaar vermag het….die land, sy produsente (boere) en ekonomie behoorlik vernietig het…!

jz ·

Vertel daardie man as dit nie vir die eknomie was wat apartheid vir kom agter gelaan het nie ,hy nie nou so groot bek nou nou gehad het nie.

Leon ·

Ja dit het die ander regerings in Afrika baie minder tyd geneem om dit af te breek. In daardie konteks stem ek saam. Ons is die enigste land in Afrika wat wetenskaplike vooruitgang gemaak het: 1ste hartoorplanting, steenkool in olie omsit. Rooivalk, en dies meer. Elke Afrika land is eers afgebreek voor dit weer opgebou was. Onthou dis makliker om groei te toon vanuit ‘n swak punt as ‘n sterk punt. 100% groei op R1 is R2. 10% op R20 is R22. So eersgenoemde is groter groei en makliker. Laasgenoemde nie.

Deon Westraat ·

Wanneer gaan die president met sy lae inteligensie vlak ophou snert rond saai. Hoeveel Amerikaanse films is daar wat die ergste vlak van apartheid uitbeeld. Onsenigste probleem is dat ons die term “apartheid” geskep het vir afsonderlike ontwikkeling. Kan Zuma en sy swart volgelinge nou ophou om hulleself jammer te kry en hulle swak bestuur toeskryf aan apartheid wat meer as twintig jaar gelede ‘n dood gesterf het. Zuma het nie leiereienskappe nie, hy trek net die land verder binne in die verderf in. Wanneer gaan hy besef dat hy nie meer ‘n grap is nie maar ‘n verleentheid vir ons land Suid Afrika en sy mense!!!!

Gerida ·

Net vreemd dat geen ander Afrika land ‘n sukses is nie, dis oorlog, korrupsie, hongersnood, ens. en vreemd dat hul juis vlug na Europa.
Zuma, dit het tyd geword dat jy die blankes in Suid Afrika bedank!

jennefer ·

Het verlede week n berig gelees op News 24, oor die immigrante wat oppad na SA in Malawi gestop is.Hulle lewe onder haglike toestande in Malawiese tronke. Hierdie mense vlug uit hul eie lande weg omdat hul regerings hopeloos is, waag hul lewe oor die Middelandse see om Europa te bereik, en ek kom tot die gevolgtrekking, dat daar waar daar blankes is, is daar voorspoed, gelykheid ,demokrasie ens.

Chris ·

Hierdie man moet dringend n psigiater gaan sien. Sommer een by n staats hospitaal. Hy het dringend hulp nodig.

Bertus ·

Wonder of apartheid nie al dood gery is nie soos die leeu nie. Ek is al dik om te hoor hoe apartheid nog steeds blameer word vir ons dom president se rede hoekom ons land in sy glorie in is. Hulle moet aan iets anders begin dink die apartheid is nou net anders om.

Peter Murray ·

As oud-joernalis glo ek aan gereelde, positiewe nuusverspreiding. Niks is so frustrerend as om geïgnoreer te word nie.
Ek wil versoek dat die redaksie van Maroela Media nie net sal aanhou om sulke goeie berigte te publiseer nie, maar dat hierdie blad aan soveel stamgenote in Europa as moontlik gestuur word.
Dis veral ons vriende in Vlaandere (Noord-België) wat ons taal goed begryp, en wat in gebeure in ons land belangstel.
Vrydag is juis GRA-dag. Laat ons nie suinig met ons taal omgaan nie, en laat ons ons volk se doen en late aan ons stamgenote in Europa bekendmaak.

André ·

En hoe lank gaan jy apartheid blameer, Zuma?! Daar kom ‘n tyd wanneer jy die verantwoordelikheid moet eien vir jou dade en besluite.

Dave ·

Hulle haat Afrikaans, wil Engels selfs met mekaar praat, plaas die blaam vir alles wat verkeerd is op 1948 maar nou grens hy oor ‘n 1913 wet.

pierre ·

Hi mense weet nie so mooi van zuma nie hoor altyd my staff se witmense is beforeg ek het gewerk van dat ek 14 is altyd by werk gewees en net ja gese al werk ak 24 uur 16 jaar later is ek n bestuurder is dit apartyd of beforeg weet nie die plat koppe kry moet van ours om skool te los en dan is dit ons skuld dat hul nie geleered is nie dink hul moet op hou kyk na ons en eers hul self reg kry wat seker ook te mooilik is makliker om geeld te steel

Theresa ·

Vandag op Jacaranda FM het Martin Bester ‘n lys gemaak van goed waarvoor jy moeg is om van te hoor en hierdie is vi my die een wat vervelends toe gehoor moet word, na twintig jaar is dit nogsteeds apartheid en word redes vi die mislukkings alle kante toe gegooi, behalwe na die ANC en sy president. Wat het hulle nou kastig in hierdie 21 jaar bereik en gedoen vi ons mooi land – baie meer belastings, baie duurder vandag om op ons paaie te ry, stede is besig om te verval, kyk hoe lyk Pretoria en Johannesburg sentraal. Die ANC het dit beslis nie so gekry nie, misdaad is besig om hande uit te ruk en die mense van die land voel onveilig, skole is ‘n gemors en dink hy die opleiding is nou beter as 21 jaar terug….. Weet nie op watse planeet leef hy nie, ma dink dit sal goed wees vi ons as hy net wee bietjie aarde toe kom…… Hy sal hom morsdoood skrik…..

fransie ·

Se ons ou onkundige zoem. hemel hg kan ni eers n sin klaar lees nie.

Janine ·

Ironies genoeg is dit die jongmense wat ongeleerd en werkloos is. Hulle was nog nie eens gebore toe apartheid afgeskaf is nie. Maar toe ek nog vir hulle skoolgehou het, was daar nooit sprake van huiswerk doen, leer vir toetse of eksamen nie. Ek het altyd die gevoel gekry ek was nooit ‘n dag in die klaskamer nie. Die veskoning? “The government will pass us, ma’m..” Nou toe, government, gaan doen jou job!

Anet Erasmus ·

Zuma noem homself n president, nie in my oe nie. Hoekom stop hy nie al die misdaad, diefstal, moorde ens nie. Nee hy is n slapgat bang vir sy eie nasie. Waneer iets in ons land verkeed gaan vlug hy oorsee. Hy kan al die lelike goed stop met een woord stop. Ons het nou apartheid met n ommeswaai. Hoogte kom tot n harde val. Zuma stuur ons land agter uit ipv voorentoe. Die oorsee se mense lag vir ons. Hy gooi ons land se naam weg.

Gerhard ·

Die feit dat Suid-Afrika deurgaans tót 2014 die grootste ekonomie in Afrika gehad het, is te danke aan die nalatenskap van Apartheid. Die feit dat hy dit nie meer het nie, is te danke aan jou meneer die president. Om verantwoordelikheid vir iets te neem is net contra naturam sui generis. Moroon.

Brenda Smith ·

Meeste ander lande het apartheid gehad in ander vorms en nie die woord “apartheid” gebruik maar wel segregrasie. Hulle het ook van die oorgrote meerderheid eers lam gele en getalle verminder en nie soos ons wat net gegee het en aangedra het en dit moontlik gemaak het vir hulle om by die miljoene te vermenigvuldig.

Rynhardt ·

n Spesiale boodskap aan prez.Zuma rakende apartheid:Vir 21jaar het u en die Anc die land se ekonomie vernietig deur die implementering van die vryheidsmanifes,maar dis mos weer apartheid se skuld? SA word die misdaadparadys van die wereld,maar dit is als apartheid se skuld of hoe? Sedert 1994-2015 word SA die mees korrupte land in wereld,maar dit is mos apartheid se skuld of hoe?Bekwaamheid word vervang met regstellende aksie om massas der massas gelukkig te hou,maar dit is mos die blanke en apartheid se skuld of hoe?Werkloosheid floreer vir 21jaar,maar dit is mos apartheid se skuld of hoe?Oop grense vir 21jaar lei tot oorbevolking en plaas druk op natuurlike hulpbronne,maar dit is mos als apartheid se skuld of hoe? Miljoene van belastingbetalers se geld word gebruik om u paleis te bou,maar as u tekort skiet om huise te bou vir die massas,is dit mos weer apartheid se skuld of hoe?As u nie u verkiesingsbeloftes nakom nie,is dit als weer apartheid se skuld!Daai “mnr.Apartheidheid” is nou al moeg en gedaan om vir als geblameer te word,terwyl die land sit met n regering wat net bestaan uit hansworse en nogmaals hansworse!

Phil ·

Die soort mense weet hoe om verkeerd reg te praat. As jy nie ‘n geweete, goeie moerale en eerlikheid in jou bloed het nie, kan jy net die ergste verwag. Geleerdheid is een ding, geleerdheid met integriteit is heeltemaal ‘n ander storie. As jy jou eie foute kan opsom kry jy jou gereedskap in order om die pad voorentoe reg te maak. Ongelukig is die meerderheid mense in Afrika nog nie op daai vlak nie. Daar sal altyd jaloesie wees teenoor die 80% blankes wat die moerale en integriteit het wat nie verkeerd sal wil reg praat nie. Apartheid is in die verlede, so het ons gedink as gevolg van mense regte. Ons het nie geweet dat rassisme gaan ons oorheers nie. Haat is ‘n groot probleem en hoe sal dit ooit reg kom as ‘n land nog verder agteruit gaan. Ons blankes word nou regtig in ‘n hoek gedruk. Wat gaan ons maak!!!!!!

Elsabe ·

Tussen die regering en die SAUK word daar soveel geweld aangeblaas. Alle blaam word op die blankes geplaas maar as hulle net die woord aparheid wil begrawe. Hulle het nie eers ‘n woord in hulle eie taal daarvoor nie! Hulle wil hê ons moet ‘n reënboog nasie wees maar dit sal nooit gebeur op hierdie trant nie

Stephan ·

Duitsland,Korea,En lande wat plat was na die oorloe is almal weer reg, dit kom voor as die land wsou deur n oorlog gegaan het dan was ons beter af.

Johannes Meintjes ·

“Ongeregtigheid” (“Apartheid”) kan nie met nuwe ongeregtigheid (Nuwe Apartheid) reggestel word nie. Die vraag is ook waarom daar niks in SA aangegaan het voordat die Europese mense hier aangeland het nie. Mnr. Zuma en die regering moet haas roer en nie hulle eie onvermoe en versuim aanhou toesmeer met die tokoloshe van “Apartheid” nie. Werk moet vir almal geskep word, saam met genoeg elektrisiteit.

hennie ·

Kan iemand asseblief vir ons ongeletterde Pressie ‘n ander woord leer in die plek van “APARTHEID”. Hulle brand hulle eie skole af en blameer dit op appartheid, is onbevoeg om handboeke af te laai by skole en blameer Verwoerd ens………. Leer hom om te verstaan wat is vooriutgang en nie net blaam op apartheid te sit nie. Sodra hulle hul luiheid laat staan en ophou met hebsug en vernietiging sal ons land dalk kan floreer.

Stevo ·

Die probleem van vandag is dat die manne in beheer nie aanspreeklikheid wil aanvaar vir die huidige stand van sake in die land nie. Dis maklik om aanhoudend vir “apartheid” die skuld te gee vir jou eie tekortkominge, maar iewers moet hulle ophou om in die verlede te lewe en begin om self dinge beter te maak. As hulle dit nie doen nie gaan ons oor nog 21 jaar van nou af steeds dieselfde ou “Jannie-jammergat” storie hoor.

Julle wou die land hê, julle het hom nou, hou op met stories en down nou die ding. Ons is moeg vir verskoning – die apartheid storie raak nou bietjie lank in die tand.

Riekie ·

Hoe gouer mense soos Zuma besef apartheid bestaan en het ontstaan met die bou van die Toring van Babel hoe gouer kan daar gefokus word op die mens en menslikheid in die geheel. Apartheid sal altyd daar wees. Ons is versk volke, versk gel owe, waardes ens.

Regtig? ·

Jissie, maar jy’s slim…Amerika het nie net die Indiane opsy gestoot nie, maar hulle probeer uitmoor en dan was daar natuurlik die KKK…ek wonder wat hulle gedoen het – opgedress en gedans om bonfires?????

Charmaine ·

Uiteindelik: ‘n Ware leier blameer nie alles maar SOEK oplossings, en duidelik is hy nie een.

Eish! ·

Snaaks die mannetjie. Diefstal word voor apartheid en armoede se deur gele. Nou wonder ek wat is sy problem. Hy is sekerlik van die rykste in SA en apartheid bestaan nie meer nie. Hoekom steel jy dan Zuma? Jy kanie verwag dat enigiemand respek moet he vir jou nie. As jy steel is jy laag en dit is wat jy doen. Ek skaam my morsdood as ek so baie het en dan nog steel van ander. Hoe voel jy as jy lekker knus in jou gesteelde nessie sit en jy weet van jou eie mense het nie mediese behandeling, ‘n huis of kos nie? Als kon nog seker meer aanvaarbaar gewees het as jy steel om vir die armes te gee, maar jy steel om jouself te verryk.

Meraai ·

Ek kan regtig nie meer na hierdie snert luister nie. Apartheid se dinges – jy wil of jy wil nie, jy doen of jy doen nie, jy bemeester of jy bemeester nie, jy gaan vorentoe toe of jy bly agter… skrik om hemelsnaam net wakker uit jou derdewereld mentaliteit mnr Zuma en gaan vir almal se onthalwe net vorentoe in die lewe, of jy dit wil weet of nie, ons is besig om agteruit te boer. Het mnr Zuma geen ambisie om uit te tree as president en te se….ek het vorentoe gegaan met hierdie land nie…..als gese!!!!

Willem Swanepoel ·

Wie se slagspreuk was “No education before liberation” en maak die land onregeerbaar tot ons gekry het wat ons wil he. Nou het hulle ‘n onregeerbare land vol ongeskooldes.

HoeNou? ·

Was daar dan nie skole vir die swartes tydens die apartheid era nie? Ek wil net seker maak want sover my kennis strek was daar skole en hospitale en ontspanning sentrums wat hierdie einste ‘ongeskoolde massas’ afgebrand het elke keer wanneer iets hulle nie aangestaan het nie. Wie se skuld is dit dus dat hulle nie ‘n basiese skool opvoeding het nie? O ja! Jan Van Riebeeck die ou sondebok!

AmY ·

Ja, ander lande het ook nie vir Zuma en sy korrupte sidekicks gehad nie. As hy ‘n ware heer en president was, sou ophou blameer het, en oplossings gesoek het.

Maar néé, dis te lekker om die ‘blame-game’ te speel. ALLES is mos arpartheid se skuld!!! Ek is al so moeg hiervoor, ek wil mal word!!!

Wat het geword van die Demokratiese Nuwe SA wat vir ons belowe is? ‘n Nuwe SA waar almal in harnonie saam sou leef.

Nou word ons regeer deur mense wat ‘ons wittes haat’.

Ons word uitgemoor en hulle voel absoluut niks vir ons lewens nie. Ons kinders het geen toekoms hier nie, al is hulle laaaank na arpartheid gebore.

Gideon ·

Ek moet sê onder die apartheid era sit daar ‘n hele klomp slim dokters wat gegradueer het. Die wat wou leer kon leer, die wat nie wou nie het nie!! Hou tog op Zuma om soos ‘n passer te redeneer, al om jou eie g@t. Jy is President van een van die juwele van Afrika, wat jy en jou hele ANC gevolg besig om die afgrond in te plunder!! Moet nie huil as jy eendag ook in Den Haag voor wêreldhof gedaag word omdat jy verantwoordelik is vir so massa armmoede wat nou besig is om plaas te vind nie!!!

Pietie ·

Hoe mimder ek van hierdie Robert lookelike hoef te lees hoe beter!

Yvonne ·

Zuma lyk my jy ken net een woord in jou woordeskat. Kom ek leer jou gou die alfabet en dan vat ons dit verder okay . .
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

H Steyn ·

Alles wat hier gese word is waar, die frustrasies ondervind ons almal,daar is nie een van ons wat nie geraak word deur misdaad en sovoorts nie,maar kom ons debateer eerder hoe om dit te verander,want dit is die enigste manier hoe dinge sal verbeter, hoe raak mens ontslae van so n problem? al is ons een van die minderhede 5 miljoen blankes is nie bietjie nie hoe kry ons hulle om soos een stem op te tree ? hoe kry ons die ander minderhede om saam te staan ? dit is die werklike probleem want as ons dit reg kry dan is die anc more geskiedenis en verdamp hierdie land van ons se probleme, en ja dit is ons land dit behoort nie aan die regering of die anc nie om vir zuma en die anc sleg te se gaan niks verbeter nie ,ons sal n strategie moet it werk, ek weet ons as n nasie het dit nog nooit dit reg gekry nie maar dan die nood was nog nooit so groot nie, net soos Dawie Rood se vreese het ek ook maar dit is my land my voorsade is al 400 jaar in Suid Afrika,en vlug sal ek nie!!

H.J.Steyn ·

Alles wat hier gese word is waar, die frustrasies ondervind ons almal,daar is nie een van ons wat nie geraak word deur misdaad en sovoorts nie,maar kom ons debateer eerder hoe om dit te verander,want dit is die enigste manier hoe dinge sal verbeter, hoe raak mens ontslae van so n problem? al is ons een van die minderhede 5 miljoen blankes is nie bietjie nie hoe kry ons hulle om soos een stem op te tree ? dit is die werklike probleem want as ons dit reg kry dan is die anc more geskiedenis en verdamp hierdie land van ons se probleme, en ja dit is ons land dit behoort nie aan die regering of die anc nie om vir zuma en die anc sleg te se gaan niks verbeter nie ,ons sal n strategie moet it werk, ek weet ons as n nasie het dit nog nooit dit reg gekry nie maar dan die nood was nog nooit so groot nie, net soos Dawie Rood se vreese het ek ook maar dit is my land my voorsade is al 400 jaar in Suid Afrika,en vlug sal ek nie!!

Johan Luüs ·

Al wat ek vir die vaak president wil sê.Vergeet apartheid.Dis al jare gelede.Bou die land,jy breek hom af en is te onnosel om dit te besef of raak te sien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.