Zuma sê in die verslag dat hy die verslae van die gesamentlike staande komitee oor intelligensie, die openbare beskermer en die spesiale ondersoekeenheid (SOE) ontvang en in ag geneem het.
Zuma beveel aan:
• dat die minister van polisie die hersiening van die Wet op Nasionale Sleutelpunte moet bespoedig en gereeld aan die kabinet moet terugvoering gee in die verband;
• dat die minister van polisie aan die kabinet moet verslag doen rakende ‘n beslissing oor of die president aanspreeklik gehou moet word vir enige bydrae ten opsigte van die veiligheidsopgraderings met inagneming van wetgewing, vorige praktyke, kultuur en die bevindinge vervat in die onderskeie verslae;
• dat die minister van openbare werke dringend aan die kabinet verslag moet doen rakende die hersiening van die protokol en prosedures ten opsigte van verkryging, uitgawes en die toesighouding wat van toepassing is op prestige- en verwante projekte;
• dat die ministers in die veiligheidsgroepering en die minister van openbare werke aan die kabinet verslag moet doen oor hul rolle en verantwoordelikhede rakende die president, adjunkpresident en voormalige presidente en adjunkpresidente se veiligheid;
• en dat die kabinet die kabinetsbeleid van 2003 moet hersien met betrekking tot die veiligheid van die president, adjunkpresident en voormalige presidente en adjunk-presidente met die oog daarop om grense op te stel vir uitgawes en implementering.
Zuma sê het ook weer in sy antwoord benadruk dat hy nie nou betrokke was by die Nkandla-projek nie.
Lees Zuma se volledige antwoord hier.
Alles moet hersien word wat van veiligheid vir die burgers vd vry en regverdige Suid Afrika. Ons is mense wat ook hulp nodig het of geld dit net vir die Edele Agbare en sy travante
As Zuma van mening is dat daar spesiale veiligheidsmaatreëls vir die president geskep moet word, waarom dan nie ook vir die veiligheid van veral plaasboere nie – hulle is al vir baie lank die teiken van booswigte en, ten spyte van honderde moorde wat reeds gepleeg is, is dit geensins ‘n prioriteit vir die ANC-regering om aandag daaraan te gee nie. Dis niks ander as dubbele standaar nie !!
Eintlik se die agbare prezie net mooi niks…………
Jip, soos gewoonlik…………..
Hoe dom dink die president is ons om die minister van polisie te vra om te se of hy skuldig is.
DiS met so goed my werkgewer vra my as werknemer om te se of hy skuldig is. As ek dit as werk emer durf doen dan es ek daddelik gefire
En soos gewoonlik is dit almal behalwe sy skuld